Ek soek hom nie

(Meisie sit op ’n bank in die sitkamer.)

Ek soek hom nie! Ek sóék hom nie (vou haar arms). Dit is só embarrassing. Wat sal Richard sê as hy uitvind? Wie wil nou by ’n meisie gaan kuier as daar die heeltyd ’n huilende, skree-ende baba in die huis is? Ek wil nie eers weet wat Lucinda en Mari agter my rug skinder nie… Almal se broers en susters is al in matriek of ouer en nou gaan ek die een wees wat met ’n bababoetie opgeskeep sit!

(Sy stap na die venster, skuif die gordyne weg om te sien of haar ouers al terug is. Sy tik ongeduldig met haar voet.)

Waar bly hulle so lank? Die baba is seker teen die tyd al lankal gebore. (ernstig) Vandat Ma my vertel het dat sy verwag, wou ek net hê my lewe moes eindig. Ek het begin huil en skree en die hele tyd net in my kamer gebly.  Pa het probeer mooipraat en aanpor. Niks het gehelp nie. Ek kon net nie vrede maak met die idee dat ek nie meer hul enigste kind gaan wees nie. (bang) Die saad in Ma se maag het bly groei en ek het geweet sodra dit blom gaan my lewe nooit weer dieselfde wees nie…en niks kon dit verander nie.  

(Stap na die tafel met die geskenke.) Die afgelope week het mense net aanhou en aanhou geskenke aandra. Dis simpel. Wat wil ’n baba nou met geskenke maak? Ek wonder of daar een vir my ook is. (Sy begin in die sakke loer haal van die geskenke uit.)

’n Karretjie? (Bekyk die karretjie van alle kante, ry hom ’n paar keer heen en weer op die tafel en sit hom dan neer.) Boooring.

(Grou weer in die sakke en haal ’n stel blokkies uit, dit glip uit haar hande en die blokkies val sodat dit verspreid op die vloer lê.) Dammit! (Sug, buk af en begin om die blokkies haastig terug in die sak te pak.) Die vloer gaan van nou af altyd vol blokkies lê en almal gaan daaroor val en op dit trap.  Ek sal maar daaraan gewoond  -(vurig) Nee. Dis my huis ook. Ek wil nie op blokkies trap nie. Ek soek hom nie!

(Iets vang haar oog in die groot sak en sy kyk versigtig daarin.)

Kan dit wees? Ja, sowaar! ’n Geskenk vir my! (Sy haal ’n teddiebeer met ’n blou strik om sy nek uit. Snak na haar asem.) Dit is die mooiste teddiebeer in die hele wêreld…(opgewonde) en dis presies die een wat ek gesoek het! (Sy maak haar oë toe en druk die beer styf vas terwyl sy heen en weer wieg.) Dit kon net Pa wees. Wag, wag hier is ’n briefie (lees hardop): “Met liefde vir die nuwe baba. Groete Ouma en Oupa.” (Gooi die teddiebeer vies neer en gaan sit kruisbeen op die vloer.) Ek soek hom nie. Ek soek hom nie!

(Haar selfoon begin lui, Sukkelend kry sy dit uit haar broeksak en antwoord.) Lucy? Nee, hulle is nog nie hier nie. Hoekom vra jy? Jy sal nie glo nie, niemand het eers vir my ’n geskenk gegee nie… Nee, ek dink hulle het vergeet ek bestaan.

(Hoor iets, hardloop na die venster en kyk uit.) Hulle is hier! Ja, ek sien hulle op die stoep staan. (Opgewonde) Ek bel jou later terug.

Ek kan nie die baba sien nie. (Rek haar nek om beter te sien.) Waar is die baba? (Frons) Hoekom huil Pa? Wat maak Dominee hier?

(Maak die venster oop en druk haar oor daarteen. Luister ’n oomblik.)

Stilgeboorte?  Beteken dit…nee, nee…dit kan nie wees nie. (emosioneel) Ek soek hom nie. Ek soek hom nie. Ek soek hom… (Sit haar hand voor haar mond en storm van die verhoog af).

Crime issie djou pellie nie

Vi’ djulle wat my nie ken nie: ek is op Grootaar gebore. Makie saak wa’it issie. Ma’ ek sal djou één ding sê, allie mense het na my geboorte uitgesien. Dit was innie Cummunity Paper. Da’ was drie jare g’n enkele seunskind oppie dorp gebore nie, so ammal het gehoop en gebid en so aan. Die pastoor ok. Vannie preekstoel af. Hulle sou die dag na my vernoem het, ma’ toe decide die mayor se kleinseun hy boek in dieselle dag. En boonop twee uur vo’ my. So’se bleddie Ingilse Lord. Watter chance het ek gehad?

Late’ het my oom wat poeliesman is die klein bliksem ge-arrest vir obstructing the law. Suits him right! Ma’ disse anne’ storie.

Hoekom ek hiersô staan? Hie’sô innie openbaar? Vi’ ammal om te sien hoe ek ‘n guy maak va’ myself? Sal djou sê. Om te praat oor’ie subject, ‘Crime doesn’t pay.’ Oukei?

Nou, daar’s baie maniere om vir djou kos en drienks en overnight te betaal.En dis’ie iets wat djy somme’so kan los nie. After all, djy moet eet en drink,oukei? Enne bedjie om op te slaap en soe? Djy wiet nooit wanner djou luckin issie. So kom ons kyk bietjie na die ways om vir djouself te sorg. Sonner om anner ouens innie oë te kyk. Dit sal djou image ‘n boost gee. Ma’ disse ‘n anner storie.

Eers’ie Lotto. Ek weet djy sal sê hy moet eintlik laaste gesit word, hy’sie ligitimate nie, maar djy moet kyk na sy potential vo’ djy kan besluit. Ek meen, djy kan ‘n miljoenêr word, voor djy djou naam kan sê, oukei? It has been proved beyond a shadow of a doubt. So die potential is da’; djy moet hom net ‘n fair chance gee en hoop en bid en so, oukei?

Anyway, ek het uitgewêk ek het oor’ie duisend rand verloor die afgelope djaar. Oukei, ek stem saam dit lyk stupid om so baie geld in te sit in iets wat maar nette may be is. Maar dis exactly die point. ‘n May be isse half certainty en dis bieterder as fôkkol, of wil djy stry? Anyway, ek kon’ie jackpot ok geslaan het, oukei? Soos hoeve’le anner! En wat sou djy dán gesê het?

Sou djy dan ook gesê het ek was plain stupid om elke Woensdag en Saterdag ‘n kaartjie uit te vat? Sou djy dit gesê het? Not likely, my broe.’ More likely, djy sou djou hand uitgesteek het en gebêg het vir ‘n favour – right? Sou ek nee gesê het, sou ek? Of course not; because why, ek het ‘n hart in my.

Anyway, net in case hiersô mense is wat anner gedagtes het – dis baie bieterder om djou eie geld te wed as om ‘n anner ou se geld te gaps. Maar dis joú choice. Jy vat ‘n kans of djy vat hom nie, dis so plain soos the nose on your face. Nog iets, dink aan al die welfare outjies wat gaan score. Of course, djy kan ook een van die welfare outjies word wat elke maand sakgeld vannie Government kry, maar dit sal djou nie ‘n gelukkige man maak nie; djy sal die hele tyd wônner of iemand djou miskien bedônner en dis hoe crime begin. Sal djou sê hoekom: Omdat jy ontevrede is met jou present circumstances wat’ie bright lyk nie, oukei? Dis hoekom ek altyd sê, a satisfied outjie isse happy outjie. Sorg net dat djy satisfied is met als, even met niks, en djy’s oukei.

Dis ma’ my opinion, you can take it or leave it, dis djou choice. Ma’ disse anner storie.

Wat van ‘n job vat? Ek kan sien perty ouens se gesigte val oppie grond, maar voor jy da’op trap, luiste’ eers, oukei? Ek sal plein lieg as ek sê dis ‘n vinnige manier om rich and famous te word. Dis’ie eers ‘n sure ene nie.

Behalwe as djy die baas se dogter alleen te siene kry as hy by ‘n meeting is en sy friendly word en djy nie ongeskik wil wees nie. Dissie tyd dat djy djou beste moet gee. Sy sal dit nie vergeet nie, djy kan my woord da’vo’ vat, ek het experience. Anyway, dan’s jou kop deur. Behalwe as haar pa hoor da’van en hy issie so vergewingsgesind soos die Pastoor sê ons ammal moet wees nie, en hy krap haar naam uit sy Last Will en Testament uit. Wys jou hoe difficult dit is om te forgive. To sin is human, to forgive devine. Ma’ disse anner storie.

