Mary-Ann van Rensburg
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Mary-Ann van Rensburg is die skryfster van jeugverhale soos Die geur van jasmyn, Die wit duif en Ontdekkings.

Reeds op tienjarige leeftyd publiseer Mary-Ann van Rensburg 'n verhaal in 'n tydskrif vir dowes, Die stille boodskapper. Benewens orrelis en onderwyseres is sy veral sedert die sewentigerjare bekend as musiekresensent.

Haar eerste boek Sonder om te praat (1980) vertel van vier buurseuns wat elk 'n ander moedertaal het. Tienie se geluk (1981) handel oor Tienie en sy blinde pa wat klaviere stem, maar veral oor Tienie se liefde vir musiek. In Die wit duif (1981) lewer die standerdvyfseun, Jopie, koerante af om geld te verdien sodat hy duiwe en materiaal vir 'n hok kan koop.

Die geur van jasmyn (1983) is Van Rensburg se eerste volwaardige jeugboek. Die musikaal begaafde Magriet Hamman het in haar matriekjaar te kampe met groot aanpassings na die gesin se verhuising na Kaapstad. Dit loop uit op gesondheidsprobleme. Ontdekkings (1988) gaan in die eerste instansie oor die ontdekking van 'n geheime grot vol argeologiese vondse deur die veertienjarige Lize, haar maats en haar hond. 'n Reënboog oor Grootbaai (1995) vertel van Tom wat saam met sy ouers na Kaapstad moet verhuis en in die proses sy goeie maats, sy duiweboerdery en 'n broer en suster moet agterlaat.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Sonder om te praat (1980)
  • Tienie se geluk (1981)
  • Die wit duif (1981)
  • Die geur van jasmyn (1983)
  • Ontdekkings (1988)
  • 'n Reënboog oor Grootbaai (1995)
Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012