Sankind lees die wind

Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale. Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ʼn tyd waar elke ding ʼn betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is. Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm. Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou San-geskiedenis.

Halala Job Maseko!

Halala, unsung heroes! In this charmingly illustrated book, the celebrated storyteller Wendy Maartens compiled 21 stories of unsung South African heroes. Some stories are as alive as the windswept contours of Table Mountain. Others are so current that the joyous marvel of the events is still settling. Discover how Job Maseko sank an enemy warship. Rejoice with the boy who walked barefoot through a war and follow the footsteps of the San boys who were kidnapped by traders. Be inspired by former slave, Emilie Lehn’s survival of severe hardships and celebrate the long-awaited restoral of Sarah Baartman’s honour after her death. This collection is the perfect gift for any young story lover!

Iemand wat verdrink en ander verhale

Hierdie bundel bevat kortverhale van ’n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in een slag wil klaarlees sodat jy iemand word wat verdrink in stories …

Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo

In hierdie pragtig geïllustreerde boek het meesterstorieverteller Wendy Maartens 22 Suid-Afrikaanse stories bymekaargemaak. Sommige is so deurleef soos die windverwaaide kontoere van Tafelberg. Ander is so splinternuut dat die vreugdevolle verwondering van nuusgebeure nog vlak lê. Perfek vir voorlees of selflees. ’n Fantastiese geskenk vir enige jong storieliefhebber!

Jamie en Sebastiaan-omnibus

Jamie en Sebastiaan is terug in ’n fantastiese omnibus Maak gereed vir baie kattekwaad! Die geliefde Jamie en Sebastiaan-verhale is terug met ’n nuwe baadjie. Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat – van noue ontkomings uit die hande van ’n ontvoerder en glibberige woestyntunas, tot die soektog na die vermiste storiemol. Jamie en Sebastiaan Van die eerste oomblik toe Jamie vir Sebastiaan in die groentetuin sien lê het, het hy geweet hier kom moeilikheid. Sommer GROOT moeilikheid! Sebastiaan is nie net ʼn gewone kat nie. Hy is ʼn spekvet, grysgestreepte kat wat boonop kan praat! Al wat hy eet is tuna en room, want dit is wat die kattedokter in die Kaap vir hom voorgeskryf het. Ouma Katie dink Sebastiaan is ’n dierbare ou katjie, maar Jamie weet van beter. Hy weet dat dit Sebastiaan was wat die skoolhoof se tunatert opgevreet het EN wat hulle amper in die kloue van ‘n smerige ontvoerder laat beland het EN wat ʼn wrede seerower se houtbeen gesteel het EN wat die glibberige woestyntunas so kwaad gemaak het dat hulle hom wou opkerf en in blikkies verpak … Jamie en Sebastiaan en die storiemol In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ʼn baie belangrike opdrag – hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog. ’n Wêreld sonder stories sal ’n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur met die hulp van ʼn slim sprinkaan en ʼn pratende hysbak!

My Storiekis

Hierdie skatkis van 21 sprokies, fabels en dierestories is versamel en oorvertel deur die bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau. Die bundel is ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. Van klassieke sprokies soos “Aspoestertjie” en volksverhale soos “Die gulsige seekoei” wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos “Die leeu en die muis” wat morele kwessies aanraak – hier is iets vir elkeen. Dit is ’n kosbare versameling wat vir jare se storieplesier sal sorg.?