Any case, dan’s jy plain gebôl en jou future is opgebôkker. Dit betieken net één ding – djy sal moet aanhou kaartjies koop elke Woensdag en elke Saterdag. Ma’ da’s ‘n secret wat jy moet weet van. Djy sê vi’ niemand djy vat kaartjies uit’ie, oukei? Helfte van’ie lekkerte is as mense NIE weet nie. So be careful. Djy wil’ie skielik hoor djy’t family van wie djy nog nooit gehoor het nie, oukei? Vat djou tyd; moenie corners cut nie. ‘n Outjie wat corners cut, soek vir ‘n ongeluk. En dan wil ek’ie by wees nie, oukei? Ma’ disse anner storie…

Oukei, as djy so gelukkig is om ‘n wêk te hê, moet djy juig en bly wees en halleluja skree met djou hanne in die lug. Wees bly djy kry elke maand ‘n pay packet – al sal dit djou nie inspire om ‘n song da’oor te skryf nie. Groet jou baas -‘skies virrie woord – groet die ou ballie met die nodige respect, ma’ moenie dink hy sal djou special favours doen nie. Hy’sie da’ om djou te please nie. Hy’s da’sô om stinkryk te word. Maar hier’s nog’e secret: Maak of djy bly is saam met hom. Ma’ie saak hoekom hy smile nie; dis sy worries. Lag as hy lag en heil as hy heil. Solank sy bank balance gesond is, is hy happy. en dan sal hy nie rede hê om djou te fire nie, oukei? So luiste’ wat die ou ballie sê. Op’ie ou end vannie dag, soos my pêl Naas sê, is HY die outjie wat vi’ djou dop en tjop betaal. Oukei, hy doen’it’ie omrede hy lief is vir djou nie, hy doen’it omdat hy ‘n contract geteken het. The truth is, hy kan’ie sy gat roer nie, anners dônner die Law hom op van ‘n kant af. Ma’ dit beteken

nie DJY kan droogmaak en smile oor sy problems nie. JY’T ook gesign, oukei – of het djy vergeet? Ma’ disse anner storie.

Ek prat’ie graag oor crime nie, maar da’is outjies hiersô wat dink’is cool. En disse dangerous attitude. Djy ken daai soort. Die pa’ stukkies lekkerte wat hy vannie lewe geproe het, ma’kom net gulsig genoeg om ‘n alie van homself te maak. Hy lê nog so en dink aan die lekkerte, dan ho’ hy die Police by sy vo’deur en agte’deur tegelyk, en trust me, dan gaan jy kak. Ma’ disse anner storie.

Nee, my broe’ crime issie ‘n joke nie. Crime is ‘n anderster soort ding. As djy eenkeer in die tjoekie was, dink mense jy hoort ma’ daarsô, en as djy uitkom, probeer ouens wat jaloers is op djou good looks, djou weer binne kry. Net om djou ‘n punt te wys! My motto is: ‘Djy’t niks da’binne ve’loor nie,’ oukei? En al het djy iets da’ ve’loor, iemand het dit lank al opgetel en djy kan vergeet da’van. As ek djy is, vra ek’ie eers nie. Die secret is, hou djou cool, oukei? Ma’ disse anne’ storie.

Nee, my broe”, ek praat nie somme’ nie. Luister bietjie na hier’ie storie, dan vra djy djouself ‘n paar important questions. Net laas week klop ‘n hardegat poeliesman aan my ma se agte’deur en hy sê uit die hoogte, ‘wa’s Polla?”

Net so: ‘wa’s Polla? – nie eers Mister Petersen nie; djy sal dink ek is nie important nie. En Ma sê – ek wens djy kan gehoor het hoe sy hom aanvat.

Kaalvuis! ‘ Wat wil djulle met my seun maak; hy’s nog’ie eers lank genoeg uit om misdaad ‘n gedagte te gee nie, la’ staan nog doen; hy’se herbore Christen van laas Sondag af. Vra Pastoor Blackie, hy sallie lieg nie; hy’t ‘n preek gehad orie naasteliefde en ammal het geheil, djy sal gesê het disse begrafnis, maar dit was omlat ammal geweet het hulle het nie naasteliefde nie; djy kan djouself ok ma’ ondersoek, Sersant; djy’sie heilig nie.’

So praat sy, maar hy’s nie interested nie. Hy sê, weer so uit die hoogte, asof my Ma nie die Wet ken nie, ‘Dis ‘n misdaad om ‘n criminal te huisves, Mevrou. As Mevrou hom wegsteek, kan ons Mevrou arresteer en ons wil’ie.

Ons het ok harte in ons, al dink mense nie so nie.’ En al sulke kak. Dink seke’ ons het semels vi’ breins. Dis toe dat ek vi’ myself sê: as jy eers eenkeer in was, kan jy maar djou ID weggooi en djou begrafnis reël. Amen…halleluja!”

Ma’ disse anner storie.

Any case, wat sal djy gedoen het? Kan djou een ding sê, djy sou niks gedoen het’ie. Sal djou sê hoekom. Want djy’t nie’n blerrie kat se kans nie, dis hoekom. Van allie negative dinge van crime, is dit die negative-ste. Sal jou sê hoekom: allie hyse het burglar proofing; djy kan nie deur’ie venster klim nie.

Because why, djy’s nie ‘n marsmannetjie nie, oukei; djy kan’ie deur mure loop nie. Dis hoekom ek toe uit my kamer uit kom en ek sê vir hom, ook so uit die hoogte uit, net om hom te wys ek weet ok van argue as dit moet. Ek sê, ‘Sorry as dit stupid klink, Sarge, maar wat het ek so likely gedoen wat djou so constipation gee?’

Hy reken toe ek’is nie so stupid soos ek lyk’ie en ok nie so clever as wat ek dink nie, so wat doen hy? Boek my vir ‘n crime wat ek nog nooit van gehoor het nie. Net om my ‘n punt te wys. Blerrie cheek!. Ma’ disse anne’ storie.

Vo’ djy sê, ‘dis waar die klein dônner met die groot bek hoort,’ luister eers, voor djy dink djy’s slim. Hulle kon NIKS proof nie. Hulle het twee outjies gehad wat my glo gesien het by die garage waar die roof was. Maar toe sê my lawyer – ek kon sien hy enjoy homself: ‘Julle hou nie van die beskuldigde nie, true of untrue? ‘Hoekom sal ons hom nie like nie?’ vra hulle toe. ‘Omdat hy eenkeer teen julle getuig het, toe sweer julle julle sal hom kry – en nou dink julle dis julle kans – true of untrue?’ Toe kom dit uit, hulle het ‘n grudge teen my, want ek was in hulle girls se goeie boekies. Issit my skuld as ek meer personality en looks het as hulle? Maar dis ‘n anner storie.

Anyhow, dit was toe wat ek besluit het crime is yt; die tjoekie sien my nie we’nie, ek het niks da’ ve’lo’rie; ek gaan leer vir ‘n lawyer. Ma’ disse anner storie wat ek late’ sal vertel.

Sal djou een ding sê: innie tjoekie leer djy om serious te wees. Djy lag nog, djy joke nog, ma’ djou gesig bly sêd. Want djy weet wat anner ouens wat hulle so heilig hou, nié weet nie. Djy weet in die tjoekie lê djy snags wakker en djy dink en djy wonne’ oor die lewe. Djoú lewe, wat djy so opgedônner het. En partykeer heil djy, want djy verlang na djou mense, al het hulle nie aldag kos om te eet nie. En al het djou girl djou gelos omdat djy ‘n rekord het en nou 
dink sy djy’s rubbish. Djy kan’ie help nie; djy verlang nog na haar. En pe’tykeer weet djy nie eers hoekom djy heil nie, want da’s so baie dinge wa’oor ‘n ou kan heil.

Miskien sal pe’ty ouens nie heil nie, want hulle was al soveel kere daar; hulle wet’ie eers me’ hoe om hulleself jamme’ te kry nie. Fact is, as djy skeef getrap het, weet djy wat dit is om skeef te trap. Djy vra nie hoe dit voel om skeef te trap nie. Djy vra ook nie wat bedoel djy met skeeftrap nie; is dit ‘n groot sônne of ‘n kleintjie nie – djy weet somme’ da’sie so ‘n ding so’se groot sonne enne klein sonnetjie nie, trust me. Ma’ disse anner storie.

Ek en Ma ga’nou die aand kerk toe en ek vat vir Soutie Booys saam. En die pastoor skree ons ore van ons koppe af soos hy praat oor die hel wat vi’ ons wag. Ek sien Soutie sluk amper sy tong weg. Djy kon sien hy’t groot geskrik toe hy ho’ van hel. Soos ek toe ek’it vir’ie ee’ste keer gehoor het.

Trust me, disse anne’ storie daai.

Dis hoekom ek sê, moenie vir djou heilig hou nie; djy’s ‘n mens nes ek en ons ammal hier. Djy probeer regop loop, ma’ voor djy weet wa’ djy is, trap djy skeef. En dis nie iets om hêppie oor te voel nie. Wat djy moét doen is, djy moet openlik admit djy’t drooggemaak. Ma’re getobbery sallie help’ie, oukei? Lag en die wêreld lag saam met djou; huil en djy huil alleen. Ma’ dis o’ke anne’ storie.

Jy kyk in my oë en djy dink djy sien my? Djy ken my nie, my broe’. Kyk maar weer; djy sal sien ek’it besluit, crime is yt. Ek stel’ie meer belang nie. Ek wil onne’ begin, saam met die ouens wêk. Ek wil community-friendly word.

Ouens moet plek maak vi’ my as ek aankom. Ma’nie van banggeid nie.

Uit respect! We’jy van iets wat more important is as respect? Daar’s niks – respect is als!

‘Skuus…praat djy met my?…Nee, djy’t die rumour reg ge-interpret, my broe’.

Ek is we’ in! Luiste’, dit beteken nie ek’is guilty nie. Ek het djou mos gesê, as hulle eers hulle mes in het vir djou, kan djy ma’ vergeet djy het ooit ‘n ID document gehad. Ek’is die living proof da’van…Ma’ ek gaan hulle sue. For damaging my reputation! Virre miljoen. En nog’e miljoen. Virre pyn en lyding.

En suffering. Ek het my rights, oukei? Of hulle vind my not guilty on all charges, soos in permanent, of…Need I say more? Ma’ disse anne’ storie.

