Cecilia Steyn
 
Jul 2016


skrywers

storiemakers


 

 

Cecilia Steyn is die skrywer van liefdesverhale vir tieners. Op die dappere ouderdom van 40 waag sy haar die eerste keer aan die skryfkuns, en hierna vloei die stories uit haar pen.
cecilia steyn

Cecilia Steyn is die trotse ma van twee pragtige seuns. Sy woon in Klerksdorp in Noord-Wes saam met haar man, Johan en hul jongste seun Francois. Die twee gediertes in haar huis is die gesin se gemmerkat, Musca en Labrador, Oreo. Deesdae as sy nie lees nie, skryf sy. Sy is op 9 September 1974 in Welkom in die Vrystaat gebore, die jongste van drie kinders, was sy nog altyd lief vir skilder en skets en was kuns op Hoërskool haar gunsteling vak. In 1992 voltooi sy matriek.

Na skool skop sy haar loopbaan af in die kleinhandel Apteekbedryf.

In Desember 1995 trou sy met Johan Steyn. In 1998 met die geboorte van haar tweede kind speel sy tuisteskepper vir die volgende vier jaar. In 2000 vereis Johan se werk dat hulle na Noord-Wes moet verhuis. In 2002 begin sy by een van Klerksdorp se grootse apteke te werk. Kort voor lank word sy betrek by die administrasie kant van die bedryf en vandag is sy steeds die Tak Administreerder van HealthPharm Wilkpoppies.

Op die dappere ouderdom van veertig probeer sy in 2014, onder die mentorskap van haar broer en bekende skrywer, Fanie Viljoen, vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns.

In 2015 verskyn drie kortverhale in die tydskrif, Vrouekeur. Evan se Pizza, Die Affair en Belliedans op die duine.

In September 2015 woon sy die ATKV-Lenteskool vir skrywers van Romanses by en vind dit baie insiggewend.

In Januarie 2016 word haar eerste jeugroman – Die Meisie op die dakdeur Lapa uitgewers gepubliseer.

In Februarie 2016 publiseer Human & Rousseau Hartklop, die eerste boek in ‘n reeks vir tienermeisies.

Cecilia is mal oor sjokolade. Sonder musiek sal sy mal word en soms geniet sy dit om haar hande vuil te maak en saam met haar man aan hul huis te help restoureer of in die tuin te werk.

 

(Inligting verskaf deur Cecilia Steyn, Junie 2016)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2016