Marie Grobler
 
April 2000


skrywers

storiemakers


 

 

Marie Grobler is 'n beeldende kunstenaar, toneelspeler, digter en skrywer wie se woordkuns in baie tale gelees, opgevoer, gespeel en gesing word.
Marie Grobler

Mari Taylor skryf onder haar nooiensvan Grobler. Sy is 'n beeldende kunstenaar en toneelspeler sowel as digter en skrywer. Sy is op Uitenhage gebore, waar sy steeds woon en het een dogter, Cecily, 'n musiekonderwyseres.

Marie het vir vyf jaar Grafiese Skonekuns aan die Port Elizabethse Technikon studeer en haar Nasionale Diploma en Hoër Nasionale Diploma in kuns verwerf. Sy het ook vir een jaar lank aan 'n Diploma in Tegnologie gewerk. Sy het al heelwat uitstallings in Kaapstad en die Oos-Kaap gehou.

Daar is reeds sewe van haar boeke deur Tafelberg gepubliseer, asook heelwat van haar werk in versamelbundels. Etlike van Mari se stories is oor Siembamba, SAUK uitgesaai, sowel as twee reekse. Daar is ook al van haar kortverhale in Die Huisgenoot gepubliseer. Joti, die Griekse Boertjie, het al een van haar lirieke opgeneem en die Dorfling Trio was kategorie-wenners met een van haar lirieke, Mayibue i Afrika by 'n Crescendo kompetisie. Daar het ook onlangs een van haar lirieke as titellied op Louis van Rensburg se nuutste CD Jy Mag Maar verskyn.

Mari is ook baie bedrywig op amateur-toneelgebied. Sy het al in heelwat vertonings opgetree, as regisseur opgetree en self toneelstukke geskryf. Haar kleurvolle karakter, Meraai Maltees, 'n komiespel waarvan sy self die rol vertolk, word gereeld vir liefdadigheidsvertonings bespreek.

Publikasies:

  • 1990: Jan Blom Pluk Paddavere (Tafelberg) - kinderboek
  • 1990: Wat Sigbaar is in Amber (Tafelberg) - digbundel
  • 1991: Die Huis met Groen Oë (Tafelberg) - jeugboek
  • 1994: Verjaarsdag-taxi (Tafelberg) - jeugboek Naaswenner ATKV
  • 1997: Isinye, die Grootmaak-kind (Tafelberg) - jeugboek
  • 1997: Lulama's Magic Blanket (Tafelberg) - kinderboek (Vertaal in Afrikaans, Xhosa, Zoeloe, Noors, Deens en Sweeds)
  • 1997: Musa's Journey (Tafelberg) - kinderboek (Vertaal in Afrikaans, Xhosa, Zoeloe, Noors, Deens en Sweeds)

Lys van publikasies in versamelbundels:

  • 1988: Die Sonroepertjies (Tafelberg) - kinderrympies
  • 1995: Stipppe Stappe Stories (J.L. van Schaik) - kinderboek
  • 1997: Poskaarte (Tafelberg/Human & Rousseau) - bloemlesing
  • 1999: Die Afrikaanse Poësie in Duisend en Enkele Gedigte (Saamgestel deur Gerrit Komrij, Uitgewery Bert Bakker) - bloemlesing
  • Millennium Moment (Poetry Institute of Africa - Unique Publications)
  • Honderd Dichters (Internationaal Forum, Nederland)

Lys van toekennings:

  • ATKV-Kinderboektoekenning vir 1991 vir die Huis met Groen Oë in die kategorie 8-9 jaar
  • ATKV-Kinderboektoekenning vir 1995 vir die bydrae tot die wenboek Stippe Stappe Stories in die kategorie 3-5 jaar.
  • Sertifikaat van Erkenning toegeken deur ATKV Despatch vir buitengewone bydrae tot die Afrikaanse Skryfkuns

(Inligting verskaf deur Mari Grobler, April 2000)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012