Frieda de Villiers
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Frieda de Villiers is veral bekend vir haar Siembambastories.

Reeds as kind het Frieda de Villiers prosabydraes gelewer in tydskrifte en skooljoernale. Later publiseer sy tientalle kinderverhale in Afrikaanse kindertydskrifte. Haar bydraes tot die radioprogram vir kleuters, Siembamba, word gepubliseer onder die titel, Siembamba-stories (1970).

In 1957 verskyn drie boeke in die Bergarend-reeks: Bergarend ontmoet die smokkelaars van Vaaldam, Bergarend en die swart kewer en Bergarend in die vallei van die spinnekop. Dit is spanningsavontuurverhale met die student, Arnold Bergh, in die helderol. Haar ander romans sluit in: Die kermis-komper (1985), Suidpunt-fietstoer (1987), Operasie Maanligmotors (1988) en Vissers moenie in die water mors nie (1991). In Die kermis-komper en Operasie Maanligmotors raak kinders aktief betrokke by die probleme van 'n plaaslike fabriek waar die meeste van hulle pa's werk.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Siembamba-stories (1970)
  • Bergarend-reeks
  • Bergarend ontmoet die smokkelaars van Vaaldam
  • Bergarend en die swart kewer
  • Bergarend in die vallei van die spinnekop
  • Die kermis-komper (1985)
  • Suidpunt-fietstoer (1987)
  • Operasie Maanligmotors (1988)
  • Vissers moenie in die water mors nie (1991)
Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.

Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012