’n Indiaanse fetisj word gesteel uit die Etnologie-museum, maar word dan teruggebring. Fyn detail verraai dat ’n namaaksel, in plaas van die oorspronklike, teruggebring is. Dit is duidelik dat die fetisj toegewikkel is in ’n raaisel, aangesien die diefstal so noukeurig verbloem is. Tot Spokie se ergernis is Kuifie so verdiep in die raaisel dat hy die spoor volg tot in Suid-Amerika waar Kuifie die gesteelde fetisj moet gaan haal. Kuifie raak egter betrokke in meer avonture as net die gesteelde fetisj.
strokies
Strokieverhale – stories in prente
Die avonture van Kuifie: Die sigare van die Farao
Tientalle Egiptoloe het al probeer om die grafkelder van Farao Kih-Oskh te vind en elkeen het in die proses verdwyn. Kuifie en Spokie ontmoet die misterieuse en eksentrieke Egiptoloog, Doktor Sarkofaag en gou beland hulle self in die soektog. Dit word duidelik dat die grafkelder veel meer as sand en mummies bevat. Hulle volg ’n leidraad – ’n simbool op ’n sigaarbandjie – en Kuifie en Spokie bots met ’n bende smokkelaars. Die avontuur neem hulle van Arabie na Indie en Kuifie moet alles uithaal om nie in die smokkelaars se web te beland nie.
Die avonture van Kuifie: Die swart eilande
In Die swart eiland (1938) is Kuifie vir die eerste maal warm op die spoor van Dokter Müller. Laasgenoemde bestuur ’n gestig van ’n vreemde aard: diegene wat toegelaat word, is nie noodwendig geestelik versteurd nie. Die spoor van Dokter Müller lei Kuifie na die Swart Eiland in Skotland waar hy verdagte aktiwiteite teëkom. Aanvanklik moet hy ’n gorilla trotseer wat ’n herehuis op die eiland bewaak, maar gou sien Kuifie dat die gorialla slegs die begin van al sy probleme is!
Die avonture van Kuifie: Die blou lotus
In Die blou lotus (gepubliseer in 1936), jaag Kuifie dwelmsmokkelaars al die pad na China. Kuifie gaan dryfkrag, waagmoed en intelligensie nodig hê om die hindernisse te oorkom, maar hy ontmoet ’n jong Chinese seun, Tsjang, wat hom om elke hoek en draai bystaan. (Tsjang was, inderwaarheid, regtig Hergé se vriend.) Rastapopoulos – ’n bekende boef wat Kuifie gereeld teëkom – bewys homself as ’n gedugte teenstander. Die avontuur neem Kuifie van die opiumhoekies in Shanghai na die indrukwekkende Yangtze Kiang!
Die avonture van Kuifie – Tempel van die son
Kuifie, Spokie en Kaptein Sardijn moet `n ontvoering ontrafel, want Professor Phosfatus het spoorloos verdwyn. Dit het te doen met die ou vloek van die Inka`s en die leidrade neem hulle na Peru. Almal is egter bang vir die Prins van die Son en slegs Zorrino, die jong lemoen-verkopertjie, is bereid om hulle te help. Hulle onderneem `n lewensgevaarlike reis deur die Andes-gebergtes en beland op die ou end in `n kerker waar hulle gevange gehou word en `n afgryslike einde in die gesig staar.
Die avonture van Kuifie – Die sewe kristalballe
Sewe ontdekkers bring `n mummie van Rascar Capac, wat uit `n Inka graf gesteel is, as buit saam na afloop van `n reis na Peru. Die ontdekkers word egter een vir een getref deur misterieuse siektes en die fragmente van `n kristalbal word langs elke ontdekker gevind. Kort voor lank word Kuifie en Kaptein Sardijn se hulp ingeroep. Hulle vind uit dat daar `n oer-oue vloek rus op diegene wat Inka se graf ontheilig. Dan verdwyn die mummie, en `n rukkie later word Prof. Phosfatus ontvoer. Kuifie, Spokie en Kaptein Sardijn bevind hulle in die eerste helfte van ’n merkwaardige Suid-Amerikaanse avontuur.
Die avonture van Kuifie – Die skat van Rackham die rooie
Kuifie, Spokie en Kaptein Sardijn vertrek op `n reis om die skat van Rackham die Rooie te vind. Gelukkig het hulle in Die geheim van De Eenhoorn ’n belangrike leidraad ontdek oor die plek waar die skat weggesteek is. Dis is egter nie `n maklike soektog nie, veral toe speurders Buys en Uys en Professor Phosfatus betrokke raak. Na `n reeks vreemde ontdekkinge op `n verlate eiland en gevaarlike onderwater-aktiwiteite, eindig die skattejag op ’n onverwagte manier.
Kuifie: In die land van swart goud
Wie probeer die Europese verskaffers van petrol saboteer en hoekom? `n Internasionale krisis dreig om in `n oorlog te ontaard as die saboteurs nie gevang kan word nie. Kuifie se hulp word ingeroep en saam met Spokie bevind hy homself in dorpies en woestyne in die Midde-Ooste. Hulle is op die spoor van die bose saboteurs, maar hul pogings om die boosaards vas te trek word bemoeilik deur gevare wat buitengewoon erg is, selfs vir Kuifie.
Kuifie: Bestemming maan
Kuifie, Spokie en Kaptein Sardijn word skielik deur Professor Phosfatus ontbied om hom te gaan help by die Sprodji Atomiese Navorsingsentrum in Sildawie. Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat Professor Phosfatus van plan is om `n vuurpyl te lanseer. Hulle besef egter nie watter gevare op hulle wag nie. Ten spyte van al die probleme vertrek hulle op die gevaarlikste reis wat nog ooit deur mense aangepak is.