Ek hette poem geskryf. Gis’traand. Toe ek’ie ko’ slaap’ie. Nou’s ek ook’e poet. So’sie girl wat so lekke’ djol met’ie kitaar. My Derra het ok poems geskryf, ma’ niemand het da’van geweet nie, so hy’sie ‘n real poet’ie.


‘Luiste’ na my, my broe’,

It’s the Gospel truth I tell you:

Crime issie djou pellie nie, oukei?

Soos my Derra used to say:

‘Crime doesn’t pay.’

Al wat djy vir djou moeite kry,

Isse time in die tjoekie –

en ‘n rekord da’by.’


‘Skies lat ek heil. Liewe Djesus, hoekom ve’lang ek vanaand so? Ek we’tie ee’s na wie ek ve’lang nie. Ook’ie hoekom nie. Dis mos’ie fêrplie nie! Ek meen, ‘n outjie kan net soevel vat en nie me’ nie….

Ma’ dis ma’ seke’ ok ‘n anner storie…

Nag, Lucy!

Liewe Lucy…ek sit gisteraand saam met Willie op sy patio en dop maak en hy sê, mag ons altwee se toekoms blink wees, en ek weet hy dink net aan ryk word, maar ek sê, cheers en hy sê tjorts; vee daai dêm frons van jou gevreet af, man; jy lyk soos ‘n kat wat vrot melk gesuip het; is jy nie bang jou gesig bly staan so nie? Toe maak hy ons glase weer vol. Jy weet mos hoelank vat party ouens om ‘n dop te skink – so of hulle nie rêrig wil nie.

Maar ek kan eerlik sê Willie wil; hy’s nie suinig nie, wat ook al sy anner foute is.

Maar te veel is te veel, daaraan glo ek. Ek hou my hand op en ek sê hard, sodat hy kan sien hoe ernstig ek is, ek sê, “Sorry, Willie ou pêl, een is klaar te veel in die omstandighede. Hy vra ‘watter omstandighede?’ en ek sê, ek het vanaand uitgesit om te dink oor die lewe. MY lewe, oukei? Willie sê nog, jy weet mos ek sal jou huis toe vat, maar toe’s ek reeds by die deur uit, sonder om te groet. Dis nie soos ek is nie, ek bedoel, om te loop sonder om tot siens te sê, maar ek wou hê hy moet sien ek bedoel elke woord…

Dit het gisteraand gereën, Lucy. Jy ken mos die ou Karoo. As hy die dag op sy stukke is na ‘n lang droogte. Niks keer hom nie. Jy kan behoorlik sien hoe die karoobossies wakker word en water suip; jy sal sweer dis ‘n dier. 

Dit het my aan die dink gesit, Girlie. Weet jy waaraan? Aan laas somer toe jy hier was. Toe was dit of die aarde wou versuip; daar was nêrens ‘n droë kol nie. Nie eers in jou eie kamer nie. 

Dis seker hoekom ek gisteraand so eensaam gevoel het.

Ek weet nie hoelank ek so kop onderstebo gesit het nie. Ek het later nie eers meer geweet dit reën nie. My kop was vol gedagtes oor jou. Maar ek wou nie dink nie, Lucy. Nie oor die verlede nie en ook nie oor die toekoms nie.

Ek het jou brief gekry, Girlie. Laas week al. Ek weet nie hoekom jy my nie meer wil hê nie. Ek dink my kop moeg, maar ek kan nie onthou wat ek verkeerd gedoen het nie. Wat het ek gedoen, Girlie? Daar is mos niks wat nie vergewe kan word nie.

Ek is jammer ek hou so aan, Lucy, maar my kop wil niks anders dink nie. Dat jy my wil drop. Jy moenie dit aan my doen nie, Girlie. Ek het al so baie in die lewe gevat. Ek is al skoon vuisvoos van al die houe, ek kan nie meer vat nie.

******

Toe ek gisteraand by Willie weg is, kon ek nie rus kry nie. Toe gaan ek maar na oom Archie toe. Hy bly nog alyd in die huis langs die rivier. Die een met die platdak en die groentetuin. Daar was eers ‘n blomtuin ook, maar oom Archie sê, blomme hoort nie meer daar nie. Ek kan verstaan hoekom hy so sê. Hy’t verander vandat sy vrou hom gelos het. Hy’s nie meer dieselfde mens nie.

Ek verstaan dit, Lucy. Ek weet hoe voel dit as die lewe jou behandel of jy niks is nie. Jy weet nie hoekom nie en dit maak seer. Dis of iets gebreek het in jou en jy kan dit nie heelmaak nie. Oom Archie sê jy dink jy ken mense, maar as jy diep daaraan dink, ken jy niemand nie. Jy ken nie eers jouself nie. Die ergste is, jy ken nie eers die mense wat jy liefhet nie. Ek dink dis hoekom ek so eensaam voel: omdat ek JOU nie ken nie. Nie rêrig nie.

En omdat jy dink jy ken my, maar jy ken my ook nie. Nie rêrig nie.

Party mense sê die lewe is nie regverdig nie. Hy staan partykeer met sy gatkant na jou toe en jy kan daar niks aan doen nie. Maar Pa het altyd gesê, jy kry wat jy verdien. Ek weet nie wat die waarheid is nie, Lucy. En dit maak my bang. As die lewe NIE regverdig is nie, sal dit mos nie help jy baklei nie. Ek bedoel, as jy net kry wat jy verdien…dan is EK mos verlore, Girlie. Want ek VERDIEN jou mos nie…

Ek is lonely, Lucy. Weet jy hoe dit voel om lonely te wees?

*****

Ek was netnou weer by oom Archie. Hy’t nie oopgemaak toe ek aan die voordeur klop nie, toe loop ek maar agterdeur toe. Hy’t by die tafel gesit met ‘n boks vol foto’s voor hom. Hy was so ingedagte, hy’t my nie eers raakgesien nie. Ek dog toe hy gaan die foto’s vir my wys, maar toe sit hy als terug in die boks en bêre dit bo-in die koskas. Toe eers kyk hy na my, maar dit was of hy my nie sien nie. Miskien was sy gedagtes vêr. By sy vrou. Wat weggeloop het saam met ‘n traveller Durban toe. Die dag voor Kersfees. Dit kon nie lekker gewees het nie…

“Haait, oom Archie!” groet ek opgeruimd, om hom op te beur. “Hoe’s die lewe hierlangs?” 

Maar hy antwoord nie, en ek dink, daar is seker niks om te sê nie. Woorde sê nooit rêrig wat jy wil sê nie, so dis beter om stil te bly.

Ek staan nog so en wonder, toe gryp hy my aan die arm en sleep my die straat in. Ek weet eers nie nie wa’entoe hy op pad is nie, maar toe ek sien, is ons voor Willie se huis, en ons staan en kyk hoe hy sy seun, Sampie help om op die motorfiets te kom. Die outjie is nog nie veertien nie en die ding is sweerlik ‘n size of drie te groot vir hom, maar hy’s nie geworry daaroor nie; jy sal sê die mannetjie ry al motor bike van sy doekdae af, so windmaker sit hy in die saal.

Jy’t nog nie soiets gesien nie, Girlie. Ek bedoel, met Sampie wat probeer om ons te impress en Billy, sy maat, wat lyk of hy vasgelym is op die passenger seat en vir lewe en dood vasklou aan Sampie se lyf. Ek hoor oom Archie hyg soos hy lag vir die spektakel en ek dink, dis hoekom hy vir Willie kom kuier het. Om te lag. Sodat sy gedagtes kan weggaan.

Ram-tatta, sê die stuk lawaai. Sampie gooi ‘n lekker es en die agterwiel skop styf. Ram-tatta, ram-tatta…ugh!. Billy gryp na Sampie se skouers. Sy oë is soos pierings.

“Hou vas!” skree Sampie. “Wil jy jou vrek val?”

Jy moes Billy gesien het. Hy sluk of daar ‘n heel turksvy met dorings en al in sy keelgat vassit.

“Ry jy maar,” skree hy soos ‘n maer vark. “Jy kan mos sien ek voel nie lekker nie.”

Toe neuk hy af, gat oor kop.

Die enjin sluk ‘n paar keer en kug en proes dat jy hom tot by die poelieskantoor kan hoor. Toe spring die demmitse ding vorentoe. Hy ruk Sampie se kop amper van sy lyf af.

“Bliksem!” skree Billy. toe die bike oor die grasperk skuur.

Oom Archie lag sonder ophou en Willie trek ons by die agterdeur in. Hy skink vir ons elkeen ‘n double brandy en coke en oom Archie sê hy soek ‘n ysblokke, jy kan nie brandewyn drink sonder ‘n ysblokkie nie. Sy gesig is nog rooi van die lag, maar ek sien daar’s trane in sy oë, dis hoekom hy ander pad kyk.

“Tjorts!” sê Willie.

“Cheers!” sê oom Archie, maar hy kyk nie na ons nie.

Willie sal moet ophou skink, dit sien ek gou. Netnou moet hy my huis toe vat omdat ek nie weet wat my adres is nie. Jy weet mos ek kan nie meer as één dop vat nie, Lucy, dan’s ek pêreletiek… Luister, Willie, ek drink nie meer nie…los dit vir volgende keer, oukei? ‘n Man kan net soveel vat, dan moet hy briek aandraai.

“Op Anna,” sê Willie ernstig.

