Hoekom doen Kersvader so goed karate? Want hy het ‘n swart belt.
Wat het die krimpvarkie die katurs gevra? “Is jy my mamma?”
Hoekom het die hanswors hospitaal toe gegaan? Hy het snaaks gevoel.
Hierdie is die opvolgboek van Vertel my ’n grappie. Vertel die skreeusnaakse grappe en pittige sêgoed in hierdie boek vir jou maats – dit sal ure se lagpret verseker! Kinders sal dol wees op hierdie grappieboek wat grappe oor allerlei onderwerpe bevat.
humor
Snaakse stories en boeke
Wetenskaap
Vertel my ‘n grappie
101 Lawwe-grappe
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!
Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!
Wat is geel en rond en jaag bo-oor ’n rooi lig?
’n Suurlemoen sonder brieke
Wat is die beste manier om ’n apie te vang?
Klim in ’n boom en maak ’n geluid soos ’n piesang.
Wat kan erdvarke kry wat geen ander dier op aarde kan kry nie?
Baba-erdvarkies
Wat is geel en het vier wiele?
’n Piesang. Jammer, ek het gejok oor die wiele.
Klop-klop.
Wie’s daar?
’n Bazoeka.
’n Bazoeka wie?
’n Bazoeka uit die buitenste ruimte!
Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:
101 Diere-grappe
101 Klop-klop-grappe
101 Lawwe-grappe
101 Pouse-grappe
101 Lawwe-grappe
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!
Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat `n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en `n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!
Wat is geel en rond en jaag bo-oor `n rooi lig?
`n Suurlemoen sonder brieke
Wat is die beste manier om `n apie te vang?
Klim in `n boom en maak `n geluid soos n piesang.
Wat kan erdvarke kry wat geen ander dier op aarde kan kry nie?
Baba-erdvarkies
Wat is geel en het vier wiele?
`n Piesang. Jammer, ek het gejok oor die wiele.
Klop-klop.
Wies daar?
`n Bazoeka.
`n Bazoeka wie?
`n Bazoeka uit die buitenste ruimte!
Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:
101 Diere-grappe
101 Klop-klop-grappe
101 Lawwe-grappe
101 Pouse-grappe
1001 Grappe
Slim vang … die grap!
Hoe meer haas… hoe minder wortels!
Hier is sowat 100 nuwe, oorspronklike grappe vir laerskoolkinders, volgens onderwerpe bymekaar geplaas: Klop-klop grappe, kosgrappe, Grappe met monsters en feetjies, dieregrappe, sportgrappe, eksamenflaters. Dit is ook een van die grappe in lg. afdeling waaraan die titel ontleen is: die korrekte idioom is “Hoe meer haas, hoe minder spoed”, dus glad nie oor hase wat wortels eet nie! Maja Sereda se lyntekeninge in swart en wit bring die humor nog verder uit.
Die groot, vet Suid-Afrikaanse kindergrapboek
Dit is die boek wat die lagspiere van alle kinders in Suid-Afrika – die oues sowel as die jonges – sal kielie. Die Groot, Vet Suid-Afrikaanse Kindergrapboek bevat elke denkbare soort grap, van klop-klop-grappe tot kwinkslae en klassieke grappe van toeka se dae. Daar is kort grappe, en langer grappe, en vrae en lawwe antwoorde. Daar is diere wat praat, kinders wat grootmense uitoorlê, grappe oor onderwysers en leerders, sport en rekenaars, die kostelike (en skreeusnaakse) dinge wat kinders kwytraak, en nog baie, baie meer. Die Groot, Vet Suid-Afrikaanse Kindergrapboek sal vir seker alle kinders laat skaterlag, of hulle nou sewe of sewentig jaar oud is!
Zackie Mostert se groot grapboek
Granaatstraat is `n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie … Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends … Die ondeunde Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om `n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou sal laat skater.