Marietjie de Jongh
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Marietjie de Jongh se storie Braam en die engel word deur kinders en volwassenes ewe veel geniet.

Maria Magdalena de Jongh is gebore op 1 Maart 1953. Sy word groot in die Sandveld en gaan skool op Tzaarskuil en Suurfontein op plaasskole, en matrikuleer aan die Aurora Hoërskool. Sy behaal 'n BA-graad aan Stellenbosch en 'n honneurs in Engels aan Unisa. Sy bestudeer ook Filosofie en Kunsgeskiedenis. Sy skryf sedert haar kinderdae. Marietjie de Jongh is 'n onderwyseres. Sy het een seun en het al op Kennhardt, Villiersdorp, Worcester, Richmond en Somerset-Oos gebly. Sy verower die Alba Bouwerprys in 1992.

Marietjie de Jongh skryf slegs kinderboeke, en meestal fantasieverhale. Tandkitaar (1981) is 'n vrolike fantasie op rym vir kleuters. De Jongh en die illustreerder, Cora Coetzee, werk hier vir die eerste keer saam. Die verhaal word vertel van die heks wat haar enigste tand uitbyt op die kniekop van 'n hings en dan haar bes doen om 'n nuttige funksie vir die tand uit te dink. Niky Daly illustreer Moeilikheid met Jan (1983), nog 'n rymverhaal vir kleuters. Ons beleef hoe pampoensaad op 'n baie verbeeldingryke seuntjie sy vuil kop begin groei en hoe hy radikaal krimp en groei as hy om die beurt te min en te veel eet.

Nog 'n prenteboek op rym is Goeie maniere en ander plesiere (1987). 'n Seuntjie gaan eet vir die eerste keer saam met sy familie in 'n restaurant en kry die geleentheid om sy ma se lesse in goeie maniere toe te pas. Hoewel 'n volwasse man die enigste karakter in die die prenteboek Die man met die gaatjie in sy trui (1983) is, steek 'n man met sy uitsonderlike lang neus 'n gaatjie in sy trui. Ten spyte daarvan dat 'n vlooi hom byt, 'n by hom steek en dit bitterkoud word, vergeet hy om die gat reg te maak.

Met Bietjie-kier en die man in die Karoo (1991) woon 'n bo-aardse wese met bo-aardse vermoëns woon agter die son en loer van bo af aarde toe. Hy sien mense wat dans, maar ook oorlog maak. Hy kies dan om te bly in die landstreek sonder mense, die Karoo. In Braam en die engel (1991) word 'n spesiale streeksengel aangestel vir die streek van Wale. Die engel moes keer dat die mense van ellende vergaan. In die sanderige dorpie, Anker, is daar net een uur per dag wat 'n stormwind nie waai nie. In daardie uur moet die mense inderhaas die berge stof uitvee. Dié mistroostige mense het verleer om te lag. Die engel, Hnnereik is onbeholpe, hy val uiteindelik van die skooldak af om op sy sitvlak te lande te kom. Braam is ook nog 'n buitestaander omdat hy, tot sy pleegma, se konsternasie, begin skaterlag. Haar histeriese reaksie veroorsaak dat Braam wegloop van Anker.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Tandkitaar (1981)
  • Moeilikheid met Jan (1983)
  • Die man met die gaatjie in sy trui (1983)
  • Goeie maniere en ander plesiere (1987)
  • Bietjie-kier en die man in die Karoo (1991)
  • Braam en die engel (1991)

Sy verower die Alba Bouwerprys in 1992.

Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012