Derick van der Walt
 
April 2015


skrywers

storiemakers


 

 

Derick van der Walt is gek oor alle soorte musiek, boer in die fliek as daar tyd is, lees alles wat leesbaar is en hou baie van lekker kos en koue wyn - en skryf pryswenner jeugverhale
derick van der walt

Derick van der Walt is in Virginia in die Vrystaat gebore, maar het in Johannesburg grootgeword. Die gesin het aan die begin van sy hoërskooljare Pretoria toe getrek waar hy matriek aan die Afrikaanse Hoër Seunskool geskryf het.

Hy het 'n honneursgraad in kommunikasiekunde en 'n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan Tukkies voltooi.

Derick is die eienaar van Greenpepper Communication in Pretoria, 'n firma wat in die produksie van korporatiewe publikasies spesialiseer. Hy skryf deeltyds kreatief.

Hy is getroud met Lenie en hulle het drie groot seuns, Tjaart, Werner en André.

Derick is gek oor alle soorte musiek, boer in die fliek as daar tyd is, lees alles wat leesbaar is en hou baie van lekker kos en koue wyn. Die gesin is ook lojale Blou Bul-ondersteuners.


Uit sy pen:

  • Lien se Lankstaanskoene (2008) (Tafelberg)  is bekroon met ‘n Sanlam- en MER-prys, en het eervolle vermelding op die Ibby-ererol ontvang
  • Willem Poprok (2010) (Tafelberg)  is bekroon met ‘n Sanlam- en MER-prys, sowel as die Scheepersprys vir Jeuglektuur.
  • Hoopvol (2012) (Tafelberg)   is bekroon met ‘n Sanlamprys en ‘n ATKV Veertjie.
  • Sy eerste boek vir volwasse lesers, Daan Dreyer se blou geranium, het in 2012 verskyn.
  • Sy nuwe jeugroman, Bambaduze, het in Maart 2015 verskyn. (Tafelberg)  
(Inligting verskaf deur Derick van der Walt - Maart 2015)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2015