Elsa Hamersma
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Elsa Hamersma het gedebuteer met 'n wetenskapsfiksie, Die teken van crux.

Elsa Meiring Hamersma word in Pretoria groot waar sy ook 'n BA-graad aan die plaaslike universiteit behaal. Sy verwerf 'n Hoër Onderwysdiploma en 'n M. Ed.-graad met lof. Aan die Randse Afrikaanse Universiteit behaal sy 'n doktorsgraad in linguístiek. Haar spesialisgebied is tweedetaalonderrig, Afrikaans, sowel as Engels. Sedert 1990 is sy ook betrokke by tweedetaalonderrig aan volwassenes aan die RAU. Elsa Hamersma skryf ook kortverhale vir tydskrifte. Sy hou van naaldwerk en reis, is getroud met André Hamersma en het drie kinders.

Die teken van Crux (1997) is wetenskapsfiksie en speel af aan die einde van die twintigste eeu. Die sestienjarige sendelingdogter, Mia Basson, wen 'n internasionale opstelwedstryd, wat haar en nog ander wenners van dwarsoor die wêreld na Washington in die VSA neem om onder andere om aan 'n TV-debat deel te neem en die Amerikaanse president te ontmoet. Hier raak haar lewe op 'n vreemde wyse verweef met dié van die Centauriërs, welwillende besoekers van 'n ander sonnestelsel, wat besig is met 'n studie oor die primitiewe aardlinge. Hamersma het ook die Sanlamprys vir dié roman ontvang.

Later ontvang sy ook 'n tweede prys in 'n wedstryd van FNB/Kagiso-uitgewers vir die ongepubliseerde Die hart van Hillbrow.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Die teken van Crux (1997)
  • Die hart van Hillbrow

Sanlamprys vir Die teken van Crux (1997)

Tweede prys in 'n wedstryd van FNB/Kagiso-uitgewers vir die ongepubliseerde Die hart van Hillbrow.

Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012