Engela van Rooyen
 
Mei 2004


skrywers

storiemakers


 

 

Engela van Rooyen is langs die Grootrivier gebore en getoë - maar haar stories het oraloor ontstaan. Sy skryf 'n groot verskeidenheid verhale onder verskillende name.

Engela van Rooyen (Linde) is op 11 Augustus 1939 gebore te Kakamas teen die Oranjerivier (Grootrivier) in die distrik Kenhardt (Kaap-Kolonie). Haar voorouers was pionier-koloniste in 'n besproeiingsnedersetting.

Die skryfster het plaaslik skoolgegaan en is vir verdere studie na Stellenbosh vir 'n B.A.-graad en onderwysdiploma. In latere jare, tydens 'n verblyf op Potchefstroom, het sy B.A.-Honns en 'n M.A. aan die PU vir CHO verwerf.

Engela van Rooyen het reeds as student begin publiseer, en het gedurende die eerste jare uitsluitlik tydskrif- en radiowerk gelewer. Twee van haar radiohoorspele is met pryse bekroon. Haar eerste roman was Die Wenteltrap. Sy publiseer 22 jeugverhale waarvan sommiges wyd voorgeskryf is, en talle ligter werke onder die name Engela Linde, Louisa du Toit en Barend Bornman.

Etlike van haar jeugboeke is wyd voorgeskryf vir gebruik in skole.

Haar jongste en honderste publikasie is Vuur op die Horison - 'n verhaal wat in hoofsaak oor die Anglo-Boereoorlog handel.

Engela van Rooyen is getroud met 'n predikant. Die egpaar het vier kinders en ses kleinkinders. Hulle woon sedert hul aftrede in Pretoria.

Publikasies: Jeug- en kinderboeke

Tafelberg

  • Kaboep en Koer
  • Gesie van Sonsig
  • Gesie maak lig
  • Gesie in Villa Musica
  • Gesie in diep water
  • Middelmannetjie
  • Die môreboom
  • Die duiwe van Botala

Jutalit

  • Jat kry vlerke
  • Die Niemands van Langelaan

Human & Rousseau

  • Joepie maak plek
  • Jan Môre en die hamer / Johnny Later & his hammer

Daan Retief

  • Koenie se ontdekking / Stevie's treasure
  • Die ding /The thing
  • Die koning/boswagter en die reënboog / The king, the forester and the rainbow
  • Spore /Tracks
  • Die nuwe woud / The new forest (Ook vertaal in Xhosa, Setswana en Zoeloe)

Perskor

  • Omkeer op Wolwekop
  • Janie in Akkerhof

Aktua

  • In die begin

NGKBH

  • Die kokkewiet roep
  • Figure uit die Nuwe Testament
(Inligting verskaf deur Engela van Rooyen, Maart 2000)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012