Ek en oom Archie lig ook ons glase, maar dis nie eintlik iets om te celebrate nie. Ons weet Anna het Willie gelos, want hy’t altyd rondgeneuk met ander vroumense. So daar’s niks om te celebrate nie. Maar miskien dink hy ek en oom Archie het ook maar niks om oor te brêg nie. As EK ‘n ander man was wat IETS is, met geld en ‘n hoë job en pensioen en ‘n medical aid en als, dan sou jy weer gedink het het oor my, sou jy, Girlie? Ek bedoel, ‘n ou wat IETS is, IS iets. Vroumense los nie sommer ‘n ou wat IETS is nie!

Luister, Willie, ou pêl, jy moet nou ophou skink, man! Jy weet mos ek kan nie meer as één dop vat nie, dan’s ek pêreletiek, oukei?…Oukei, nog net énetjie, dan moet ek waai. Ek moet gaan dink. Oor MY lewe!

Toe begin Willie skielik praat en ek en oom Archie luister sonder om ‘n woord te sê. En hoe meer ek luister, hoe meer besef ek ons stories, myne en oom Archie en Willie s’n…dis almal dieselfde: Jy dink nog jy sit, dan val jy af en jy weet nie eers hoekom nie. Dis seker maar soos die lewe is.

“Het ek julle vertel hoe’t ek my nuwe girl ontmoet?” vra Willie, en ons sê nee, wat’s haar naam?

“Lizzie,” sê Willie. “Sy bly in George. By haar pa en ma. Maar die storie gaan nie oor hulle nie. Dit gaan oor my broer. Watter broer?” vra oom Archie en Willie sê, “Die een wat begin het om vir predikant te leer. Hy nooi my een keer elke jaar vir ‘n ‘party’ by sy huis. Altyd op ou-krismis. Dan vertel hy vir die mense ek is sy broer wat deur Europa getoer het, ek gaan een van die dae weer. Al sulke kak met strepe. Hy dink seker hy doen my ‘n favour. Nog ‘n dop, oom Archie? Ek vra jou nie weer nie, Jamie, jy kan dit nie vat nie; ek weet nie wat van jou gaan word nie…

Willie skink vir hom en oom Archie.

“Het ek gesê hy gee my altyd ‘n spiv suit?” vra Willie vir ons. Ons sê nee, ons kan nie onthou van soiets nie. Toe vertel Willie, “Boet wil nie hê ek moet uit voel nie, dis hoekom hy my elke jaar ‘n suit present gee vir Krismis. Hoe sal ek lyk, hu, met my jeans? Boet se high-en-mighty vrou, Annelize, sal sê, “Sies, man, was jy dan nooit jou klere nie?” Julle weet hoe party mense is: praat eers en dink agterna…

“Nie almal het so ‘n broer nie,” sug oom Archie.

Willie skink weer en vra of ons weet sy broer nooi hom net om ‘n preek af te steek omdat hy – dis nou Willie – drink True as Bob. Dis sy manier om homself te vergewe, sê Willie. Hy voel skuldig omdat hy nie klaargemaak het vir predikant nie. Maar wat is ‘n groter sonde:: om te drink, of op ander mense neer te sien, soos Annelize of te lieg, soos hy? Ek vra julle. 

Ek en oom Archie sê altwee neersien en lieg is die grootste sondes en Willie sê dit wys ons twee is sy grootste pelle, weet ons hoekom hy uitsien na die toekoms?

Oom Archie sit in sy glas en kyk en ek sê nee, hoe sal ons weet? En toe vertel hy ons.

“Dis oor my nuwe girl,” sê Willie. “Wat ek op Boet se ‘party’ ontmoet het. Laas Krismis.”

Dit lyk my ons mans ontmoet almal vroumense. Nie omdat jy daarna soek nie. Dit gebeur net, Lucy. Agterna wonder jy hoekom dinge so uitgedraai het, maar jy weet nie. Net oor jou het ek nooit gewonder nie, Lucy…ek wil hê jy moet dit weet…nooit! Ek het jou van die eerste dag af liefgekry.

“Sy’s nie meer jonk nie,” vertel Willie en kyk in sy leë glas. “Amper so oud soos ek. Ses-en-dertig. Maar sy is gaaf en haar pa het ‘n restaurant op George en sy is die enigste kind en sy gaan alles erf. En toe begin my kop werk en ek maar sommetjies en ek sê, ek is ook alleen, hoekom trou ons nie en sy sê ja; dit was vir haar love at first sight, was dit ook so met my? Wat sê ‘n man, oom Archie? Nou’s haar mense haastig. Ons moet trou, want die oubaas is oud en soek ‘n man wat na sy dogter kan kyk en vir haar kinders kan gee. Wat sê ‘n man in so ‘n situasie, oom Archie?”

Maar oom Archie se mond en oë is bot toe.

“Nog ‘n dop, oom Archie? Jamie, wat van jou? Jy lyk vrekdors, man. Vat nog een op my troue.”

Willie sal moet ophou skink! Netnou moet hy my huis toe vat. Hy weet mos ek kan net een vat, dan’s ek pêreletiek. Nou neuk hy om aanmekaar te vra; het hy dan nie bleddie ore nie? Dankie, Willie, tenks, man!.

Dis hoekom ek nooit meer as een dop vat nie, Lucy. Van die tweede een af kan jy my met ‘n veertjie omtik. Maar dit sal nooit gebeur as JY by my is nie. Dis ‘n promise! Jy weet mos, net één kyk van jou en ek weet ek neuk verkeerd. So jy hoef nie bang te wees nie; ek sal jou nie in die skande steek nie. Dis ‘n promise, oukei?

Dis net…vanaand vier ons Willie se geluk. Hoe sal dit lyk as ek my eenkant hou? Dit sal lyk of ek nie omgee vir my pelle nie, en ek GEE OM!

******

Oom Archie het my na sy huis toe gevat. Sodat ek kan rus na die drinkery. En kan DINK. Dis soos oom Archie is, HY GEE OM. En dit sê iets van ‘n man se karakter. Het ek jou al gesê, hy’s soos ‘n Pa vir my? 

As jy vir my kom kuier, kan ons by hom gaan inloer. Mens kan sien daar is nie ‘n vrou nie. As dit nie vir die potplante was nie, sou die plekkie ook maar dêm sêd gelyk het. Maar ek dink hy’s gelukkig daar. Met die plante wat die hele huis vol staatn. Dis hoekom ek gevra het, waar kry jy al die plante, oom Archie? Ek het nog nie soveel soorte bymekaar gesien nie. Ek dag toe ek kan vir jou ook ‘n paar koop, sien; jy’s mos so lief daarvoor. Toe sê hy die meisie wat hy gehad het nadat ant Lilly weg is…sy het dit vir hom gegee.

Oom Archie het nooit oor haar gepraat nie, maar almal in die dorp weet sy en oom Archie was nie lank bymekaar nie, toe loop werk sy in die stad. Ek glo nie hy het weer van haar gehoor nie. Nou’s dit net die potplante wat hy oorgehou het.

******

Ek verlang na jou, Lucy. Skemer saans, as die voëls mekaar nag sê in die bome voor my kamervenster, dan…ek weet nie hoe om dit te sê nie, Girley. Dis…dis of hulle net vir my sing. Of JY een van die tortelduiwe is, en jy koer-koer, en jy sê dinge wat ek nog nooit gehoor het nie. Dinge wat ek vir JOU wil sê, maar ek kan nie, dis te diep weggebêre in my hart…

Weet jy hoe dit voel, Lucy? Jou kop sê vir jou jy het nie ‘n kat se kans nie. Maar jou hart WIL NIE DAARNA LUISTER NIE!.

Weet jy wat sal ek doen as jy terugvat? Ek sal ‘n ander mens word. Jy sal my nie herken nie. My gesig sal anders lyk. Jy sal wonder of jy gesigte sien.

******

Dis al die soveelste keer vanaand dat oom Archie vir my nag sê. Miskien dink hy aan ant Lilly en…miskien verlang hy soos ek.

Ek het na hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie. Toe klop ek aan sy kamerdeur en ek sê, “Oom Archie, ek het gedink, miskien moet ek vir my ‘n huis koop. Dit hoef nie groot te wees nie. Ek kry een van die dae ‘n verhoging by die werk, dan sal ek ‘n lening kan kry. Dink Oom ek moet? Ek reken so, as ek my eie blyplek het…ek bedoel, dis miskien hoekom Lucy my gelos het. Omdat sy nie seker is van my toekoms nie. As ek nou my eie plekkie aanskaf sal sy mos sien ek is ernstig oor haar. Hoor jy wat ek sê, oom Archie? (POUSE) Oom Archie het nie geantwoord nie. Miskien het hy geslaap. Of miskien…miskien wou hy net nie praat oor ‘n toekoms sonder ‘ant Lilly nie. Ek wil ook nie praat oor die toekoms nie, Lucy. Nie as jy my los nie…Ek sal nie kan praat nie.

(POUSE) Nag, Lucy…

Perfek

(SY KOM INGESTAP IN HAAR SKOOLDRAG MET HAAR BOEKSAK OOR HAAR SKOUER. SY SIT DIE SAK LANGS HAAR STOEL NEER EN TREK HAAR ROMPIE REG VOOR SY GAAN SIT. SY SIT MET HAAR HANDE NETJIES OP MEKAAR EN HAAR BENE OOR MEKAAR GEVOU.)

