Ontmoet van ons land se dapperste helde! Ontmoet `n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, `n klein brakkie met `n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale: 1. `n Klein brakkie met `n groot hart Wollie was `n hawelose Maltese poedeltjie met `n groot hart en hy het dit reggekry om `n man se lewe te red. 2. `n Reënboog vir Laingsburg In 1981 het vreeslike vloedwaters Laingsburg getref, en die heldedade van daardie dag leef vandag nog voort. 3. Desmond Tutu Desmond Tutu was `n arm klein seuntjie wat later een van die grootste leiers in ons land se geskiedenis geword het. 4. Kaalvoet deur `n oorlog Ontmoet `n dapper seuntjie wat al die pad van die Vrystaat na die Kaap gestap het om sy ouers tydens die Anglo-Boereoorlog op te spoor. 5. Enoch Sontonga, `n man met `n lied in sy hart Die inspirerende lewensverhaal van die man wat `Nkosi sikelelee iAfrika` geskryf het. 6. Die lang pad van Emilie Lehn Ontdek die verstommende verhaal van Emilie Lehn, wat as `n slavin in Kaapstad gebore is. Die stories word op `n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
histories
Stories oor lank gelede
Helde van Suid-Afrika 2
Ware heldeverhale – perfek vir beginnerlesers.
Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Leer ken ’n dapper mynwerker wat kaalvuis teen tonne rots baklei het om sy kollegas te red; lees die storie van Klara Majola wat een nag in die Koue Bokkeveld na haar blinde pa gaan soek het; en ontdek die ongelooflike verhaal van Hector Pieterson wat die wêreld se oë oopgemaak het vir die gruwels van apartheid. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:
1. Sultan, die koning van sy baas se hart
Sultan is ’n dapper hond wat sy baas gered het toe hy op ’n dag deur ’n elektriese kabel geskok is.
2. Die bushelde van Westdene
In 1985 beland ’n skoolbus in ’n rivier – en terwyl die bus in die water wegsink, word ’n paar skoolkinders helde.
3. Hector Pieterson maak die wêreld se oë oop
’n Onskuldige skoolseun se dood het wêreldnuus geword – en gehelp om ’n einde aan die gruwels van apartheid te maak.
4. Duisend kilometer deur die wildernis
Ontmoet die dapper John Ross wat selfs koning Sjaka se respek gewen het nadat hy meer as 1 000 kilometer deur die wildernis gereis het om hulp vir sy mense te ontbied.
5. Kaalvuis teen tonne rots
Ná ’n rotsstorting in die City Deep-myn het Richard Simelane besluit om nie moed op te gee nie – hy het die rots met sy kaal hande begin weggrawe.
6. Klara Majola, kind van die kapok
Een stormnag het ’n dogtertjie genaamd Klara Majola die ysige koue van die Koue Bokkeveld getrotseer om haar blinde pa te gaan soek.
Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Helde van Suid-Afrika 1
Ontmoet `n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek die ongelooflike verhaal van oudpresident Nelson Mandela wat na 27 jaar in die tronk ons reënboognasie na vryheid gelei het; lees hoe Wolraad Woltemade en sy perd tydens `n storm die see ingeswem het om die matrose van `n sinkende skip te red; en ontmoet `n dapper jong seun wat in die Anglo-Boereoorlog geweier het om sy mense te verraai. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:
1. `n Perd van `n ander kleur
2. Die matriekheld van Henley-on-Klip
3. Nelson Mandela, `n leier so na ons hart
4. Nkosi Johnson veg vir hoop
5. Wolraad Woltemade, `n melkboer met durf
6. Japie Greyling swyg
Die stories word op `n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Beste mnr. Mandela
Die verhaal van Nelson Mandela – van kinderjare tot aftrede – word in `n kleurvolle mengsel van foto`s, illustrasies en lewendige, bondige teks uitgebeeld. Oor vyf dele ontvou sy lewe: die Oos-Kaap (waar hy gebore is en sy kinderjare deurgebring het), Johannesburg (waar hy sy politieke ontwaking gehad het), Robbeneiland (bevat `n “dagboek” van kinders wat op Mandela-dag die eiland besoek het), vryheid en jare as president, en “Madiba die celeb” – oor sy internasionale ikoniese status en die “Madiba Magic” wat hy uitstraal. Dis `n blaaiboek, maar ook `n uitstekende naslaanwerk, en hoewel dit gemik is op jong tieners, sluit dit nie jonger lesers en volwassenes uit nie. Die visuele materiaal is jonk en modern en die ontwerp fris en nuut
Totsiens Tommasino
Op veertienjarige ouderdom is die jong Wolfgang Amadeus Mozart op reis saam met sy pa deur Italie om daar Wolfgang se talente aan die adellike howe bekend te stel. In Florence ontmoet die wonderkind – wat tot dusver baie eensaam in al die grootmensgeselskap was – die ewe jong en talentvolle Thomas Linley, afkomstig uit Bath, Engeland. Vir die eerste keer in sy lewe vorm Wolfgang `n hegte vriendskap en beleef hy saam met Tommasino, soos Linley in Florence genoem word, dramatiese, humoristiese en emosionele oomblikke in hul drie sublieme dae saam.
Totsiens Tommasino
Op veertienjarige ouderdom is die jong Wolfgang Amadeus Mozart op reis saam met sy pa deur Italie om daar Wolfgang se talente aan die adellike howe bekend te stel. In Florence ontmoet die wonderkind – wat tot dusver baie eensaam in al die grootmensgeselskap was – die ewe jong en talentvolle Thomas Linley, afkomstig uit Bath, Engeland. Vir die eerste keer in sy lewe vorm Wolfgang `n hegte vriendskap en beleef hy saam met Tommasino, soos Linley in Florence genoem word, dramatiese, humoristiese en emosionele oomblikke in hul drie sublieme dae saam.
Keerpunte in die geskiedenis
Hierdie reeks, uitgegee in opdrag van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, bestaan uit ses handboeke en `n onderwysersgids. Die reeks is gemik op leerlinge van Gr 10 tot 12 en dek belangrike keerpunte in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, van die vroegste nedersettings tot die jongste politieke ontwikkelings. Dit is geskryf deur 18 van die land se voorste historici en bevat `n verskeidenheid van perspektiewe om lesers in staat te stel om `n eie interpretasie van die geskiedenis te ontwikkel.