Daar is ’n nuwe seun in Sanri en Markus se klas; en hy het ’n buikspraakpop wat soos ’n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net ’n pop? En is Jamahl werklik só ’n goeie buikspreker? Superjoernalis Sanri Steyn stel ondersoek in …
speur
Om geheime te ontrafel…
Sanri Steyn omnibus 2
Drie Sanri Steyn-stories in een omnibus! Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou! Vir die eerste keer is die Sanri-reeks nou in ’n bekostigbare omnibus-formaat beskikbaar! Die drie titels in hierdie omnibus sluit in: # 5: Die monsters van Middernagstraat Sanri se neus begin kriewel toe ’n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding – sy ruik ’n storie! Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Müller se oulike skoothondjies ’n oomblik lank in ’n monster verander … ’n Nare monster met bloedrooi oë, ’n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek. Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn … # 6: Die nag van die weerwolwe Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie ’n sappige rou steak in haar kosblik? Wat soek sy by die slaghuis en waarom koop sy soveel vleis? En hoekom lyk dit of sy supersterk is? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom ’n storie … Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is ’n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys? #7: Die vampiere van vlermuishoogte Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte – ’n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie … Waarom het Danté se pa ’n skaduwee soos ’n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?
Sanri Steyn omnibus 1
Vier Sanri Steyn-stories in een omnibus! Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – as daar nie ruimtewesens oorkant die straat intrek nie, probeer iemand die hele skool se kinders in zombies verander! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou! Vir die eerste keer is die eerste vier Sanri-stories nou in een lekkerlees-omnibus beskikbaar! Dit sluit in: #1: Doktor Zombos se geheime formule Sanri droom daarvan om eendag ’n joernalis te word – en toe sy en haar ma na die klein dorpie Raaiselfontein trek, besluit sy om haar eie koerant te begin. Die Raaiselfontein Gazette sal propvol opwindende nuus wees. Maar sommer gou vind Sanri uit alles is nie pluis op Raaiselfontein nie. Waarom tree almal so vreemd op? En wat het die lekkergoedfabriek daarmee te doen? Saam met haar nuwe vriend, Markus, besluit Sanri om die geheim te probeer ontrafel … # 2: Die aliens oorkant die straat Toe daar nuwe intrekkers oorkant die straat is, begin Sanri se neus kriewel – soos altyd wanneer sy ’n lekker sappige storie ruik. Hoekom trek die nuwe mense een nag tydens ’n woeste donderstorm in? Waarom ry hulle met so ’n vreemde borrelkar? En waarom tree die twee kinders met hulle silwerwit hare so snaaks op? Sanri is seker hulle nuwe bure is aliens. Sy moet net die bewyse kry, anders kan sy vergeet daarvan om ’n storie daaroor te skryf. # 3: Die seun met die superkat-kragte Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op – hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood … en hy het ’n ongelooflike geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. ’n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem. # 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.
Speurder Kwaaikofski: Omnibus 1
Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus-uitgawe bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van ’n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en ‘n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.
Sanri Steyn 8: Die rustelose mummie
Wat is die mummie se geheim?
Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn.
Sanri hou nie juis van grillerige goed soos mummies nie. Maar sy is nogtans opgewonde toe sy hoor ’n rondreisende uitstalling met artefakte uit antieke Egipte gaan Raaiselfontein se museum besoek. Uiteindelik gebeur daar iets waaroor sy in haar koerant kan skryf!
Maar kort voor lank begin vreemde dinge gebeur. Hoekom lyk die mummie so vreemd op foto’s? Waarom draai iemand snags die dorp se standbeelde in toiletpapier toe? En waarom raak die kurator van die museum en sy dogter elke aand onverklaarbaar aan die slaap?
Sanri se neus begin kriewel. Kan dit wees dat die mummie lewend word? En wat wil hy hê? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom ’n storie …
Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Sanri Steyn 6: Die nag van die weerwolwe
Sanri Steyn droom daarvan om eendag `n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie `n sappige ROU steak in haar pousekosblik? Wat soek sy by die slaghuis en waarom koop sy soveel vleis? En hoekom lyk dit of sy supersterk is?
As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom `n storie …Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is `n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys?
Sanri Steyn 5: Die monsters van middernagstraat
Sanri Steyn droom daarvan om eendag `n wereldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.Sanri se neus begin kriewel toe `n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding: sy ruik `n storie!
Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Muller se oulike skoothondjies `n oomblik lank in `n monster verander …
`n Nare monster met bloedrooi oe, `n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek.
Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn …
Sanri Steyn 5: Die monsters van middernagstraat
Sanri Steyn droom daarvan om eendag `n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.Sanri se neus begin kriewel toe `n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding: sy ruik `n storie!
Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Muller se oulike skoothondjies `n oomblik lank in `n monster verander …
`n Nare monster met bloedrooi oë, `n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek.
Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn …
Sanri Steyn 6: Die nag van die weerwolwe
Sanri Steyn droom daarvan om eendag `n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie `n sappige ROU steak in haar pousekosblik? Wat soek sy by die slaghuis en waarom koop sy soveel vleis? En hoekom lyk dit of sy supersterk is?
As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom `n storie …Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is `n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys?
Speurder Kwaaikofski 12: Muise en gespuise
Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer sy speursake soos `n speurder in die Middeleeue op te los nie! En dit is ook nie `n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste saak lei hom op `n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde wêreld van kuberkrakers. Hy moet `n geheimsinnige rekenaarspeletjie genaamd Towertuin opspoor, voor dit dalk te laat is . . .