Die mensman sit sulke vreemde bruin pille vir die kabouters se aartsvyande, die muise, neer, en die kabouters sien hoedat hulle dié pille begin bymekaarmaak as winterkos. Toe die kabouters ontdek waar die muise dit bêre word Soek-soek na die Groot Kabouter in die Bruin Bos gestuur om te gaan hoor of hulle dit mag eet, want kos is skaars en die winter kom nader.
Die Groot Kabouter sê wel hulle mag dit nie eet nie, maar ook dat Soek-soek self moet besluit wat om met die pille te maak. Dis ‘n baie moeilike besluit, want al is daar gawe muise soos Mya, is daar van altyd af die vyandskap tussen die muise en die kabouters . . . Moet Soek-soek die muise waarsku dat die pille eintlik giftig is, of moet hy hulle laat begaan?
fantasie
Van vreemde dinge en verre plekke
Die Avonture van Alice in Wonderland
Dié klassieke verhaal van Alice in Wonderland neem jou op ’n holderstebolder, humoristiese reis saam met ons onverskrokke klein heldin, Alice. Sy ontmoet die Cheshirekat, Die Hertogin, Die koning en koningin van Harte, die Wit Konyn, die Hoedemaker en die Paashaas, die Kammaskilpad, die Griffioen, en vele meer. Wat ’n heerlikheid, vir oud en jonk, om Alice weer (of vir die eerste keer) te ontmoet, en die vreemde, wonderlike karakters en insidente saam met haar te beleef. Tydlose, klassieke illustrasies deur Marjorie van Heerden komplimenteer die teks.
Mnr. Humperdinck se Wonderlike Watsenaam
Pete glo nie aan fantasie en towery nie, maar hy moet sy siening heroorweeg toe iemand vermoor word en hy op pratende muise en vlieënde vullisblikke moet staat maak om hom van hordes seuns-vretende rotte te red. ‘n Lekker avontuurverhaal met skerp dialoog, fyn humor en interessante menslike sowel as fantasiekarakters. Dit is een van daardie boeke wat jou met die eerste paragraaf intrek en nie los voordat jy klaar gelees het nie.Daar is swart-wit vignette in die teks.
Dartanjan en die Drie Musketiers – Een vir Almal, Almal vir Een
Dartanjan en die Drie Musketiers – Die Seerowers se Gevangenes
Dartanjan se slim plan met die lugballon het nie gewerk nie. Kat de Kosherie het die ballon flenters geskiet … en ’n wrede seerowerskip het die musketiers opgelaai! Die skip is op pad om hulle op ’n eiland vol wilde, wrede Dingo’s te gaan aflaai. Hoe kan die vier musketiers hulleself op die wye, woeste see red?
Dartanjan en die Drie Musketiers – Die Ontmoeting
Dartanjan is ’n dapper hond wat graag een van die Koning se musketiers wil word. Kort voor lank word hy uitgedaag tot drié tweegevegte! Dartanjan wil nét sy swaard trek om sy eer te verdedig toe die geslepe Kat de Kosherie en sy kattetroepe, die Kardinaal se wagte, opdaag. Wat nou? Veg Dartanjan aan Atos, Portos en Aramis se kant of saam met die katte …?
Operasie M.I.A.A.U.
Felix is n gewone elfjarige wat op n koue wintersoggend moet opstaan vir skool. Maar dis nie sy pa wat hom wakker maak nie, dis meneer Haasbroek, Felix se suster Madelein, se kat. En meneer Haasbroek praat met hom! Meneer Haasbroek wil h Felix moet Die Magtige Internasionale Anti-Aapskeloerdersunie (M.I.A.A.U.) help om bullebakke vas te trek. Felix se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, want binne oomblikke word hy ingetrek in n netwerk van agterdog, gemene spel en korrupsie. En die ander rolspelers? Meneer Rippenaar, pikswart met enorme groen o, mevrou Bangani, lank en maer en uiters fynbesnaard, meneer Ching en mevrou Cho, belangrik en Siamees, die onbeholpe Jannie – en vele ander. n Aksiebelaaie, humoristiese storie met interessante karakters wat jou sal noop om n dese met ander o na katte te kyk.
Brolloks en Bittergal
Die verwerking konsentreer op die twee ou skelms, Brolloks en Bittergal, lekker bangmaak-karakters, wat vir baie geslagte heen kinders se tone laat omkrul het van vrees en bewing. Maar eintlik is hulle twee dommies, en word elke keer uitoorle deur hulle “slagoffers” wat vernuftig deur verskeie diere gehelp word om uit die twee se kloue te ontsnap. Dit stories speel af in die Karoo en het die tipiese afmosfeer van die tyd en plek – en tussen die lyne is dit eintlik `n humoristiese verhaal van twee mensvreters wat net nie die mas opkom nie.
Pikkewouters van amper-stamperland
Wat is `n Pikkewouter? Iets tussen `n pkkewyn en `n kabouter – soos Pikketoos en Pokkelwyn, wat lank, lank gelede in Amper-Stamperland gewoon het. Die verhaal van die tweetjies se soektog na `n land waar daar nie slakkelange is om hulle groente en vrugte te verniet wt hulle vir die mark kweek nie, is vol snaakse diere, gevre en uitdagings, wat die twee nogal vernuftig oorkom en sorg vir `n lekker spanningslyn.
Die hart van Zeebak
Ferdinand skryf die laaste vraestel van sy matriekeksamen, maar hy is nie bekommerd nie – hy weet hy sal, soos altyd, goed vaar. Tog, wanneer hy die middag by die huis kom, pak die rusteloosheid hom – dieselfde rusteloosheid wat hom agtervolg van die dag af toe hy en sy tweelingbroer Ben in ’n motorongeluk en die goue seun Ben ’n breinbesering opgedoen het en weer soos ’n klein kind geword het. Ferdinand het al lank gelede besluit hy wil nie saam met sy mede-matrikulante gaan feesvier nie. Nou gryp hy ’n paar goed en vat die pad met sy fiets – sommer ’n rigting in. Die dorpies word al hoe kleiner, die omgewing al hoe meer verlate. Teen skemeraand stop hy by ’n klein kafeetjie op ’n piepklein dorpie. Dit is terwyl hy met die ou man wat so vreemd bekend lyk, sit en skaak speel dat hy háár skielik sien – die mooiste meisie wat hy nog in sy hele lewe gesien het. Dis vir haar wat hy nog sy hele lewe gewag het, weet hy ineens. Hy los die ou man net so agter die skaakbord en volg haar deur die groeiende donkerte – tot in ’n ander werklikheid.









