`n Pragtige hardebandboek met oudio-CD met die gewilde KykNET-karakters, Tjiff en Tjaff, se gunstelingliedjies. Kom lees, luister en sing saam!
luister
Luisterstories
Storiemuis: Boek 2
Die oorspronklike Storiemuis-reeks was besonder gewild vanwee die groot verskeidenheid opvoedkundige temas wat daarin behandel is. Hierdie splinternuwe reeks is op dieselfde beginsels geskoei en bestaan uit nuwe materiaal met pragtige volkleurillustrasies. Die boek word vergesel deur `n oudio-CD met `n voorlesing, liedjies en vele meer. In Boek 2 is daar syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide en rympies, sowel as heerlike stories. Kom luister, lees en leer saam!
Storiemuis: Boek 1
Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleurillustrasies en wemel van stories, ryme, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel deur `n oudio-CD. In Boek 1 is daar syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide en rympies vir kleuters om hul eie liggaam te leer ken. Kom luister, lees en leer saam!
Storieman omnibus 5
Hierdie omnibus-uitgawe is n versameling van die gewildste verhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister! By die huis, of in die motor … Storieman is daar!
In hierdie uitgawe verskyn gunstelinge soos Wikus te Goede, Die astrante snyertjie, Die standvastige bliksoldaatjie en Die keiser se nuwe klere. Kom lag lekker saam met stories soos Liewe Heksie en die Koekoekie en Spokie van Boosgelegen en word betower deur sprokies soos Elf wilde swane, Die tonteldoos en Die Groen Jonkvrou van die meer.
Storieman Omnibus 4
Storieman Omnibus 3
In hierdie uitgawe is Gobbolino, die geliefde heksekat, weer terug! Kom luister ook saam na gunstelinge soos “Die Gelukkige Prins”, “Die Gobbelrot” en “Die Groot, harige bogman” en kom lag lekker vir stories soos “Die groot pasteiwedstryd” en “Eierdrome”. Hier is ook feeverhale soos “Skoonlief en die ondier” en “Aspoestertjie” om weer van nuuts af te betower!
Storieman Omnibus 2
Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in. Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos “Fritz Deelman en die verlate tuin”,”Racheltjie de Beer” en “Ou Meneer Springer”, asook na die klassieke “Jakkals en Wolf”-stories. Hier is ook sprokies soos “Rooikappie” en “Raponsie” om weer van nuuts af te betower! Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. `n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor . . . Storieman is daar! Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes!
In die land van kammalielie
Die album getiteld In die land van Kammalielie is ’n versameling liedjies wat ure se vermaak vir kleuters beloof. Dit wissel van prettige, uitbundige liedjies soos “Wilde perd” en “Bambino, die reus van Bitterbos” tot liriese slaaptydliedjies soos “Slaap, Sibongile” en “Teddie se wiegelied”. Daar is ook lekker speel-speel-slim-liedjies soos “Tien pikkewyne”, “Dinosouruspret” (albei gebaseer op aftelrympies), “’n Dag by die dieretuin” en “Tande borsel”.“Ek hoop kinders dans, sing, klap en lag uitbundig saam met ons. Daar is baie humor, bewegings en aksie in die liedjies wat kinders se verbeelding kan aangryp, so ek hoop ons hoor die liedjies oral in kleuterskole en speelgroepies.
Luister `n kammalielieliedjie
op You Tube
http://www.youtube.com/watch?v=UR0n2E8LB4A
Storieman Omnibus 1
Die Storieman-reeks wat in die 1980s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfel een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd. Hierdie omnibus-uitgawe is ‘n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in. Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos “Besie”, “Van Hunks en sy pyp” en “Wolraad Woltemade”, asook na die klassieke “Brolloks en Bittergal” en “Jakkals en Wolf”-stories.
Hier is ook feëverhale soos “Die drie varkies” en “Gouelokkies” om weer van nuuts af te betower! Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor… Storieman is daar! Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes!
StorieMuis
Die 11 CD’s waarop meer as 200 stories, liedjies en rympies van die Storiemuis-reeks gelees en gesing kan word.
Slegs enkele stelle StorieMuis CD’s te koop.
Hierdie aanbod is spesifiek vir mense wat StorieMuis kassette gekoop het en hul met CD’s wil vervang
Beskikbaar by E-books Etc.:
Lynnridge Mall – 087 808 7364
Glen Village – 012 991-2760