Vir die kind wat altyd iets soek om te doen – maar nie weet wat nie! Die boek het soveel oulike idees – jou kop sal BARS! Kunsprojekte, inkleuraktiwiteite, wetenskapeksperimente, sport, speletjies en meer! Met 366 dinge om te doen (plus bonusaktiwiteite soos Kerskaartjies maak) sal kinders nooit weer die gevreesde woorde: “Ek is verveeeeeld!” sê nie.
doenboeke
Vir vlytige vingers
Weet hoe met wetenskap: Fantastiese projekte vir jong wetenskaplikes
Gebruik jou verbeelding
Verveeld? Nooit weer nie! Hierdie boek bevat meer as 250 ongelooflike dinge wat jy kan maak en doen. Kinders kan hulle elektroniese toestelle afskakel en hulle kreatiwiteit vrye teuels gee – met speletjies, uitdagings, handwerk en hope ander prettige idees. Bou ’n minigholfbaan, hou ’n skattejag, of leer hoe om ’n spioen te word. Dit is tyd om jou verbeelding te gebruik! Hierdie boek is die perfekte boek vir ouers wat iets soek om hulle kinders deur die lang skoolvakansie mee besig te hou – sonder dat hulle heeldag voor ’n rekenaar- of TV-skerm sit. Gebruik jou verbeelding is stampvol prettige idees. Neem dit oral saam met jou om verveelde kinders besig en vermaak te hou. Of dit nou ’n reënerige oggend of ’n sonskyn-middag is, sal jy genoeg hê om te maak, doen en speel.
Doel!
Sokker soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie! ’n Fees van sokkerfeite, asook alles wat jy moet weet oor die aksie op die veld en agter die skerms in die stadion. Word ’n sokkerkenner met hierdie boek wat jou alles oor sokker sal leer. Die boek bevat allerlei wenke, statistieke, en nuttige inligting wat strek van die oorsprong van sokker tot die FIFA Wêreldbeker. Doel! is ’n moet-hê-gids vir enigiemand wat alles van die wêreld se gewildste spel wil weet. Die aksiefoto’s in die boek toon al die verskillende tipe skoppe – en nog meer! Wie is die beste doelskieter wat nog ooit sokker gespeel het? Hoe keer jy ’n bal? Waar is die beste plek op die veld om ’n strafskop te neem? Hoe ver hardloop ’n speler gedurende ’n spel? Doel! gee nie net die antwoord aan jou nie – dit wys jou!
Hoe werk dit? 33 projekte vir slimkoppe
Projekte vir nuuskierige kinders! Weet jy van kinders wat daarvan hou om probleme op te los? Wonder hulle oor hoe dinge werk? Het hulle al daarvan gedroom om kreatiewe projekte aan te pak? As die antwoord “ja” is op al die vrae, is jou kind dalk ’n ingenieur-in-wording. Hierdie is die perfekte boek om kinders nuuskierig oor die ingenieurswese te maak. Die boek bevat allerlei projekte wat kinders help verstaan hoe die wêreld werk. Die materiaal vir die projekte kan tuis gevind word en die projekte is maklik om self te voltooi. Die inspirerende stories van Leonardo da Vinci, Mae Jemison en Elon Musk is ook by die boek ingesluit.
Wo(o)rdslim
Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Wo(o)rdslim bevat 48 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!
Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:
– Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom temas soos diere, my land, idiome en sport.
– Woordsoekblokke
– Spelspeletjies
– Letterblokke
– Kriptogramme en ander briljante breinboelies
Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.
Volledige oplossings agter in die boek.
Die towerboek
Video-idees
Maak fantastiese video`s en animasie om op YouTube te plaas en met jou vriende te deel! Droom jy daarvan om die volgende YouTube-sensasie te word? Of hou jy net daarvan om video`s te maak? Moet jy `n videojoernaal vir `n skoolprojek maak? Ontdek die videomaak-proses van draaiboek tot skerm, met praktiese wenke, raad en kortpaaie vir jou eie opwindende projekte tuis.
Hierdie boek bevat al die inligting wat jy nodig het om jou eie video`s te maak. Ontdek die beste kamerahoeke, leer hoe om videomateriaal te redigeer, hoe om jou video aanlyn te kry, en hoe om veilig op die internet te bly. Gaan jy jou eie weervoorspelling opneem? `n Kosmaakdemonstrasie verfilm? Jou troeteldier se lawwe toertjies op video vaslê? Of met die kamera oor jou geheime talente gesels? Video-idees bevat alles wat jy nodig het om die beste video`s ooit te maak – van die keuse van jou kostuums tot daardie baie belangrike post-produksie-kortpaaie.
Of jy nou spesiale geleenthede opneem, jou eie animasievideo`s maak, `n rekenaarspeletjie resenseer of `n musiekvideo maak – hierdie briljante boek sal jou help om `n ster en `n videojoernalis te word!
My Maats Kom Kuier!
Hou die beste oorslaappartytjies ooit!Net een ding is lekkerder as `n uitslaapaand, en dit is om een te beplan. Met alles van speletjies en vasvrae tot bederf-idees en middernagfeeste sal jou idees nooit opraak met My maats kom kuier! nie. My maats kom kuier! is propvol aktiwiteite, temas en dinge om te maak wat jou maats vir dae aan die praat sal hou. Leer hoe om `n visgraatvlegsel te doen, `n natuurlike gesigmasker of selfs kamma-skemerkelkies aan te maak, en doen dan die vasvra om jou ware vriendskapstyl te ontdek. Alles het deeglike aanwysings en veiligheidswenke. My maats kom kuier! is `n moet vir fantastiese aande saam met jou vriende.
Ek lief eenhorings
Verken `n towerwêreld met hierdie fantastiese plakkerboek!Hierdie kleurvolle boek is propvol tonele met eenhorings wat jy kan soek, tel en waarmee jy hope pret kan hê!
Vind uit wat jou geheime eenhoring-naam is, soek die verskille tussen die prente, help die eenhoring om sy pad deur die doolhof te vind, kies die perfekte haarstyl vir jou eenhoring, leer om jou eie eenhoring te teken, en voltooi die pragtige eenhoringtonele met die meer as 300 plakkers wat by die boek ingesluit is!
Ure se betowerende eenhoringpret gewaarborg!