Ja, meneer, dis reg meneer, ek sal seker maak dit word gedoen, meneer.
(SY SUG EN KLAP HAAR TONG, ROL HAAR Oë EN VROETEL IN HAAR NEK.)
Wat sal hulle tog sonder my doen? ‘n Mens sal sweer daar is geen matrieks nie, so word alles op my afgeskuif. Ou Pottie het my vandag al weer gevra om die kunsuitstalling te organiseer. Hallo! Ek het ‘n lewe! Daar’s beter dinge wat ek met my tyd kan doen. (SUG) Maar daar’s anyway niemand anders wat dit sal kan reg doen nie. Hulle sê mos altyd, as jy iets gedoen wil hê, doen dit self.

Hoekom die nerds nog die moeite doen om deel te neem, gaan my verstand te bowe. Ek wen in any case elke jaar. Dis net soos skoolwerk. Daar’s soos in nul kompetisie! (Sê AMPER SIMPATIEK) Ek weet nie hoekom sukkel hulle almal so nie. Selfs Stefanie irriteer my partykeer, en ons is so (KRUIS HAAR WYS- EN MIDDELVINGER). Sy sê sulke dom goed. Soos nou die dag… sy het nie ‘n clue wat ‘n Chelsea-bun is nie. Hallo! Mens noem dit nie meer Paasbolletjies nie!
(SIT EN DINK VIR ‘N OOMBLIK)

So gepraat van Paas; ons het nou die dag ‘n pa en dogter aand by die skool gehou. Almal het gedink ek het ‘n oulike idee gehad om bietjie die pa’s te betrek. Ek het gesorg dat die saal fantasties lyk. Dis net jammer Pappa…

(HAAR GESIG VAL EN SY IS VIR ‘N OOMBLIK STIL, SY VROETEL IN HAAR NEK. ASOF SY IETS ONTHOU, BEGIN SY RONDKRAP IN HAAR SKOOLTAS VIR HAAR SPIEëL. SY HOU DIE SPIEëL VOOR HAAR AFGEHALE GESIG, SODAT DIE GEHOOR DIT NIE KAN SIEN NIE. AS SY HAAR LYF DRAAI, SODAT DIE GEHOOR WEER HAAR GESIG KAN SIEN, HET HAAR GESIG WEER ‘N GLIMLAG OP. SY DRUK HAAR HARE MOOI REG EN SIT DIE SPIEëL OP HAAR SKOOT NEER. SY KYK WEER NA DIE GEHOOR EN GLIMLAG.)

Ons het die naweek die Derby gewen en ek moes die beker gaan ontvang as netbalkaptein. Riaan moes die rugby-beker gaan haal het. (KORT POUSE) Ek dink ons gaan ‘n cute couple maak op die matriekafskeid. (SIT DIE SPIEëL TERUG IN TAS) Ek gaan definitief iemand anders kry om my rok te maak, tannie Marie weet nie wat sy doen nie. Hierdie keer is dit Marc&Michael of niemand! Tannie Marie het ‘n probleem met some, laas jaar het ek amper my nek gebreek. Daai rok was soos die duiwel, hy probeer jou die heeltyd trip.
(SY VROETEL IN HAAR NEK.)

Volgende jaar moet alles perfek wees wanneer ek die vloer moet open as hoofmeisie. Ek hoop ek doen beter as die huidige hoofmeisie. Hierdie jaar voel soos ‘n ewigheid, die prefekte het geen beheer nie! Hulle probeer die heeltyd pêlle wees met die jonger kinders. Hulle kuier elke naweek saam, dis hoekom hulle nie dissipline kan handhaaf nie.
(SY STAAN OP EN STAAN LANGS DIE STOEL.)
Dis nie asof ek nie join in die fun nie, my lewe is ‘n jol! Dis die een party op die ander, die uitnodigings hou net nooit op nie! So much to do, so little time… Te minste sukkel ek nie ook nog met geld nie.
(DRENTEL NA DI E ANDER KANT VAN DIE VERHOOG)

Ek wens net Stefanie wil ophou geld leen. Elke pouse is dit geld, geld, geld. Sy koop net kos elke pouse en vreet asof haar lewe daarvan afhang.
(GEE ‘N SARKASTIESE LAGGIE)
En mense wonder hoekom bly sy so maer.
(BETERWETERIG)
Hoekom dink jy is sy die heeltyd in die badkamer?
(LOOP TOT AGTER DIE STOEL EN HOU VAS AAN DIE RUGRELING.)
Almal dink sy is so normaal, maar meanwhile, back at the ranch…
(NA-AAP ‘N OPBRING BEWEGING EN GELUID)
Is sy besig om haarself te vernietig. Die arem ding het geen self-esteem nie!
(KORT POUSE)
Shame, miskien kan sy net nie die druk hanteer nie…

(SY GAAN SIT OP DIE STOEL EN HAAl HAAR SPIEëL UIT, KYK VLUGTIG NA HAARSELF EN HAAL ‘N BOTTELTJIE WIT POEIER UIT HAAR BAADJIESAK. SY GOOI DAARVAN IN ‘N SMAL ZIG-ZAG PATROON OOR DIE MIDDEL VAN DIE SPIEëL. SY HAAL HAAR BANKKAART UIT EN BEGIN DIT IN NETJIESE RYTJIES SKRAAP. DIE GORDYNE GAAN TOE TERWYL SY BESIG IS OM AF TE BUK, MAAR IS TOE VOORDAT SY SNUIF.)

Rehab for the dead and lonely

Meisie kom binne, soek na die graf. Gaan staan stil by een graf. Kleredrag is “New Age”, avontuurlustig, informeel en gemaklik.

(Streel oor grafsteen. Gaan sit langs dit en staar eers ‘n rukkie die verte in.)
Wow, bru… Remember all those wonderful times we had together?

The first time we met? (lag saggies met deernis) Jy was so gerook! Ek’t gedink jy was mal maar terselfdertyd was ek- so fascinated!

(Kyk af)
I never thought I’d take drugs with you… You were so kind to me. You knew, didn’t you? I didn’t like drugs… You never tried to convince me to take drugs-you only were my friend…

Souti, no man! How could you? You warned me to go easy! (Vee traan af)
Kyk waar sit ek nou! Dit was nie suppose om te gebeur nie!

As iemand moes doodgaan, dan was dit ek! Jy het selfs vir my ge-‘cover’ met die bust! Dis hoe ek geweet het-ye, that’s how I knew you were my friend…

Mense verstaan nie. As mens eers saam gerook het dan deel mens iets specials… Dis so anders! Total trust.

(Staan op en loop stadig heen en weer voor die graf.)

Ek onthou toe jy terug gekom het van Engeland af – jy’t so goed gelyk. Toe jy sê jy’s weer Christen – ek het gedink dis verby – al die goeie tye. Ek was bang, so bang. Toe strike die reality my, dis wat ek nog die hele tyd van weghol. Drugs is bad vir my, dit neuk my op! Dit neuk almal op! (Lag sarkasties) Ek het gedink dit sou soos altyd wees – jy weet, druggies wat altyd sê hulle wil ophou en nooit doen nie… 
(Sit weer)

Ek wou dit terug hê, die excitement van skyf-rol, die wild goose-chase om goeie Swazi te kry en dit sonder dat die cops jou vang! Die eerste trek en dan daardie gevoel van alles wat sweef… Die oorwinnende gevoel as jy veilig terug is by die koshuis. Die adrenaline rush. Die verskriklike gesoek na kos vir die munchies-die funny mengsels net om die honger te stil…

Ek was tog bly vir jou. Wou jou net nie sê nie… Toe het ek nog gedink dis cool om te rook, dat dit enigste uitweg is…

(Staan stadig op)
Ek wou net ophou rook man, het gedink ons kan dalk saam die ding conquere…

Maar wat maak jy? Gaan staan en drink E’s(Ecstacy) dat dit by jou ore uitkom! (Stilte)

(Begin huil, stamp voet op grond)
Hoe kon jy? Ek wou so graag ophou! Wie gaan my nou help? Niemand verstaan nie man! Niemand nie… Net jy…

(Draai stadig om en loop van die verhoog. Skouers hangend.)

‘n Tyd om te gaan

(Die man sit by die tafeltjie en tik rusteloos met die pen op die tafel se blad. Sug ‘n keer of wat senuwee-agtig, en haal dan ‘n pakkie sigarette uit sy sak. Hy haal een uit, steek dit aan en neem ‘n paar diep trekke. Kyk op sy goedkoop horlosie.)

Tien voor vyf. Nog tien minute. Tien minute om my lewe te verduidelik. Ha! Ek kon in agt-en-twintig blêddie jaar nie my lewe uitfigure nie!

(Gee ‘n verontwaardige snork, trek weer aan sy sigaret en krap dan met sy nael tussen sy tande.)

Tien minute!

(Hy trek aan die sigaret, blaas oudergewoonte die rook in kringe uit en trek ‘n papier en die pen nader.)

Moet seker maar êrens begin. (Begin skryf.)

Pa. Hierdie brief skryf ek vir jou. Jy wat my alleen gelos het toe ek ‘n snotneus laaitie was. Nege flippen jaar oud en jy hol weg.
(Kyk op in die rigting van die gehoor. Vergeet vir eers van skryf.)
Ek dog jy kom my haal. Elke aand pak ek my bruin leather suitcase en sit op my bed en wag vir die flat se voordeurklokkie. (Trek aan sigaret.) Elke oggend word ek wakker en sê vir myself vandag’s die dag. Ha! Ek wag nou nog, Pa! Waar de hel was jy, hê? Waar?

(Hy staan vinnig op, gryp die papier, verfrommel dit in sy een hand en gooi dit op die vloer. Loop na die bed terwyl hy steeds rook. Laat dan die sigaret op die vloer val en trap dit dood. Hy val op die bed neer en lê hande-agter-die-kop vir ‘n ruk.)

