1000 Nuttige Woorde

Kleurvolle woordeboek vol pret!Hierdie prettige, kleurvolle woordeboek is ideaal om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Met volop selfstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde is daar ook allerlei opwindende onderwerpe: van wilde diere, beroepe en storietyd tot plaaslewe en kleure, vorms en getalle. Daar is volop dinge om te sien op elke bladsy en vyf eenvoudige, maklik leesbare stories stel nog meer woorde aan die kind bekend en help om vroeg reeds skryfvaardighede te ontwikkel.
Hierdie boek is geskep in samewerking met `n vooraanstaande opvoedkundige konsultant, Penny Coltman, en is geskik vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer.
Die boek bevat ook heelwat besprekingspunte om taalontwikkeling aan te moedig, en die duidelik gemerkte prente bevorder lees- en skryfvaardighede.

Pharos English for

Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreels en nalsaanlyste in, en die tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die wereld.
KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal vorm die basis vir die onderwerpe wat in die boek bespreek word. Hierdie onderwerpe sluit onder meer die volgende in: punktuasie, sametrekkings, woordsoorte, letterlike en figuurlike betekenis, geluide van dinge en diere, tye, sinonieme en antonieme, homonieme en homofone en leenwoorde, om maar n paar te noem. Dit bevat ook n lys met handige literere terme soos hiperool, klanknabootsing en personifikasie, sowel as nuttige notas oor skriftelike werk.

Die tweede deel van die boek fokus op algemene kennisfeite soos die nasionale simbole van Suid-Afrika, wie ons buurlande is, waar ons elf amptelike tale gepraat word, wie die wereldleiers is, watter geldeenheid waar gebruik word, en groot uitvindsels van die wereld.

Die eenvoudige uitleg en duidelike leiding maak hierdie titel n moet-he vir elke leerder wat Afrikaans as n Huistaal of Eerste of Tweede Addisionele Taal wil slaag. Dit is ook n handige naslaanbron vir volwassenes.

English dictionary for South African schools

Pharos’s brand-new monolingual English dictionary focuses on defining approximately 10 000 frequently used Standard English words, expressions and phrases, which learners need in their everyday lives. Every word, expression or phrase treated in Pharos’s English Dictionary for South African Schools, provides a simple definition, and the use thereof is illustrated by a complete sentence. The dictionary includes grammatical information such as the part of speech for each lemma, plural forms of nouns, past tense forms of verbs, negative forms of adjectives, and masculine and feminine forms. Abbreviations are treated in the main list, and cross references are used in cases where users can find more information at a related word.

Wegkruipertjie: Eerste woorde

Leer speel-speel `n klomp nuwe woorde! Deursoek die bladsye vir diere, voertuie, dinge in die huis en vele meer. Ontrafel die rympies, ontdek die prettige verrassings en moenie van Besige Bytjie vergeet nie. Hy kruip in elke toneel weg! Daar is meer as 300 eerste woorde om te soek en 21 foto`s met hope besonderhede.

My lig-die-flappie woordeboek

Al die flappies in hierdie boek sorg dat dit groot pret is om uit te vind watter woorde by watter prentjies pas. Dit is die ideale manier vir beginnerlesers om eerste woorde te oefen en te leer herken. Daar is ook heelwat vir jonger kinders om te soek, te benoem en te bespreek, om eerste leesvaardighede en woordeskat te ontwikkel.

Die Nuwe moeg-gesoek Blokraaigids

Die nuwe uitgawe spog met sewe afdelings wat elk weer uit `n aantal onderafdelings bestaan. Die afdelings handel o.m. oor aardrykskunde, Bybelkennis, die kunste, politiek, skoonhede en sportsterre. Daar is ook `n afdeling oor algemene wetenswaardighede, soos internasionale registrasienommers, danse en pleknaamveranderinge in Suid-Afrika ingesluit. In die afdeling oor Aardrykskunde kan gebruikers bv. die name van berge, eilande, mere en damme, geldeenhede, riviere, woestyne, watervalle en fjords, hoofstede en oseane naslaan. Die afdeling oor die kunste bevat die name en vanne van akteurs en aktrises (ook uit Bollywood), die van komponiste, sangers en sanggroepe, skilders en beeldhouers, skrywers, TV-persoonlikhede en -aanbieders.

My eerste woordeboek

`n Vrolike en prettige woordeboek vol kleurryke illustrasies. Maklike woord-prent-assosiasies word in vier tale, Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas geplaas. Van die temas sluit in klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie.

Afrikaanse Woordelys en Spelreëls 10de uitgawe

Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls(AWS) is deeglik nagesien om te verseker dat die nuwe, tiende uitgawe, ‘n effektiewe naslaan-middel bly vir die standardisering van Standaard Afrikaans. Nuwe woorde is bygesit, die seksie oor informele Afrikaans is bygevoeg en die reëls aangaand hoofletters if verminder en vereenvoudig.

My Eerste Prente-woordeboek

Kinders speel graag met woorde en die aanleer van `n nuwe taal kan groot pret wees. Hierdie vrolike en kleurryke tweetalige prentewoordeboek is spesiaal ontwerp om jong kinders se taal- en leesvaardigheid te ontwikkel. Die eenvoudige bladuitleg maak dit maklik om die woordeboek te gebruik, en eenvoudige woord-prent-assosiasie word ingespan om die heel kleintjies bekende en ook minder bekende Afrikaanse en Engelse woorde te leer. So maak hulle speel-speel kennis met meer as 200 woorde, gegroepeer in alledaagse temas waarmee hulle kan identifiseer. Dit bied ook `n prettige eerste kennismaking met basiese konsepte soos kleur, getalle en die weer, en deurlopende vrae moedig kinders aan om fyn op te let en te praat oor wat hulle sien.