Annelize Snyman
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Annelize Snyman skryf jeugromans oor die verhouding tussen mens en dier.

Die fokuspunt in drie van Annelize Snyman se vier jeugromans is die verhouding tussen mens en dier. In Arka (1984) stry die dertienjarige Isabel 'n verbete stryd om haar geliefde hond, Arka, te behou, in Ula van die see (1986) is die verhouding tussen 'n blinde meisie en 'n dolfyn ter sprake en in Balthasar knoop 'n tienerseun 'n vreemde soort vriendskap met 'n haai aan.

Sandedans (1987) is die enigste verhaal deur Snyman waarin daar nie diere figureer nie. Tobie, veertienjarige boekwurm en introvert, blink nie uit in sport nie en word om hierdie rede deur sy pa as 'n tou-opgooier beskou. Wanneer die Cessna 207, waarin Tobie 'n passasier is, in die Namibwoestyn neerstort kry hy die geleentheid om sy boekekennis van die woestyn en elektronika prakties toe pas en kan hy uiteindelik aan sy pa bewys dat hy nie 'n lafaard is nie.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Arka (1984)
  • Ula van die see (1986)
  • Balthasar
  • Sandedans (1987)
Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012