J. M. Friedenthal
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

J. M. Friedenthal (1887-1959) was 'n baie produktiewe skrywer van avontuurverhale vir die jeug en jong volwassenes.

J. M. Friedenthal het veral avontuurverhale geskryf. Ondank is die wereld se loon (1931) en Nukkebol Reinard (1936) is 'n Afrikaanse uitbreiding van die Reinard-tema - die slim vos wat al die diere om die bos lei. Hierdie twee boeke word in 1949 opgevolg met verdere avonture van Reinard in die minder geslaagde 'n Ridder in oneer.

Uilskuiken die slaaf (1936) handel oor 'n slaaf uit Oos-Afrika wat in die Kaap verkoop word. In drie verhale, Die avonture van Ras Sjoema (1938), Die verlore prins (1941) en Onder die kannibale (1950), tree Ras Sjoema, lid van 'n onwaarskynlike wit inboorlingstam uit Sentraal-Afika, as held op. In drie verhale ontmoet ons Swazi's as hoofkarakters: Nocoba (1942), Wagter van die koning se beeste (1937) en Die izinyanga (1943).

Benewens fiksie skryf Friedenthal ook realistiese dierverhale: Oerwoudbure (1938), Langs gapende rotswande (1938); historiese verhale: Lottie McGlyn (1946), Doodsengel op die waspoor (1939), Die baas van Vergelegen (1942) en Van Riet - verkenner (1943), Die vlermuis (1940) en Op die spoor van die gorilla (1935).

Die hoek se nuwe hoof (1945) is meer op volwassenes gerig terwyl sy spookverhale Die voorbode en ander spookverhale (1938) ook deur kinders gelees is. Die ysbaan van Haasburg (1946) is seker sy enigste boek wat spesifiek vir die jonger kind bedoel is.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Ondank is die wereld se loon (1931)
  • Op die spoor van die gorilla (1935)
  • Nukkebol Reinard (1936)
  • 'n Ridder in oneer (1949)
  • Uilskuiken die slaaf (1936)
  • Wagter van die koning se beeste (1937)
  • Oerwoudbure (1938)
  • Langs gapende rotswande (1938)
  • Die voorbode en ander spookverhale (1938)
  • Die avonture van Ras Sjoema (1938)
  • Doodsengel op die waspoor (1939)
  • Die vlermuis (1940)
  • Die verlore prins (1941)
  • Nocoba (1942)
  • Die baas van Vergelegen (1942)
  • Van Riet - verkenner (1943)
  • Die izinyanga (1943)
  • Die hoek se nuwe hoof (1945)
  • Lottie McGlyn (1946)
  • Die ysbaan van Haasburg (1946)
  • Onder die kannibale (1950)
Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2009