Margaret Bakkes
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Margaret Bakkes is bekend vir haar tydskrifverhale, romans en kortverhale. Hoewel haar werk meestal nie spesifiek op die jong leser gemik is nie, word heelwat daarvan tog deur hulle geniet.

Margaret Bakkes is bekend vir haar tydskrifverhale, romans en kortverhale. In 1989 verower sy die Helpmekaarprys vir ontspanningslektuur vir die historiese roman Susanna die geliefde (1988). Kroniek van die sewe blou waens: die kort lewe van Gert Maritz (1989) word veral deur jongmense geniet.

Bakkes is op 'n plaas in die Stormberge gebore, en dié kontrei spreek mee in My ouma in kaneel (1986). Dit is 'n outobiografiese vertelling waarin Magriet se grootwordjare op die platteland in 'n tyd met min moderne geriewe beskryf word. Die kortverhaalbundel Wat op die middag verwoes (1977) word in 1981 en daarna wyd in skole in Kaapland voorgeskryf is. In dié bundel speel dood en ontnugtering, dikwels geplaas teen die agtergrond van die Boere-oorlog 'n prominente rol. In die studenteroman By omdraai verby (1975) moet Nicolene kies tussen die rustige Louw en die opwindende dwelmverslaafde Riku. In Terug van die doringpad (1990) moet Ciska self 'n plaas bestuur en probeer om haar weerbarstige kinders, veral Adrian, te hanteer.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • By omdraai verby (1975)
  • Wat op die middag verwoes (1977)
  • Susanna die geliefde (1988)
    Kroniek van die sewe blou waens: die kort lewe van Gert Maritz (1989)
  • My ouma in kaneel (1986)
  • Terug van die doringpad (1990)
Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012