Helene de Kock
 
April 2003


skrywers

storiemakers


 

 

Helene de Kock is voltyds skrywer van kortverhale en romas. Sy reis en sing graag, luister musiek en kuier saam met haar man en kinders.
Helene de Kock

Helene de Kock woon tans in Pretoria en is getroud met dr. Jos de Kock. Hulle het drie kinders, Jaco, Herman en Sylvia.

Helene het as pastoriedogter op die rand grootgeword en studeer aan die Universiteit van Pretoria waar sy 'n BA graad in tale en 'n onderwysdiploma verwerf. Sy het ook aan verskeie konservatoria sang gestudeer. Tydens haar verblyf in Bloemfontein het sy sang gegee. Helene was ook solis van die Cantus Choralis Koor van die Oos Vrystaat. Sy tree nog soms as solis op.

Helene het meer as dertig romans in Afrikaans gekryf. Van haar jongste werke is kortverhale in die bundels Dit kom van ver af en Kruis en dwars wat onderskeidelik deur T.T. Cloete en Jeanette Ferreira saamgestel is. Dan is daar die omnibusse, Wynland omnibus, Liefde in die Lae Lande en Van Liefde en oorlog uitgegee deur Human & Rousseau. Die Helene de Kock Omnibus 4 het ook pas verskyn. Sy is besig met 'n nuwe roman sowel as kortverhale vir bundels en dagstukke en al haar vorige werk wat deur Human & Rousseau en Tafelberg Uitgewers gepubliseer is, word weer in omnibusse uitgegee.

Helene doen deeglik navorsing vir haar boeke oor beide die onderwerp sowel as die agtergrond. Daar is ook reekse essays van haar deur die SAUK uitgesaai. Van Helene se verhale kan ook as e-boke gelees word en as oudioboeke bestel word op www.contentlot.com.

Helene het ook joernalisiteke agtergrond. Sy was op universitiet twee jaar lank op die redaksie van die studentekoerant, Die Perdeby, en het later ook as waarnemende redakteur opgetree vir Vrystaat, 'n streekskoerant van die Oos Vrystaat. Verder skyf sy ook artikels vir die tydskrif Finesse en het ook al vir Taalgenoot geskryf.

Helene se eerste kortverhaal is tydens haar tweede jaar op universiteit gepubliseer. Sy skryf nou voltyds maar het ook sporadies onderwys gegee. Sy gee soms lesings oor die skryfkuns by die ATKV Skryfskool aan die PU vir CHO. Van hierdie referate is deur die Universiteitspublikasies gepubliseer. Van die lesings is ook saam met ander skrywers s'n gebundel onder die titel Skryfateljee (Van Schaik Uitgewers).

Sy spreek ook leeskringe toe. Helene hou van reis, lees en musiek en kuiertyd saam met haar man en kinders is vir haar baie kosbaar.

Publikasies

  • 1981 - Ver vlug na more (Human & Rousseau)
  • 1982 - Skemerspel (Tafelberg)
  • 1983 - Digby grootgewaag (Tafelberg)
  • 1985 - Soetwyn vir 'n Sondagkind (Tafelberg)
  • 1988 - Joernaal van 'n winterjaar (Tafelberg)
  • 1990 - Vuurvliegie (Human & Rousseau)
  • 1991 - Saterdagskind (Human & Rousseau)
  • 1994 - Man van kaliber (Tafelberg)
  • 1995 - Volmaakte versnit (Human & Rousseau)
  • 1996 - Vrou van formaat (Taferberg)
  • 1996 - Tiendes van silwer (Human & Rousseau)
  • 1998 - Mense van faam (Human & Rousseau)
  • 1999 - Engel op die drumpel (Cum Uitgewers)
  • 1999 - Die skadubelofte (Human & Rousseau)
  • 1999 - Die Riemland tweeluik (Human & Rousseau)

Kinderboeke sluit in onder andere Job, soos vir kinders oorvertel. Die mees onlangse in Openbaring, die boek wat ons bly maak en Die Eerste Nagmaal. Dit het by Aktuapers verskyn.

Pryse:

  • Naaswenner in ATKV/SARIE vervolgverhaal wedstryd met die verhaal Sewende somer wat ook deur H&R uitgegee is.
  • Naaswenner in ATKV/SARIE vervolgverhaal wedstryd met die verhaal Windspoor wat deur Tafelberg Uitgewers in boekvorm uitgegee is.
  • Naaswenner in Rooi Rose kortverhaal wedstryd met die verhaal 'n Laaste maal.
  • Derde prys in Sarie/OU Mutual kortverhaal wedstryd met die verhaal Net nog 'n maal.
(Inligting verskaf deur Helene de Kock, Mei 2000. Bygewerk April 2003.)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012