Louis Krüger is 25 Oktober 1955 in Upington langs die Oranjerivier gebore.
Hy studeer Teologie en Afrikaans-Nederlands aan Universiteit Stellenbosch. In
1984 verhuis hy na Nederland waar hy as predikant van die Gereformeerde kerk in
die gemeentes in Nieuwlande en Sliedrecht werk. Sedert 1994 is hy verbonde aan
die Koningskerk Rotterdam-Feyenoord. Louis Krüger se eerste boek, Die
skerpskutter (1981) is met die Eugène Maraisprys bekroon. 'n Basis oorkant
die grens (1984) handel oor die oorlog in die voormalige Rhodesië. Jeugverhale
is Murasie in die stad, Donkerboskind en Son op die water.
Donkerboskind, Son op die water, Gevaarlike land en
Herinnering aan Agnes is in Nederlands vertaal. Oor die Nederlandse
vertaling Son op die water (Zon op het water) sê Hans Ester:
"Een buitengewoon spannende en huiveringwekkende roman. Het is volstrekt geen
kinderboek, maar veeleer voor alle lezers vanaf vijftien jaar bestemd. In zijn
verlangen naar een leven in harmonie met de wetten van de aarde is Manasse vergelijkbaar
met de hoofdpersoon uit 'Life and times of Michael K.' van J.M. Coetzee." Publikasies
- Die skerpskutter - 1981
- 'n Basis oorkant die grens -
1984
- Murasie in die stad (jeugroman) - 1984
- Donkerboskind
(jeugroman) - 1985
- Son op die water (jeugroman) - 1989
- Gevaarlike
land - 1990
- Herinnering aan Agnes - 1995
- Wederkoms
- 2001
|