Elizbè van der Colff
 
November 2014


skrywers

storiemakers


 

 

Elizbè van der Colff is 'n arbeidsterapeut wat ook haar kinderdroom volg - om te skryf. Nina en die wacky hare is bekroon met 'n ATKV-kinderboektoekenning.
elizbe van der colff

Ek het in Bellville en Oudsthoorn grootgeword in die dae toe kinders nog buite gespeel het en my ouers se huis maar net een van die huise in ons buurt was waar ek grootgeword het.

Na matriek by Hoërskool Oudthoorn is ek na die Universiteit van Stellenbosch en het my B.Arbeidsterapie graad in 1996 behaal. Ek het my toegespits op kinderontwikkeling en het eers by Orion sentrum vir gestremdes gewerk, waarna ek my eie privaatpraktyk bedryf het.
Intussen is ek getroud met my sielsgenoot en beste vriend, Nico en ons het drie kinders: Cara, Niel en Annalise.

Onlangs het ek weer onthou van my kinderdroom en het ‘n kinderboekskryfkursus bygewoon. Ek het nooit weer teruggekyk nie. Skryf is my passievolle stokperdjie. Verder sing ek in die acapella groep, 8 Misses Croon vir wie ek ook liedjies in stemme verwerk.

Publikasies:

  • 2011 – Buksie en die maantuig (Fynbosskrywers-CD, Dierestories)
  • 2012 – Nina en die funky eksperiment (Tafelberg)
  • 2013 – Kortverhale gepubliseer in ‘n Via-Afrika leeshandboek (graad 6), Vrouekeur en Bazoo-tydskrif
  • Buksie red ‘n planeet (Fynbosskrywers-CD, Fantasiestories)
  • 2014 – Nina en die funky eksperiment (Tafelberg)
  • Snowy de Wit en die sewe smurfies (Kliekclick ePub)
  • Vuma Afrikaanse leesreeks, graad R en graad 1 (Pearson) – reeds in die publikasieproses
    Die piekniek
    Deurmekaar
    Newton word gered
    Kabelo se dinosourus
    Die maanman

Toekennings

  • 2013 Kortlys vir die MER-kinderboektoekenning (Nina en die wacky hare)
  • Wenner van ‘n ATKV-kinderboektoekenning (Nina en die wacky hare)
  • Wenner van die Intiem-tydskrif kortverhaalkompetisie (Tuiskoms)
  • 2014 Algehele wenner van die Kliekclick kortverhaalkompetisie (Snowy de Wit en die sewe smurfies)

(Inligting verskaf deur Elizbè van der Colff, November 2014)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2014