Johan de Waal
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Johan de Waal skryf vernuwende jeugverhale soos !Sit oom Paul.

De Waal is in Eldoret, Kenia, gebore. In 1962 verhuis sy ouers na Suid-Afrika. Hy gaan skool in Zoeloeland en Rustenburg waar hy in 1976 matrikuleer. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en hou daarna vir twee jaar skool. Hierna woon hy en sy vrou vir 'n paar jaar in Londen. Tans is hy 'n meubelmaker naby Witrivier waar hy, sy vrou en twee dogters woon.

De Waal publiseer Machadospoor (1991), 'n roman vir volwassenes, Slaapvraat en Leander (1987) en !Sit oom Paul (1995). In laasgenoemde verken die outeur met sy hoofkarakter, Herman Human, vlakke van (jong)menswees wat vernuwend in die Afrikaanse jeugtekste is. Die vernuwing van die teks is veral geleë in die wyse waarop die skrywer die tradisionele godsdiens, politiek en houding ten opsigte van seksualiteit aan bod bring.

In Slaapvraat en Leander word Leander deur Slaapvraat, 'n kreatuurtjie" kleiner as 'n beer en groter as 'n kat" beskerm teen gevare en nare drome. Leander sluit 'n hegte vriendskap met Slaapvraat.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Slaapvraat en Leander (1987)
  • Machadospoor (1991)
  • !Sit oom Paul (1995)
Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.

Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012