Alet Steenkamp
 
April 2007


skrywers

storiemakers


 

 

Alet Steenkamp is medeskrywer van tienermeisieboeke. Sy is mal oor tienerboeke lees en goeie flieks.

Alet woon in Pretoria saam met haar man Nic, haar seuntjie Adriaan en tienerdogter, Christine. Sy is mal oor diere. Sy het vier katte en vier honde en sal enige tyd nog katte wil hÍ. Sy is ‘n Afrikaansonderwyseres in die hoŽrskool, maar hou nie nou skool nie. Sy is mal oor donker sjokolade, tienerboeke lees, skryf en Rock- en alternatiewe Afrikaanse musiek. Verder maak sy graag tuin en kyk dikwels goeie flieks (want sy is ‘n sucker vir ‘n goeie storie).

Saamskryf

Alet en Nerine Ahlers het begin saamskryf toe hulle besef het dat daar nie genoeg lekker tienermeisieboeke op die mark is nie (dit was voordat Maasdorp en ReŽnboogrant herdruk is). Hulle skryf die tienerboeke altyd saam. Nerine tik op haar skootrekenaar en hulle praat saam en besluit woord vir woord wat om te skryf. Dit is ‘n ongelooflik opwindende ding om so saam te skryf. ‘n Mens druk mekaar verder as wat jy as individu sou dink of waag. Dit veroorsaak dat die karakters en situasies by enige persoonlike ervarings verbygroei.

Die twee boeke wat reeds verskyn het, is

  • Selfone, skelms en sjokolade - 2006 (Lapa)
  • SMS’E, skurke en spinnekoppe - 2007 (Lapa)

(Inligting verskaf deur Alet Steenkamp, Maart 2007.)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012