Doc Immelman
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Doc Immelman skryf avontuur- en jagverhale soos Onheil in die Kuiseb en Die soektog.

Doc Immelman publiseer aanvanklik in skoolblaaie. Sy eerste kortverhaal verskyn in 1954 in die Huisgenoot. Uit sy pen verskyn meer as 35 boeke, 400 kortverhale en talle artikels en essays. Met sy eerste boek, Verhale uit Suidwes (1958), lei hy 'n lang tradisie in van avontuur- en jagverhale wat afspeel in Namibië.

In Blits (1970) word die verhaal vertel van die wedervaringe van 'n Rhodesiese rifrug en sy baas, Dirkie van der Walt, in die ruwe ongetemde Duits-Suidwes van 1906. In Die beestrek (1974) gaan dit oor twee sestienjarige seuns en hulle handlangers se trek met 'n groot trop beeste na 'n noodweidingsgebied in Namibië. Onheil in die Kuiseb (1983) speel af teen die agtergrond van die stryd tussen die Duitse maghebber en die Topnaars in 1905. Die soektog (1985) het 'n swart seun, Shilongo, en sy suster as hoofspelers.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Verhale uit Suidwes (1958)
  • Blits (1970)
  • Die Beestrek (1974)
  • Onheil in die Kuiseb (1983)
  • Die soektog (1985)
Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012