Sanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragte

Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op: hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood … en hy het `n groot geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. `n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.

Speurder Kwaaikovfski: Monster, maan en mottegif

Kwaaikovski is geen amateur nie – hy verkies om agter die skerms te werk. Maar in sy nuutste ondersoek beland hy in die kollig op die verhoog! Drie akteurs met hoofrolle in die skoolopvoering het onder vreemde omstandighede bedank…En net die mees talentvolle speurder in die dorp sal nou die skoolfees kan red!

Speurhond Willem en die diamantdiewe

In hierdie sesde avontuur is Adriaan en Willem nader aan eie bodem aan die werk: in Nambie moet hulle ’n bende diamantsmokkelaars help vasvat. Maar hier moet hulle met ’n ander betroemde speurhond saamwerk: sersant-majoor Maximiliaan. Hulle is net nie so seker of hy en sy patrolliemaat, konstabel Kolgans, vertrou kan word nie … Die ander titels is Speurhond Willem op reis, Speurhond Willem en die seerowers, Speurhond Willem en die wilddiewe en Speurhond Willem in die ruimte en Speurhond Willem in New York.

Speurder Kwaaikofski: Die stinkstorie

Bloot ‘n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om ‘n nuwe saak te ondersoek. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na ‘n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in ‘n baie gevaarlike situasie. Alleen en verdwaal in ‘n doolhof van donker tonnels, kry die speurder uiteindelik snuf in die neus.

Speurder Kwaaikofski: Vuilspel en nat voete

Olga is ontroosbaar: haar luukse motor is beskadig! Kwaaikofski kom gou agter daar is meer as een motor met krapmerke op. Die leidrade neem hom na die karwassery in Hoofstraat. Maar die eienaar en sy skropborsels en skoonmaakmiddels is dalk baie gevaarliker as wat hy lyk . . . Ouderdom 6-10 jaar

Speurder Kwaaikovski: Speurder teen speurder

Kinders is mal oor Speurder Kwaaikofski! Uiteindelik kan hulle nog `n heerlike speuravontuur geniet. Kwaaikofski het kompetisie: `n ander speurder krap in sy slaai! Hierdie ou noem homself ’Koning’ en is heeltemal te groot vir sy skoene. Kwaaikofski kan dit beslis nie daar los nie – hierdie dorp is te klein vir albei van hulle. `n Speurkompetisie sal bewys wie nou eintlik die speurkoning is.

Dogtective William and the pirates

Alex’s mum wins a luxury cruise holiday and takes her son along. Willem plays stowaway in Alex’s backpack and later in a linen closet on board. When modern day pirates take the ship hostage William’s sleuth skills save the day. Alex and William work together to foil the pirates’ plans, which include locating and stealing a treasure on the tiny island of Trommelin. This is the second book in the series. The third, Dogtective William and the Poachers, will be released in February 2014.