Dolfie Weerwolfie: Volmaan

Dolfie is saam met sy klasmaats op ’n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai … Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel ’n storie. Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie! Maar Noura kom agter iets is fout en besluit om vir Dolfie te agtervolg …

Dolfie Weerwolfie

Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis ’n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud! Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf! Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie ’n weerwolf wees nie!” “Dalk gaan dit vanself weg,” stel Timmie voor. “Ja, jy kan maklik praat,” grom Dolfie. “En wat as dit nie weggaan nie? Wat dan?”

Professor Fungus Omnibus 1

Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, ’n klomp vreesaanjaende visse, ’n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word … en beleef ’n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!

Magriet die stadshoender

In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee het saam hope pret en gaan op hope avonture, soos om ʼn eierdief op te spoor.

Ander boek: Magriet hou konsert

BEKRONING:

ATKV-Kinderboektoekenning

Dagboek van ’n dork 2: Stories van ’n nie-so-gewilde partytjiepop

Nikki begin uiteindelik in haar nuwe skool aanpas. Sy het twee cool vriende en Brandon het haar uiteindelik begin raaksien. Nikki wil saam met Brandon na die skooldans gaan , maar wanneer MacKenzie begin spog dat sy saam met Brandon gaan, besluit Nikki om liewer na haar sussie se partytjie te gaan. Later vind sy uit dat MacKenzie gejok het, en Nikki besef haar droom om saam met Brandon dans toe te gaan kan waar word. Maar hoe woon jy twee partytjies tegelyk by?

Dagboek van ’n dork 1: Stories van ’n nie-so-fantastiese lewe

Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild. Sy’s ’n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. Wanneer sy vir die kunskompetisie inskryf, vind sy uit dat die mislikste meisie in die skool ook nou haar grootste kompetisie is! Wat staan ‘n dork te doen? Lees Nikki se dagboek vol drama en dinge en maak reg om die dork in jouself ’n drukkie te gee.

Z is for Zack 2: A Slimy Surprise

Z is for Zack – now available in English! A Slimy Surprise: One rainy day, Zack and Vincent discover a slimy frog in the garden. It gives them a brilliant plan. They are going to take the frog to school. The frog will give the twins in their class a huge fright! But when Brett the bully gets his hands on the frog, there is lots of trouble …

3 books: Ready to race, Tree House trouble, a Slimy surprise

Keegan & Samier #2: Die sokker-fiasko

Keegan en Samier is beste vriende. Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …

Lea lief honde: hik, hik hoera!

Om diere te red, is in Lea se bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.

Olke Bolke, Lulu

Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word! Dan verskyn ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – ’n baba-reuk! Dis groot pret om vir hom babakleertjies te maak. Maar Greta, die nuwe meisie in die klas, dink sy is ’n baie beter modeontwerper as Lulu – en hulle besluit om ’n modevertoning te hou! Lees ook die vorige titels in die reeks:

1. Oe la la, Lulu

2. Bravo, Lulu

3. Oepse daisy, Lulu

4. La di da, Lulu

5. Hokaai, Lulu