Annelie Ferreira
 
April 2015


skrywers

storiemakers


 

 

Annelie Ferreira is 'n taalpraktisyn, skrywer an artikels en rubrieke - en ook die skrywer van pryswenner jeugromans.
annelie ferreira

Behalwe vir ’n paar vroeë jare in Kimberley en Johannesburg het Annelie Ferreira tussen Bellville en Durbanville in die Kaap grootgeword. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Bellville, en behaal ’n BA aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ’n Nagraadse Diploma in Vertaalkunde.

Sy werk voltyds as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers vir ’n paar jaar, en werk daarna deeltyds en vryskut vir ’n verskeidenheid uitgewers en publikasies.

Sy skryf artikels en rubrieke vir ’n verskeidenheid publikasies, en publiseer ’n aantal nie-fiksieboeke, onder andere Daar’s ’n mens binne, Die dag toe ons God gevang het en Eva ontmoet Einstein, asook ’n roman, Hoekom honde nie kan sing nie. Sy is ook die samesteller van Paaie, ’n boek oor verskillende godsdiensperspektiewe.

In 2012 wen sy die Sanlam-prys vir Jeuglektuur vir haar eerste jeugboek, Tot siens, koning Arthur. Hierdie boek wen ook die M.E.R.-prys vir Jeuglektuur in 2013.

In 2013 verskyn Dit vat guts, Maar Tintin in Tibet en ’n Kameel, ’n sprinkaan en ’n vrot tamatie. In 2014 wen sy weer die Sanlam-prys vir Jeuglektuur vir Chuck Norris kan deel deur nul.

 

(Inligting verskaf deur Annelie Ferreira April 2015)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2015