G.J. Joubert
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

G.J. Joubert het bekendheid verwerf vir sy enkele roman, Oupa Landman se viool waarvoor hy die Scheepersprys in 1964 ontvang het.

Gert Jacobus Joubert is op 4 Januarie 1907 in Kestell gebore. Die gesin verhuis van hul plaas in dié omgewing na 'n plaas in die Ermelo-distrik. Hier verlaat hy die skool na standerd 9 en gaan voltyds boer op die plaas, Onverwacht. Uit sy tweede huwelik is twee seuns gebore. Vir sy skryfwerk het Joubert ryklik geput uit die kontrei en sy ervarings as boer.

G.J.Joubert se bekendste en grootliks outobiografiese werk, Oupa Landman se viool (1951), word voorafgegaan deur twee bundels met sketse en kortverhale teen 'n landelike agtergrond. Dié bundels is, soos Oupa Landman se viool, nie spesifiek vir kinders bedoel nie. Oupa Landman se viool is dikwels herdruk en wyd voorgeskryf vir skole.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Oupa Landman se viool (1951)

Scheepersprys in 1964 vir Oupa Landman se viool

Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012