Christine Joubert
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Christine Joubert is die skrywer van Die boekprinses.

Die Boekprinses (1996), Joubert se eerste kinderboek, is 'n moderne sprokie waarin Siemoeraaia en haar seunsmaat, Tinnik, allerlei opwindende avonture beleef. 'n Pers arend met likkewaanpote verskyn op 'n dag op die speelgrond en ontbied die twee kinders na Lowerdal, die koninkryk van Prinses Sonduin. Lowerdal is in die mag van die bose prinses Spinnenag en die enigste manier om dit te verbreek, is om die tande van Prinses Sonduin se goue kam op te spoor. Saam trotseer die twee kinders buitengewone gevare om die koninkryk te red en ontmoet hulle in die proses 'n verskeidenheid wonderbaarlike en bekoorlike wesens.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Die boekprinses (1996)

Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012