Terwyl Tom en sy ouma ’n kunsgalery besoek, dwaal hy af en bevind homself in ’n syvertrek waar hy ’n baie spesiale uitstalling raakloop … Hierdie boek is ’n aangrypende inleiding tot kuns wat deur kinders sowel as volwassenes geniet sal word.
haasbekkies
Boeke vir haasbekkies
Oorlewingsgids vir ʼn prinses
Die probleem met probleme
Manjifieke Mier
ʼn Klein mier vind sy kragtige stem in hierdie kleurvolle boek wat daaroor handel dat ander nie op hulle voorkoms beoordeel moet word nie. Die tyd vir die bos se talentkompetisie. Tussen al die magtige diere van die bos is daar ʼn nuwe deelnemer – ʼn klein mier. Wat op dees aarde sal hy dan nou kan doen?
Sasha word stil
Prinses Pampoenpit
Pampoenpit het ’n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ’n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … ’n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal maak, te vind. Die boek skakel in by debatte rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier. Die verteenwoordiging van meisies in boeke is baie belangrik, en hierdie boek het ’n meisie as hoofkarakter.
Saam kan ons enige iets doen
’n Vriend is iemand spesiaal, van wie jy baie hou. Iemand wat jou goed laat voel en wat jy kan vertrou. Waar jy ook al kom, loop jy nuwe mense raak. Kyk, dis nou jou kans, jy kan altyd vriende maak! Vriende kan ses bene hê … … of dalk vier … … of twee! ’n Vriend is enige iemand vir wie JY omgee! Hierdie prenteboek vier vriendskap, deernis en diversiteit. Die boek wys hoe belangrik dit is om saam met ander mense te wees en dat vriendskappe tussen verskillende mense gevorm kan word. Saam kan ons regtig enige iets doen!
Die beste toebroodjie
Die vreemdste, verbasendste, voortreflikste toebroodjie ooit! Markus word in die middel van die nag wakker en is BAIE lus vir ’n lekker toebroodjie. In die kombuis ontmoet hy ’n ysbeer en drie pikkewyne wat hom wil help om die BESTE, BRILJANTSTE, BOBAAS-TOEBROODJIE OOIT te maak. Maar daar is net een klein probleempie … Geniet ’n watertandlekker leeservaring met hierdie nuwe uitgawe van een van Jaco Jacobs se ou gunstelinge.
Pragtige piesangs
’n Egte Afrika-storie van ’n jong meisie se kleurvolle bosavontuur. ’n Jong meisie se doodgewone reis deur die bos word ’n verrassende avontuur … Tembi vat die pad deur die digte Afrika bos op pad na haar geliefde oupa toe. Sy het ’n tros pragtige piesangs wat sy as ’n Spesiale Geskenk vir hom wil gee. Op pad soontoe verloor sy die piesangs en sy loop allerhande stoute diere raak – ’n kameelperd, apies, selfs ’n swerm bye – wat hulle bes probeer om die piesangs met ’n Spesiale Geskenk te vervang. Maar elke keer raak die geskenk weg … Sal sy op die ou einde vir Oupa sy pragtige piesangs kan gee met die hulp van haar dierevriende? Elizabeth Laird se slim, sirkelagtige volksverhaal word pragtig aangevul deur Liz Pichon se helder illustrasies van Afrika en die kleurvolle diere wat daar bly.
Ruk-en-rol-rugby
Rico is ’n danser. Hy is so maer soos spaghetti en so lig soos ’n muggie, maar sy droom is om rugby te speel! Hy skraap moed bymekaar en vra die afrigter of hy ook mag speel. Eers raak hy nie aan die bal nie en dan duik hulle hom plat, maar sodra die ruk-en-rol-musiek oor die luidspreker begin speel, word ’n rugbyster gebore. Hierdie prenteboek oor stereotipering is ’n storie wat die leser sal inspireer om sy of haar drome te volg!