Maritha Snyman
 
Mei 2000


skrywers

storiemakers


 

 

Maritha Snyman is mede-professor aan die Universiteit van Pretoria, en die skrywer van Reënboograntstories en Lekker lawwe lagboeke.

CV ten opsigte van Jeugliteratuur

Prof. M.E. Snyman, B.A(UP), BA(Hons)(UP), HOD (UNISA), MA(UP), DLitt(UP) - mede-professor

Oorspronklik 'n onderwysers in tale - Afrikaans, Engels en Frans - met spesialsering in Letterkunde - het Prof. Snyman met haar doktorale proefskrif die veld van mediakommunikasie begin ondersoek. Na haar permanente aanstelling by die Departement Afrikaans (UP) in 1993 bied sy hoofsaaklik Mediageletterdheid aan. Sy raak betrokke by en inisieer verskeie geletterdheidsprogramme. Sy stel veral belang in die wyse waarop inligting aan ontwikkelende gemeenskappe oorgedra kan word. Ten einde die doel te bereik, ontwikkel sy bepaalde kundigheid in die veld van die resepsie-ondersoek en doen sy navorsing oor die ontwikkeling van modelle waardeur inligting optimaal aan 'n verskeidenheid gehore oorgedra kan word. 'n Ander belangstelling van haar is jeugliteratuur en sy het veral bekendheid verwerf oor haar leserstudies op die gebied. Prof. Snyman sluit in 1999 by die Departement Inligtingkunde aan om die vak Inligting vir ontwikkeling aan te bied en haar navorsing in resepsiestudie verder uit te bou.

Publikasies: Jeugboeke

  • 1995. ReŽnboogrant: Skelmstreke en kattekwaad. Midrand: Perskor, p110.
  • 1996. ReŽnboogrant: Die balletkonsert. Midrand, Perskor. p141.
  • 1996. ReŽnboogrant: Alleen tuis. Midrand: Perskor, p150
  • 1996. ReŽnboogrant: Nag van Angs. Midrand, Perskor. p135.
  • 1997. ReŽnboogrant: Die hanswors. Midrand. Perskor, p132.
  • 1997. ReŽnboogrant: Teddie se geheim. Midrand. Perskor, p143. Wen hiervoor ATKV-prys 1999. (Snyman, M. & Hattingh, L)
  • 1998. ReŽnboogrant: Die ontvoering. Midrand. Perskor, p138. (Snyman, M. & Hattingh, L.)
  • 1998. Lekker lawwe lagboek. Pretoria: Fantasi.
  • 1999. Lekker lawwe lagboek 2000. Pretoria: Fantasi.
  • Herskryf Oloff die Seerower en Oloff en die Seewraak in 1999 vir Fantasi.
  • Vertaal die Fabels van La Fontaine (Verskyn in 1999 by Fantasi)

Navorsing oor jeugliteratuur

  • Snyman, M.E. 1994. "Die Afrikaanse jeugliteratuur: 'n herbesinning". Tydskrif vir Letterkunde, XXX11:1, Augustus, pp39-54.
  • Snyman, M.E. 1994. "Vat 'n gap met Saartjie". Die Suid-Afrikaan, no 51, Desember, p49.
  • "Afrikaanse ontspanningliteratuur vir die jeug." Die Burger. 1 Mei, p4.
  • Snyman, M.E. 1996. "Reeksboeke vir kinders: 'n wolf in skaapsklere?" Die Kaapse Bibliotekaris. Vol 40 No 6, Junie/Julie, pp12-16.
  • Snyman, M.E. 1999. "Hoekom en hoe ek vir jongmense skryf." Stilet. 11/1, p 107 -115.
  • Snyman, M.E. 1999. "Ou Afrikaanse reekse weer uitgegee." Drielande(n)punt: forum voor Afrikaanse en Nederlandse jeug(d)literatuur. Maart, p 9.
  • Doen op die oomblik navorsing oor die reeksboek in Afrikaans as deel van 'n projek om 'n Afrikaanse jeugliteratuurgeskiedenis te skryf .

Resensent: Resenseer sedert 1996 jeugboeke vir Beeld.

(Inligting verskaf deur Maritha Snyman, Mei 2000)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012