Chris Karsten
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Chris Karsten skryf lekkerlees avontuurverhale.

Chris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal 'n B.A.-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (1970). As koerantjoernalis by die Volksblad, Beeld en Rapport reis hy wêreldwyd. Hy woon saam met sy vrou, drie seuns, hond, kat voëltjie, en vyf visse in Westdene in Johannesburg.

Floris Sapiens: 'n fantasie (1985) is 'n wetenskapsfiksieverhaal wat uniek in Afrikaans is. Dit verwerf in 1985 die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer). Die jokkie wat met perde kon praat (1997) is 'n avontuurverhaal oor 'n seun wat met perde kan praat.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Floris Sapiens: 'n fantasie (1985)
  • Die jokkie wat met perde kon praat (1997)

Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) in 1985 vir Floris Sapiens: 'n fantasie (1985)

Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012