Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? Aarbei-en-skerpioenkonfyt Hoekom ry die ryk blondine ’n BMW? Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het gorillas groot neusgate? Want hulle vingers is so groot. ’n Bielie van ’n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS’e.
humor
Snaakse stories en boeke
Liewe Grapste Grapboek 2
Liewe Grapste Grapboek 1
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 2
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 1
Mallemeuleman
Kom saam na Philip de Vos se land waar melktertbome bot en ’n mallemeuledeuntjie jou kop laat dans en draai. Kom verkneuter jou in 319½ versies van die afgelope 20 jaar – die lawwes en die lustiges; die stemmiges en die stuitiges – versies vir kinders en vir die kind wat êrens binne-in jou is. En vir ’n ekstra lekkerte is daar 40 splinternuwes in hierdie versbredie vir wanneer jy wil huppel en spring of net stilletjies in ’n hoekie wil sit en grens oor die mallemeulewysies wat dalk ophou speel het.
’n Omvattende keur uit Philip de Vos se versbundels soos O togga! ’n Gogga, Brommer in die sop, Daar’s bitterals in die heuningwals, Moenie ’n mielie kielie nie, Karnaval van die diere, 99½ ordentlike limericke uit Die Worcester aspoester en Die Dêng van Gauteng, Kat se blad en nuwe verse uit Gister se koeksister.
Al die verse is nuut geïllustreer deur Piet Grobler.
Geraamte in die klas
Monstergrappe
Wat kry jy tussen Godzilla se tone? Na watter sepie kyk spoke graag? Wat maak: “Ha-Ha-DOEF!”? Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde monsters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs ’n resep om jou eie monsterslym te maak!
Dr. Brom verstaan dit nie
Lekker lawwe lagboek 5
Van die vorige boeke in die Lekker lawwe lagboek-reeks is daar reeds duisende kopieë verkoop. Kom lag jou `n papie vir grappe van een reël tot 40 reëls lank in die splinternuwe Lekker lawwe lagboek 5.
Die grappe is versamel deur Maritha Snyman en haar kinders en die illustrasies is deur Alistair Ackermann.