Shame. Arme, stupid, klein laaitie. (Harder.) Arme, stupid, klein criminal! Watse kans het hy ooit gehad? So sonder ‘n bleddie pa. Daarom dat hy gedoen het wat hy gedoen het. Nonsens, man! Ek het dit gedoen omdat ek wou. Omdat ek dit gelike het!

(Sit regop op die bed en kyk na sy hande.)

Dit gelike en nou’s dit sulke tyd. Tyd om te betaal.

(Kyk op sy horlosie, stap terug na tafel en gaan sit. Hy begin weer met die pen op ‘n papier krap.)

Liefste Ma. Liefste, slegste, losste Ma. Jammer vir wat ek aan jou gedoen het. Jammer dat ek nooit teruggeslaan het as jy ‘n slegte dag op “office” gehad het nie. Jammer dat ek die halfvol bottel elke aand weggesteek het. Elke aand op ‘n nuwe plek. Jammer dat ek getjank het elke keer as jy uitgepass op die vloer gelê, en ek jou met ‘n kombers toegegooi het!

(Vat aan sy oë, voel dit is nat en bly vir ‘n oomblik so sit.)

Jammer dat ek lewens verwoes het, soos jy myne weggeneuk het!

(Vee die papiere van die tafel af. Staan op en loop na die tamatiekissie waar sy skoene staan. Hy gaan sit op die kissie, maak die blik met politoer oop en begin met ‘n lap blink vryf.)

Ek soek nie pity nie. Ek verdien nie pity nie. ‘n Hond verdien meer pity as ek.

(Vryf vir ‘n ruk in stilte.)

Anyway, dis nou te laat. Ek kan sorry sê tot ek dood neer slaat, ‘n galg bly ‘n galg. (Praat in regter se stem.) Die vonnis is gelewer.

Teregstelling. Ha! Teregstelling? Dis moord man, moord!

(Laat val die goed in sy hande en loop terug na die tafel.)

Aan die ander kant, hoe sê hulle? ‘n Appel vir ‘n appel, ‘n banana vir ‘n banana.

(Tel papiere op en gaan sit kruisbeen op die vloer. Probeer weer skryf.)

Babes. Sweetcakes. Jy met jou sparkplug oë en lyf soos ‘n reisiesperd. Jy kon my level met jou smile. Nog meer met jou lyf. (Glimlag skalks.) Vyf jaar is ‘n lang tyd. Ek’t alles van jou geweet. En jy alles van my. Ons het good times gehad. Blêddie goeie tye. En jy was myne. Myne alleen. (Skryf nog heeltyd.) Ek het niks suspect nie. Nie eers toe jy elke aand met die reuk van sy aftershave by my kom lê het nie. Tot jy confess. Dié dag. Jy’s nie meer lief vir my nie, het jy gesê. Jy soek hom. (Sê die woorde baie stadig en duidelik.)Nou goed. As ek jou nie kan hê nie, sal niemand nie!

(Herhaal stadig.) As ek jou nie kan hê nie…

(Gooi die papier moedeloos neer en druk die pen agter sy oor in. Loop na die bord kos toe, tel dit op en begin aan ‘n stuk brood kou.)

Drie minute oor. Net drie.

(Loop vir ‘n oomblik sonder ‘n plan rond terwyl hy eet. Stap dan na die bed en gaan sit daarop. Hy sit die bord neer en kyk senuagtig om hom rond. Haal dan, met groot moeite, ‘n Bybel onder sy kussing uit.)

En dan is daar jy. (Vryf oor die Bybel en versorg versigtig met sy mou.) My companion deur dit als. Die hartseer nagte, die onseker dae. Die tye van hoop; om dan net weer tot die mislike werklikheid terug geruk te word.

(Staan op en loop met die Bybel na die tafel toe. Tel papier op en begin weer skryf.)

Here, my laaste brief skryf ek vir Jou. Waantoe ek na dié gaan, weet ek nie; maar ek wil anyway dankie sê. En jammer. Jammer vir hoe en wat ek geword het. Jammer vir die mense wat ek seergemaak het en wat elke dag nog seer het. Here, ek weet ek het niks meer rights nie, en laat met my gebeur wat moet! Maar as ek daar bo kom, of warmplek toe gaan; have mercy asseblief!

(Laat sak sy kop in sy hande en kyk stadig voor hom uit. Trane rol oor sy wange terwyl hy die brief opvou en in sy Bybel sit. Hy staan op, loop na sy bed en sit die Bybel terug onder sy kussing. Kyk meteens skielik om in die rigting van ‘n geluid by die sel se hek. Staan verstar in daardie rigting vir ‘n oomblik, kyk op horlosie en kan nie glo die tyd is reeds verby nie. Laat sak sy kop stadig tot op sy bors en loop huiwerig na die tamatiekissie toe. Gaan sit daarop en trek sy skoene langsaam aan. Terwyl hy sit, kyk hy op na die gehoor.)

Nou ja. Soos hulle sê: ‘n tyd om te kom…

(Staan op, loop na hek en stop dan. Kyk na mense en haal diep, bang asem. Blaas stadig uit. Hy sit sy hande in sy oorpak se sakke en glimlag moeg.)

En ‘n tyd om te gaan.

(Loop van verhoog af. Gordyne toe.)

Die groot vraag

(Stap na meisie toe) Haai! Lynette reg? Ek neem aan jy ken my naam. Nie? In elk geval, ek is Pieter. Jy het my al seker by die klas gesien? Nee? Ek sien, maar ek het saam met jou klas. (‘n Paar oomblikke stilte).
Ek het maar net gewonder of … of het jy …? Ekskuus, ek weet nie wat dit vandag met my is nie. Lynette, is daar iemand anders … ek meen … ‘n spesiale iemand, soos byvoorbeeld, jy weet … ‘n ou … soos in ‘n kêrel of iets … jy weet, in jou lewe.

(‘n Oomblik se verbasing, dan weer gladdebek) Jy jok seker! ‘n Meisie so mooi soos jy … sonder ‘n ou? Met daardie diep bruin ogies en dimpels van jou moet jy seker hard baklei om hulle van jou lyf af te hou. Ag, jy probeer nou net weer skaam speel.

Nee, Lynette, wat ek eintlik wil sê is (stotterend) … ag jy weet … ek het maar net gewonder of … as jy dalk … vir Saterdag … dit hang natuurlik van jou af. Wat ek eintlik probeer sê is … ek gaan nou in elk geval Saterdag daar by die dam piekniek hou … so as jy so voel … dan is jy welkom om … ek bedoel … dan kan jy gerus … miskien … saamkom … of nes jy wil.

(Met skielik geforseerde selfvertroue) Jammer, natuurlik is jy besig, ek moes geweet het. Nee, sien, ek het juis onlangs so moes baklei om die meisies van my af weg te hou. Ja, regtig. Mooi meisies. Daardie Marais-tweeling, ken jy hulle? Ja, daai blondines. Hulle kan my mos net nie uitlos nie … 
(Oomblik stilte, dan effens uit die veld geslaan.) Nee, hulle het nie kêrels nie. Waar hoor jy dit?
(herstel van die onsekerheid) Hulle is net nie my tipe nie. Heeltemal te los vir my. En buitendien, jy weet seker hoe baie hulle van hulle self dink, en dit pas nie heeltemal by my nie. Ek dink ek sou baie meer in gemeen hê met ‘n meisie (meer aarselend) soos … ek meen … ek en jy kon dalk … jy weet.

Dis nou juis hoekom ek gedink het … nou dat al hierdie meisies buite my smaak val … en jy heel duidelik nie in ander ouens belangstel nie … wil jy nie dalk … jy weet … as jy dink dis ‘n goeie idee … en ek wil nou nie hê dit moet vir jou snaaks klink of iets nie … maar dis nou net as jy belangstel … miskien daaroor dink om … om … my meisie te wees?

(oomblik stilte) Nee? (weer stilte en dan vinnig hervat) Oraait dan , sien jou later.

(vir homself) Ag nee man, Pieter. Kry bietjie selfvertroue en maak oop jou mond.

(kry skielik lewe) Haai daar, jy is mos Rika, reg? Ja, man. Jy ken seker my naam, ek het saam met jou klas. Nee? Man, ek is Pieter. Onthou jy? Nee? Kyk maar bietjie uit, ek is in daai klas.

Luister Rika … ek het net gewonder of jy nie dalk my meisie wil wees nie, siende dat ons so goed oor die weg kom? Nee? (met amperse dadelike oorgawe) Nou maar oukei. Baai dan.

(mompel by homself) Vroumense! Ek wil nooit weer met hulle iets te doen hê nie. So lank as wat ek lewe wil ek nie weer in ‘n meisie se bakkies vaskyk nie. Veral nie as hulle so (kyk na links vir ‘n meisie wat aankom) … so lank, slank, blond … en beautiful is nie. Nee (ruk kop weg), ek het my besluit geneem oor my liefdeslewe. Hulle veroorsaak vir my net smart en drama en in elk geval het ek nie tyd vir ‘n gefliekery en pamperlangery nie. So waar as vet…..ek dink ek het so pas groot geword. No woman no cry is my motto van vandag af.

