John Coetzee
 
Maart 2001


skrywers

storiemakers


 

 

John Coetzee het 27 jeugboeke geskryf - die meeste daarvan met 'n geskiedkundige agtergrond.
John Coetzee

John Coetzee is op 25 November 1931 in Florida, Transvaal (Gauteng) gebore. Hy was skolier aan die Marist Brothers College in Johannesburg en het later deeltyds aan UNISA studeer waar hy die BA-graad in tale verwerf het (Afrikaans-Nederlands, Engels, Duits, Frans, Portugees).

John het vir agt jaar as elektrisiën by die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens gewerk en 22 jaar as vertaler en hoofvertaler by Iscor-hoofkwartier, Pretoria.

Hy stel van kleins af belang in skryfwerk. Skryf van jongs af gediggies en kortverhale op later leeftyd 27 gepubliseerde jeugboeke, waarvan die meeste fiksieverhale is, met 'n gekiedkundige Suid-Afrikaanse agtergrond. Die stof vir die skryf van dié jeugboeke verkry die skrywer deur middel van reise na die plekke waar die verhale plaasgevind het en eie navorsing en onderhoude met deskundiges op die verskillende vakgebiede.

John is getroud en het drie kinders en drie kleinkinders. Stokperdjies is sang, klassieke musiek, lees en wandel.

Publikasies:

  1. Buks en die Stropersbende - 1970 4 herdrukke Tafelberg
  2. Buks en die Dinamietramp - 1972 6 herdrukke Tafelberg
  3. Waar die Hoogoonde Gloei - 1972 2 herdrukke Tafelberg (Voorgeskryf vir die Universiteit van Stellenbosch 1973-1974)
  4. Buks en die Goudsoekers - 1973 3 herdrukke Tafelberg (Voorgeskryf vir std 8, Departement van Onderwys en Opleiding 1979)
  5. Die Ongeluk by Loskrans - 1974 1e uitgawe Tafelberg
  6. Mensies in die Dorsland - 1975 1e uitgawe Tafelberg
  7. Die Brand by Wilgemeer - 1977 1e uitgawe Tafelberg
  8. Buks en die Runderpes - 1977 2 herdrukke Tafelberg
  9. Struben se Goue Vallei - 1978 10 herdrukke Tafelberg (Voorgeskryf vir std 8, Departement van Onderwys en Opleiding 1984)
  10. Buks en die Geheim van Zimbabwe - 1980 1e uitgawe Tafelberg
  11. Berg van die Bosduiwe - 1981 1e uitgawe Tafelberg
  12. Die Goue Ring - 1981 1e uitgawe Tafelberg
  13. Accident on Rocky Pass 4) - 1982 14 herdrukke Tafelberg (Voorgeskryf vir Departement van Kultuur en Onderwys verskeie jare)
  14. Struben's Golden Valley 5) - 1984 2 herdrukke Tafelberg (Voorgeskryf vir Onderwyskolleges verskeie jare)
  15. Buks en die Rooi Woestyn - 1984 1e uitgawe Tafelberg
  16. Die Ysterpad See toe - 1986 1e uitgawe Tafelberg
  17. Flint and the Red Desert - 1986 1e uitgawe Tafelberg
  18. Flint and the Dynamite Train - 1987 1e uitgawe Tafelberg
  19. Trekspoor in die Wildernis - 1989 1e uitgawe Tafelberg
  20. The Mystery of Cloud Mountain - 1989 1e uitgawe JP vd Walt (Naaswenner: Volkskasprys vir Jeuglektuur 1989)
  21. Vlam van die Goudvelde - 1991 1e uitgawe JP vd Walt
  22. The Message - 1991 1e uitgawe Tafelberg
  23. Agon en die Donker Planeet - 1993 1e uitgawe Tafelberg
  24. Die Gedoente op Planeet Boris - 1996 1e uitgawe Tafelberg
  25. Crash Flight - 1994 1e uitgawe Kagiso
  26. The Burning River - Skuilnaam: John Quest - 1987 1e uitgawe De Jager-HAUM
  27. The Golden Rhinoceros - Skuilnaam: John Quest - 1990 1e uitgawe De Jager-HAUM
(Inligting verskaf deur John Coetzee Maart 2001)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012