September 2010


skrywers

storiemakers


 

 

Christa Jonker-Jordaan skryf van gedigte tot dagstukkies, boeke vir ma's en vir dogters, geskenkeboeke en aktuele boeke vir tieners.

Christa Jonker-Jordaan is drie en vyftig jaar gelede, op 26 September 1956, as die jongste van vyf kinders, in Bloemfontein gebore.

Sy is reeds 35 jaar getroud met Prof. Gerrit Jordaan, wat verbonde is aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat. Hulle het vier kinders, twee seuns en twee dogters. Hulle het twee kleindogters.

Na matriek het sy as 'n klerk by die Ontvanger van Inkomste gewerk, maar was na haar huwelik, met die uitsondering van 'n paar dinge wat sy van die huis af bedryf het, hoofsaaklik ma.

Sy skryf graag vanaf haar hoërskooljare gedigte en prosa. As vryskutskrywer het sy van tyd tot tyd in tydskrifte en op die internet, gepubliseer. In 1998 publiseer sy 'n verseboek, "My valentyn dwarsdeur die jaar,"

Daarna was sy mede-outeur van verskeie publikasies soos dagstukkies en ander Christelike boeke wat deur Carpe Diem Media uitgegee is.

Einde 2005 versoek Carpe Diem Media haar om 'n boek te skryf wat oor die lewe van 'n ma handel. So word "'n Ma is spesiaal" in April 2006 gepubliseer.

In Augustus 2007 sien "Lyf", 'n tienerfiksieboek wat onder andere oor eetversteurings gaan, die lig. Hiervoor kry sy 'n Sanlam woordveertjietoekenning in 2008.

In Maart 2008 word Lyf, tesame met twee nuwe publikasies, "Lus" en "Luuks," opgeneem in 'n omnibus met die oorkoepelende naam: "Chilli Lipstiek."

In Augustus 2008 kom 'n dagstukkieboek waar sy as een van 12 skrywers in deel op die rak.

In Mei 2009 sien 'n roman, "Naglig", tesame met 'n geskenkeboek, "Vir 'n ma" die lig.

Haar heel nuutste boek, "Oudword is nie vir sissies nie," het Januarie 2012 op die rak gekom.

Eersdaags, September/Oktober, sien "Chilli Lipstiek 2", die lig.

(Inligting verskaf deur Christa Jordaan Augustus 2010.)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012