Daar is ’n nuwe seun in Sanri en Markus se klas; en hy het ’n buikspraakpop wat soos ’n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net ’n pop? En is Jamahl werklik só ’n goeie buikspreker? Superjoernalis Sanri Steyn stel ondersoek in …
rillers
Bangmaakboeke…
101 Nagmerries
`n Kas Vol Monsters Omnibus
Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak?Denver se kas is `n geheime ingang na `n kasteel vol monsters – en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke!
Die Groen Hand
Daar is iets vreemds aan die nuwe huis … In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het?
Vampierfoto`s
Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na `n kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto`s van `n vampier te neem … kan `n pyn in die nek wees!
Hollywood-mummie
Dit is glad nie so maklik om `n Hollywood-ster te word nie – veral nie as jy `n mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om `n rol in `n fliek los te slaan?
Weerwolfprobleme
Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in `n BAIE slegte bui. En as `n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie …
Die perfekte monster
Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om `n meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir `n groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie!
Kinderspeletjies
Al die monsters is op pad na `n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om `n aand lank baba-oppassers vir `n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees …?
Emma en die middernagman
Juffrou Beaulah Bonthuys, Kosterkloof se nuwe skoolhoof, lyk aanvanklik baie gaaf. Emma hou veral van die hoof se oulike ma-kat en haar kleintjies wat ook in die koshuis kom woon. Maar wie is die vreemde figuur in die swart mantel wat snags om middernag in die tuin verskyn en die katjies se koppe vryf? Daar is ook twee nuwe meisies in Emma se klas. Hulle is beeldskoon en boonop baie slim, en die seuns draai natuurlik om hulle. Gou begin dit lyk of die nuwelinge daarop uit is om moeilikheid te maak vir Emma en haar vriende. Is dit moontlik dat die eienaardige gebeure op Kosterkloof steeds iets te doen het met die vreemde wesens wat die skool se kinders al die afgelope tyd teiken? Hierdie lekker grillerige speurstorie vir jong lesers is die derde boek in die gewilde Emma-reeks.
Harry Griesel 5: Die spookmonster
Dit is Halloween in Radysstraat, maar Otto sit alleen by die huis. Selfs Harry Griesel hou hom skaars, want sy nuwe baas by die S.B.I., Rufus Rittelbeen, is baie streng oor kuiertjies in werkstyd. Gelukkig kan oom Archibald nou vir Otto help om sy vermiste ouers op te spoor. Hulle vind uit dat sy ouers deur `n Grieselgryper met `n houtbeen ontvoer is. Is dit toevallig dat Rufus daardie beskrywing pas?
Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy `n probleemkind. Hy word na `n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn. . .
Harry Griesel 4: Die Zombie-ontvoerder
Otto en Emily het `n nuwe onderwyser wat baie vreemd optree en gedurig vrae vra oor Otto se vermiste oom Archibald. Harry Griesel het ook probleme: iemand het n onwettige deurgang na Die Oorkant oopgesluit en nou krioel die stad van zombies! Die SBI moet dadelik uitvind wie die skuldige is en Otto en sy vriende is op die punt om die raaisel op te los, wanneer tannie Sharon haarself skielik in groot gevaar bevind.
Grilgrypers 2: Web van die mummie
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om `n nuwe skooljaar in `n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van `n meisie in `n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?
Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: `n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook `n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?
Volmaan
`n Onderwyseres wat op volmaannagte in `n weerwolf verander. `n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang.
`n Eksperiment wat jou in `n insek laat verander.
`n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg.
En `n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie.
Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in:
Troetelgedrog
Tande
Nag van die monsters
Nagvlerke
Voelers