Jelleke Wierenga
 
Maart 2015


skrywers

storiemakers


 

 

Jelleke Wierenga is 'n woordmens wat al die volgende gedoen het: joernalis, nuusredakteur, artikelskrywer, boekredakteur, verhaler, samesteller van skoolboeke, en skrywer van kinder- en jeugverhale
jelleke wierenga

Jelleke Wierenga het die graad BA (Hons) Kommunikasiekunde aan die Potchefstroomse Universiteit behaal en daarna tien jaar lank by die koerant Beeld gewerk as onder andere subredakteur, onderwysberiggewer en nuusredakteur (Pretoria-kantoor). Ná ’n kort kennismaking met die burokrasie via die WNNR in Pretoria het sy ’n opvou-woonwa aangeskaf en Kaapstad toe gevlug. Sy was vir twee jaar artikelskrywer by die tydskrif Sarie in Kaapstad, waarna sy bedank het om ’n vryskutter te word. Sedertdien was sy onder andere boekredakteur by Juta, het vertaalwerk gedoen, manuskripte geredigeer, bemarkingskopie geskryf, by Huisgenoot gewerk as subredakteur, skoolboeke saamgestel en geskryf, en ’n kinderblad vir Rapport-Tydskrif gedoen. Deesdae lê sy haar toe op die skryf van kinder- en jeugverhale.

Jeugboeke

  • Moenie kameelperde kop toe vat nie – Gr. 3 Ster Stories, Juta Gariep
  • ’n Bosluis red die koningshuis – finalisprys in Maskew Miller Longman se Letterkundekompetisie 2010
  • Kat in die pan vir die Fransman – goue prys in Maskew Miller Longman se Letterkundekompetisie 2010
  • Moord per suurlemoen – silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur 2013, Tafelberg Uitgewers

Jeugverse

Verskeie verse is opgeneem in skolebundels

Digbundel

  • Bloot mens – Protea Boekhuis 2010
(Inligting verskaf deur Jelleke Wierenga Maart 2015)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | e-pos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2015