(draai om wanneer die blonde meisie hom op sy skouer tik) Ja, dis reg, ek is Pieter … en jy is? Michelle … ek sien. Vanaand? Kyk, Lynette en Rika het my ook gevra vir vanaand, maar vir ‘n meisie met sulke helder blou ogies en diep dimpeltjies soos joune sal ek seker nie nee kan sê nie, of hoe? (stap tevrede weg)

Blomme vir Annelie

(Annelie kom haar kamer binnegestorm, baie opgewonde. Sy spring op en af, sy het ‘n brief en blomme in haar hande.)

Yes! Yes! Yes!

Die wonderlikste hunk van die skool, die man van my drome het my voorgekeer na skool. Nie sommer net vir chat nie, maar met ‘n brief en rooi rose. Gelukkig was hy haastig op pad atletiekoefening toe, en het hy hopelik nie gesien hoe my hart in overdrive gaan en ek byna in floute verval nie, en hoe ek daarna byna oor my voete val om gou genoeg by die huis te kom sodat ek die brief kan lees nie. Is hy nie ‘n absolute romantic nie? (Sy gaan sit, sit die blomme langs haar neer en vou die velletjie papier oop en lees)

All my life was scattered wide,
I felt useless deep inside.
But everything fell in place, 
the moment I saw your face.
All of life’s mysteries made sense to me
though there are always more to be
I thought that I would be incomplete for ever,
you came along, and all was right.

Die man is nie net lieflik nie, hy skryf nog gedigte ook. Die wonderlikste woorde, en dit alles net vir my!

(Sy stap na die spieël en bestudeer haar gesig). Ek wonder of hy gesien het hoeveel nuwe sproete die somerson die afgelope tyd op my gesig laat verskyn het? Die enigste voordeel van sproete is dat die puisies minder opsigtelik is, maar vir die res…! Miskien sal hulle nie sien as ek van nou af onderlaag aansit skool toe nie, en dan kan ek darem die meeste van hierdie sproete wegsteek.

(Sy draai sywaarts voor die spieël) Sou hy dalk gesien het dat my boude heelwat groter geword het in die laaste tyd. As ek tog net nie so ellendig baie versot was op tjoklits nie. Miskien hou hy van ‘n girl met ‘n bietjie vleis om die heupe. Ek het al gehoor party ouens hou van ‘n meisie met ‘n bietjie vatplek, maar nie Gerhard nie. ‘n Man met ‘n lyf soos syne, soek verseker ‘n meisie met ‘n silwerdoeklyf, ek sal eenvoudig moet diet.

(Sy draai terug na die brief en die blomme) Byna vergeet ek die lieflike rose. Hulle moet dadelik in die water kom, want hierdie blomme moet vir ewig hou. Miskien kan ek nadat ek die blomme in die water gesit het ‘n paar oefeninge vir die boude doen, eerder as weg te lê aan die Aero wat Ma gister by een van haar kliënte gekry het.

(Sy gaan sit die blomme in die water en neem daarna ‘n posisie op die knieë en hande in vir die oefeninge wat sy gaan doen. Sy begin met die oefeninge) 
Een, twee, drie, vier… Agge nee, kyk net hoe dril my boude, dit is sowaar erger as wat ek gedink het.

(Haar selfoon lui, en sy spring op om dit te antwoord) Hallo, dis Annelie. (oomblik stilte, met ‘n harde stemtoon) Hallo? Ek kan jou nie mooi hoor nie, sit die musiek tog bietjie sagter. Dis beter.(stemtoon verander) O, is dit jy Gerhard? Dis nou ‘n verrassing! Ek wou juis… (haar gesprek word onderbreek, sy luister ‘n oomblik in verslae stilte) Jy het wat?! Jy het die brief en blomme namens Vaatjie aan ‘n meisie gegee, en toe gee jy dit nog aan die verkeerde een ook. Julle is absoluut disgusting!

(Sy druk die foon dood, ruk die blomme uit die water en vertrap dit op die grond en skeur die brief in stukkies)
 En ek wou nogal vir die idioot diet! Hoe stupid kan ‘n mens nou wees! Dankie tog vir Ma se kliënte wat gereeld vir haar tjoklits gee. ‘n Aero gaan darem nou heerlik smaak, vergeet die maer boude!

Die dag toe ek Magda ontmoet het

[MAN SIT OP DIE STOEL IN DIE WAGKAMER EN VERTEL AAN IEMAND (die gehoor) WAT OOK DAAR WAG]

Hoekom is ek hier? Ek kom kuier vir my vrou, Magda. En jy? Haar arm gebreek? Is sy orraait? Ek’s bly. Hulle is maar so woelig as hulle klein is. My dogtertjie, Natasha, net so woelig. Ek en Magda het ons hande vol met haar al sedert sy begin loop het. Ek weet presies waarvan jy praat. Wat makeer Magda? Ai, dis nie vir my maklik nie, sy’t, sy’t…

[HY SLUK DIEP EN DRAAI DAN HOMSELF GEMAKLIK IN DIE STOEL EN LEUN DAN VORENTOE]

Kom ek begin eerder by die begin. Het jy tyd? Goed. Alles het begin toe ek 23 was. Ek was toe nog op universiteit, in my finale jaar. Ek het antieke kulture bestudeer. Een oggend, nog voor klas, het ek in die park gesit. Ek het altyd op dieselfde ou, hout bankie in die park gesit. Soms het ek iets geëet, ander kere het ek geleer. Die dag het ek geleer vir my finale eksamen daardie jaar.

Toe ek op kyk, het ek die mooiste meisie gesien wat ek nog ooit in my hele lewe gesien het. Ek het voor daardie dag nie in “love at first site” geglo nie. Sy het duidelik my mening verander. Alles aan haar het my aandag getrek, haar hare, haar oë en haar glimlag. Sy het die mooiste glimlag. As sy lag kan jy sien dat sy lewe!

[HY LAG EN GLIMLAG SO EFFENS]

My kop het vir my gesê: Kyk weg! Maar dink jy my oë wou luister. Ai-kona. Ek het daar gesit en staar en my hele wese met haar gevul. Sy was so mooi. Glo dit of nie, maar toe kom sit sy langs my. Ha, jy moes my hart hoor klop het. Buite beheer. Ek is tot vandag toe nog verbaas dat sy nie my hard hoor klop het nie. Ek het maar so skeef geglimlag…

[HY MAAK DIE GLIMLAG NA]

…en met ‘n droë keel, en glo my, ‘n baie droë keel, het ek vir haar gesê: Hi. Sy moes seker gedink het dat ek so stupid is, maar sy kan nie iets slegs dink van iemand nie. Sy het sommer net begin gesels. Ons het gesels oor wat ons studeer, waar ons vandaan kom en wat ons in ons vrye tyd doen. Ons het dadelik van mekaar gehou, alles het net in plek geval.

[HY BLY DAN ‘N OOMBLIK STIL EN GAAN DAN VERDER]

Dit was nie lank voor ek geweet het dat sy die een is vir my nie. Ek het geweet, dit is die meisie met wie ek die res van my lewe wou deel. Voor my eindeksamen daardie jaar was ons saam en my lewe was heel. Niks in my lewe was nie perfek nie, hoor, niks!

[HY GLIMLAG EN SKUIF SO EFFENS AF IN SY STOEL]

Ek het November daardie jaar graadgevang. ‘n Groot geleentheid, baie kosbaar. Ek moes namens die ander graduates ‘n toespraak lewer. Magda was natuurlik in die gehoor. As sy nie vir my ‘n soentjie geblaas het nie, sou ek dalk onthou het wat om te sê. Drie jaar later is ons getroud en twee jaar daarna is ons dogtertjie Natasha gebore.

[HY VRYF SY Oë EN GAAN DAN AAN]

Natasha is al drie. Dit voel vir my of ek eers gister vir Magda ontmoet het. Tyd vlieg darem as ‘n mens gelukkig is. Ek het Natasha nou by die skool gaan aflaai. Ek bring haar net in die aande hierheen. Dit is beter vir haar om nie haar ma so gereeld te sien nie, veral nie in hierdie toestand nie. Ons het ‘n paar maande terug uitgevind dat Magda kanker het. Bloedkanker. Aanvanklik het die dokters hoop vir haar gahad, maar in die laaste paar maande het sy so agteruitgegaan, hulle gee nie meer vir haar baie tyd nie. Haar vel is bleek, haar oë leeg en haar glimlag, haar wonderlikke glimlag…

[HY STAAR VIR ‘N OOMBLIK VOOR HOM EN MOMPEL]

…is net weg…

[HY Sê DAN DUIDELIKER]

…net weg.

[HY BLY DAN STIL EN SIT EN STAAR NET VOOR HOM. DIE DOKTER VERLAAT DAN DIE KAMER. HY STAAN OP.]

Jammer, ek… Dis maar vir my moeilik. Dankie dat ons kon gesels. Ons praat weer. Sterkte.

[HY GAAN DIE KAMER BINNE. STAAN VIR ‘N OOMBLIK STIL EN KYK NA SY VROU WAT MET HAAR Oë TOE Lê EN STAP DAN STADIG NADER.]

[HY SOEN HAAR OP HAAR VOORKOP]

[SY WIL IETS Sê]

Het jy… mmm, het jy…

[SY STEUN VAN PYN]

[HY SIT SY VINGER OP HAAR LIPPE OM HAAR STIL TE MAAK EN PRAAT DAN SAG MET HAAR.]

Shhhhh. Natasha is by die skool. Ek sal haar vanaand bring. Ek wil vir jou iets lees. Dit is ‘n lied wat ek op ‘n Cd by ‘n vriend gekry het. Dis ‘n mooi lied van Enrique Eglasias. Ek wil dit gou vir jou lees.

