Jackie Nagtegaal
 
April 2003


skrywers

storiemakers


 

 

Jacie Nagtegaal wou al van haar geboorte af skryf. "Maar toe moes ek eers die alfabet leer en moes ook leer hoe om te spel en te skryf." In graad tien besluit sy om net sowel vir een keer 'n storie klaar te skryf.
Jackie Nagtegaal

Jackie Nagtegaal het leer loop op Jefreys Bay en Cape St. Francis Bay. Sy het saam met haar ouers en ouer boetie rond getravel in Suid Afrika en toe in Pretoria 'n groot deel van haar skoollewe deurgebring. Sy was eers in Monument Park Laerskool en vanaf Graad vier in Crawford College. In Graad nege het sy en haar gesin Kaap toe getrek waar sy in Parklands College was. In matriek het sy die Vinyard High School in Stellenbosh bygewoon.

Tans (2003) swot sy Stellenbosch en volg 'n BA kursus met Filosofie, Politiek en Afrikaans & Nederlands.

Sy was van geboorte af al gefasineer deur boeke, veral die proses waar die woorde wat mens lees, omskep word in beelde in mens se kop.

Sy wou nog altyd skryf en het Daar's Vis in die Punch by KKNK 2002 bekendgestel. Dit is haar debuut roman.


Publikasies:

Daar's Vis in Die Punch, Tafelberg Uitgewers

(Inligting verskaf deur Jackie Nagtegaal, Mei 2002 - bygewerk April 2003)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012