Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van perde en towerponies. Skep tonele in die towerwoud, op die reënboogbrug en by die ponieparade en ontmoet al die diere wat in die towerwoud woon. Hou klein handjies so op die langpad besig!
doenboeke
Vir vlytige vingers
Plakker pret met 555 voertuie
Slymboek: alles wat jy moet weet om perfekte slym
Meer as 30 glibberige, glyerige, grillerige, kleurvolle resepte wat die jongklomp wys hoe maak jy … slym!
Rek, trek, druk en speel met hierdie fantastiese, eenvoudige resepte wat van goedkoop, maklik bekombare en veilige alledaagse produkte gebruik maak. Maak jou eie Monsterslym met oë binne-in, koes vir die uitbarsting van Vulkaanslym, en lek jou lippe af vir heerlike, eetbare Sjokoladeslym!
Al die projekte word met behulp van duidelike stap vir stap foto`s verduidelik. Vind ook in die feitekassies meer uit oor die wetenskap agter jou slymerige skeppings, en eksperimenteer met verskillende variasies van die resepte. Die nuutste aktiwiteitsgier vir kinders is klewerig, klouerig en tonne pret. So, waarvoor wag jy, begin maak jou eie slym!
Al die slymresepte in die boek is boraksvry.
Knip verf plak: 50 prettige kunsprojekte
Hierdie pragtig ontwerpte handwerkboek wys jong kunstenaars hoe om vingerafdrukke, voetafdrukke en alledaagse dinge te gebruik om inspirerende, goedkoop en ekovriendelike kuns te maak!
`n Versameling eenvoudige maar uitdagende, goedkoop handwerkprojekte wat ideaal is vir ouers met min tyd en skole met n beperkte begroting, en wat hergebruik en herwinning bevorder. Die boek is pragtig geillustreer met stap vir stap instruksies en fassinerende kunswerke. Elke aktiwiteit is eenvoudig en kan maklik toegepas word, en daarom gee dit jou jong kunstenaar se selfbeeld ook sommer `n hupstoot!
Knip Verf Plak wys jou hoe om botteldoppie-ballonne, `n stokkie-seerower, diereboekmerke, borrelplastiek-dinosourusse en veel, veel meer te maak. Tegnieke sluit in drukwerk, stempelwerk en eenvoudige collages wat op slim maniere gebruik word vir fantastiese resultate!
Dit is pret om mooi goed van weggooigoed te maak, so kom ons spring weg en maak kuns!
Soek-soek inkleurboek: Voertuie
Hierdie pragtige reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite. Kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur in te kleur. Die bladsye vol soek-en-kry inkleurprente wemel van voertuie. Van lugballonne met sterre op tot stoomlokomotiewe, en selfs ruimteskepe wat vinniger as lig vlieg.
Kyk ook uit vir: Soek-Soek inkleurboek: Diere
Soek en kry in die donker
Met 14 tonele vol maltrap-avonture is daar hope pret om te hê. Knip die towerflits uit en gebruik dit soos `n soeklig om te kyk wie en wat in die donker nagtonele onder die swart plastiekbladsye wegkruip. Jy sal jou oë nie glo nie! Hierdie is `n soek-en-kry-boek soos nog nooit te vore nie.
Twee boeke in die reeks:
Boek 1
Boek 2
Vlegsels: stap vir stap
Om lang hare in `n vlegsel te dra is `n groot tendens onder jong meisies regoor die wêreld.Hierdie boek, deur Deense skoolmeisies Marie Wivel en Laura Arnesen, bevat meer as 20 verskillende soorte vlegsels wat stap vir stap beskryf en met behulp van kleurfoto`s geïllustreer word. Dit het ontstaan uit `n blog en Instagram-profiel wat hulle in April 2013, uit verveling tydens `n skoolstaking, begin het.
Vlegsels van alle soorte is hulle passie, maar ook die gesellige samesyn van vriendinne, of ma`s en dogters, wat mekaar se hare vleg.
Voorsprong-Werkboek Afrikaans
Op soek na `n reeks prettige boeke propvol wiskunde-aktiwiteite om jou kind ure lank besig te hou en boonop te help met skoolgereedheid? Die Voorsprong Wiskunde-reeks is die antwoord! Hierdie kurrikulumgebaseerde reeks boeke is ontwerp om jou kind by te staan met die ontwikkeling van sleutelvaardighede vir basiese wiskunde-geletterdheid. Elke boek is propvol plakkers en nuttige wenke. Die aktiwiteite, geskryf deur onderwyskenners, is ontwerp om kinders se selfvertroue `n hupstoot te gee.
Kom ons bou 3D modelle: wilde diere by die watergat
Wie gaan eerste by die watergat wees om af te koel? Apie swaai deur die takke en Olifant beur `n pad oop deur die bos. Leeu stap oor die skerp klippe langs die rivier en Sebra hardloop oor die grasvlakte. Wie gaan wen?
Bou 3D-modelle van Olifant, Apie, Leeu en Sebra uit stewige karton, en lees dan hoe hulle by die watergat gekom het. Gebruik ook jou modelle om `n lekker speletjie te speel!