[HY TREK DIE STOEL NADER, HAAL ‘N PAPIER UIT SY SAK, VOU DIT OOP EN GAAN SIT OP DIE STOEL LANGS HAAR BED. SY Lê STEEDS MET HAAR Oë TOE, MAAR PLAAS HAAR HAND OP SY ARM.]

You make me strong
You make me weak
You lift me off my feet
You gave me hope
When all my dreams
Seem like they’re out of reach
You make me understand
The way the perfect love should be
You take me to a place
So high
I never wanna leave
Sometimes I think of all the things
I should have said
I hope it’s not too late
I wanna make you understand
If the world crashes down over me
I know that my life is complete
Cause I’ve held you in my arms all night
Cause I can’t imagine life
Without you by my side
You whisper in my ear the words:
“Just hold me close tonight”
And when the pain is holding me
Your love just sets me free.

[VIR ‘N OOMBLIK IS ALLES STIL EN VEE HY SLEGS DIE TRANE UIT SY Oë. HY VOU DAN DIE PAPIER OP, PLAAS DIT IN SY SAK EN SOEN HAAR OP DIE HAND. DAN PRAAT SY. SY SUKKEL OM TE PRAAT]

Skat, as ek nie meer daar is nie, wie gaan ‘n seerplek op Natasha se arm ‘n soentjie gee en sê: Dit sal orraait wees bokkie? Wie gaan haar skool toe vat en weer oplaai en ‘n lekker vet soen gee? Wie sal vir haar waai as sy op haar eerste date gaan? Wie sal vir haar sterkte toewens met haar eerste groot eksamen? Wie sal haar trane afvee as sy huil? Wie sal haar help regmaak vir haar matriekafskeid? Wie sal vir haar sê: Liefling, jy lyk pragtig? Wie sal saam met die bruidegom aan die bruidstafel sit op haar troudag? En wie sal vir haar sê: Ek het jou so lief, Engel? Maar die ergste van alles. Ek sal nie daar wees om te sien hoe sy groei en ‘n wonderlike vrou word nie.

[HY VEE DIE TRANE UIT HAAR Oë EN OOK UIT SY EIE, SLUK DAN EN Sê IN ‘N STEM WAT BEWE]

Ek sal. Ek sal…

[HY DRUK HAAR HAND, STAAN OP EN Sê]

Ek is nou weer terug.

[HY VERLAAT DIE KAMER]

[IN DIE WAGKAMER GAAN SIT HY OP EEN VAN DIE STOELE, HOU ALBY SY HANDE OOR SY GESIG EN BEGIN HUIL.]

[DAN PRAAT HY WEER]

Ja, ek weet my lewe gaan verander. Ek sal moet oor begin, net ek en Natasha. Ek sal my Magda altyd lief hê. Nooit sal ek een oomblik vergeet wat ons gedeel het nie. Nooit sal ek haar glimlag vergeet nie.

[HY SNUIF, VEE DIE TRANE UIT SY Oê]

En nooit sal ek die dag vergeet toe ek Magda ontmoet het nie…

Urban Hero

(JOHHNY SIT OP `N STOEL EN STAAN DAN OP GEREED OM TE BEGIN. VRYF DEURENTYD SY HANDE TEEN MEKAAR WANT HY IS ONGEMAKLIK)

Haai, haai julle ouens. Eks nie eintlik die tipe ou wat speeches en dinge gee nie. Maar die anties hier by julle het mooi gevra en dis vir `n goeie cause.

(LAG, NOG EFFE SENUAGTIG)

Anyway, hulle het gevra ek moet julle my storie kom vertel. Dalk weet julle daarvan, as julle die koerant lees en so, maar ek sal maar voor begin vir die wat nie weet nie.

(STOP `N OOMBLIK, TREK SY BAADJIE UIT. NOU MEER SELFVERTROUE)

Okay, so hier was ek, in hierdie einste weeshuis. Nes julle. En nes julle – kom ons wees nou maar straight – weggegooi deur my mense. Maar whatever, ek was beter af hier. Ek was nie stupid nie, het standerd agt gemaak en als. Toe gaan leer vir mechanic, maar dit het nie gewerk nie. Ek het bietjie wel, te veel op die job gedrink.

(BEDUIE MET SY HAND ASOF DIT `N BOTTEL IS)

Toe fire hulle my. Hulle doen dit as mens te veel drink terwyl jy eintlik gearboxes moet change. Want dan change jy dinge bietjie verkeerd. Ek’t een antie se kar helemal opgeneuk. Ek moes pay vir die skade en toe my goed vat en loop.

(RAAK MOEG VIR STAAN EN GAAN SIT OP DIE STOEL, RUGLEUNING NA VOOR)

Ek’t niks gehad om te doen nie en ek en paar tjomme het so oral rond gebly. Baie van die tyd was ons maar lekker op `n trip.

(DINK `N OOMBLIK NA, KYK NA DIE GEHOOR, WYS `N WAARSKUWENDE VINGER)

Julle laaities moet wegbly van drugs, hoor? Daai goed is sleg vir jou. Ek’t ook gesteel en so. Later maar gebedel. Maar elke mens kry mos maar sy turning point. Een dag klop ek aan `n voordeur…

(VOER NOU DIE BEWEGINGS UIT SOOS HY VERTEL, bv KLOP AAN DENKBEELDIGE DEUR)

…en `n anner snotneus outjie maak oop. Hy sê “Yes?” 
Ek sê “Hoezit laaitie het jy nie geld of iets vir `n honger ou nie?”
Hy sê “Gaan jy drank koop?” 
Ek dog toe hy`s een van daais. Die holy’s. Ek sê toe “Nee, promise.”
En daai laaitie sê vir my “Sorrie, ek gee net geld vir drank.”
En hy lag en klap die deur toe. Dink dis moerse snaaks. Toe dag ek: “Jislaaik, Johnny as `n laaitie al met jou joke dan flippen weet jy dis nou verby.”

(STAAN WEER OP EN BEGIN OOR VERHOOG LOOP. HY VERTEL NOU LEKKER)

So toe kry ek `n job. As karwag. Niks grênd nie, maar darem. Ek het altyd as die mense geld gegee gesê: “Dankie, mevrou, die Here seën jou.” Mense laaik dit om te hoor hulle is ge-bless. Ander kere het ek gevra dat as hulle bid, moet hulle bid vir Johnnie vir beter werk. Hulle prayers moes gehelp het want ek was nogal `n goeie watch en na `n jaar is ek ge-upgrade tot mall security. Baie nagskof. Paar maande so gewerk, die lewe was fine en ek was happy. Wou niks meer hê nie. Dis nogal `n job met responsibility, hoor. Die mense se lewens is in jou hande. Hulle trust jou.

(STAP OP EN AF ASOF HY IN DIE SENTRUM IS, HOU `N DENKBEELDIGE GEWEER IN SY BELT VAS)

Anyway, so een aand was ek besig om te patrol in die mall. Dit was laat, so twee uur die oggend. Toe ek om die hoek by die apteek kom, sien ek ouens wat bietjie scaly lyk daar by die bank se kant. Ek staan toe so dat hulle my nie sien nie en check dinge uit.

(BEWEEG AGTER DENKBEELDIGE VOORWERP IN EN LOER AGTER DIT UIT)

Ek sien toe dinge is nie lekker nie: hierdie ouens is op `n mission. En dit lyk nie goed nie. Hulle gooi heeltyd vir mekaar sulke signals en so. Ek move oor na die ander kant…

(BEWEEG OOR DIE VERHOOG, DENKBEELDIGE GEWEER TEEN SY BORS)

Ek dog toe, for sure sal ek hulle kan handle. Maar ek bel toe maar die polisie, net om veilig te wees, jy weet. Hulle kom toe en hel, ek was reg, hulle wou die bank rob. Die polisie het al glo `n ruk hierdie ouens ge-suspect. Hulle het nooit die kans gehad om hulle vas te trek nie. Darie aand was hulle caught red-handed, soos die Engelsman sou sê.

(ONTHOU SKIELIK WEER VAN DIE GEHOOR, DRAAI NA HULLE)

En julle laaities moet nou onthou dis gevaarlike criminals die, né? 
Hulle was al in die bank toe ons hulle betrap. Ek het die deur bewaak om seker te maak nemand kan weghol nie. So, ek het `n key role gespeel.

(STAAN TROTS REGOP, HAK SY DUIME BY SY SAKKE IN)

Van daar af was ek seker wat jy kan noem `n local celebrity. The talk of the town. Ek’t `n sertifikaat van dankbaarheid by die SAPD gekry en alles. Die koerant het selfs my foto kom vat en `n berig geskryf:

(TREK INGENOME `N DENKBEELDIGE LYN IN DIE LUG OM DIE OPSKRIF VOOR TE STEL)

“Wag se flink optrede fnuik boewe.”

(GAAN STAAN VOOR OP VERHOOG, PRAAT ERNSTIG MET GEHOOR)

Maar hoor nou, ten spyte van dit als is ek nog die selfde ou. Fame het my nie verander nie. Maar dit moet net vir julle laaities wys jou circumstances bepaal nie wat jy gaan wees nie. Jy kan beter wees as dit. Ek was daar…

(WYS NA HULLE)

En nou’s ek hier.

(WYS NA HOMSELF, DIE VERHOOG VERDOF BEHALWE VIR HOM, NIE `N BESONDERS INDRUKWEKKENDE FIGUUR NIE, WAT IN DIE LIG STAAN)

…`n Urban hero.