Marzanne
Leroux van der Boon
 
Sept 2000


skrywers

storiemakers


 

 

Marzanne Leroux van der Boon is 'n boorling van die Boland wat die wêreldvol reis en stories vertel van reise tussen mens en mens.

Marzanne Leroux van der Boon (Sasja) is in Somerset-Wes gebore, was in die Boland op skool, het aan 'n Opleidingskollege en deur UNISA verder studeer as onderwyseres. Sy het by verskeie skole gewerk, betrokke by die Begaafde Kind-projek van die tagtigerjare en tot 1993 by die Rudolph Steiner Waldorfskool in Constantia as Afrikaansonderwyseres werksaam. Tans is sy deeltyds werksaam by ATICC (Vigssentrum) as berader. Sy is ook op die uitvoerende bestuur van die ASV (Afrikaanse Skrywersvereniging).

Sedert 1974 is 16 romans van haar gepubliseer, asook talle kortverhale en sketse. Vier van diť publikasies was jeugromans. Sy het al twee geskiedkundige romans vertaal en doen gereeld ander vertaalwerk. Twee van haar romans asook 'n novelle is bekroon. Sy en haar man reis dikwels vandaar dat haar romans dikwels teen 'n buitelandse milieu afspeel.

Publikasies

  • Elizabeth se kind. 1973. N.G. Kerk-uitgewers.
  • Die Weerloses. 1974. Human & Rousseau.
  • Seisoen op 'n verlate strand. 1974. Human & Rousseau.
  • Kennis van die lig. 1975. Tafelberg-uitgewers.
  • Lente van die rooi papawers. 1976. N. G. Kerk-uitgewers.
  • Ver land van vrede. 1977. Tafelberg-uitgewers.
  • Aandmis oor Paternoster. 1983 Tafelberg-uitgewers.
  • Tyd van herkenning. 1984. Waterkant-uitgewers.
  • Die blywendste seisoen. 1985. Waterkant-uitgewers.
  • Dosyn dae dosyn maande. 1987. Tafelberg-uitgewers.
  • Klaprose teen die wind. 1992. Tafelberg-uitgewers.
  • Soos honde van die hemel. 1995. Tafelberg-uitgewers.

Publikasies - Jeugboeke

  • Somernagdroom. 1981. Tafellberg-uitgewers.
  • Die wag vir die somer. 1983. Tafelberg-uitgewers.
  • Langebaan/Parys-retoer. 1986. Tafelberg-uitgewers.
  • Luc en Libertine. 1998. Tafelberg-uitgewers.
(Inligting verskaf deur Marzanne Leroux van der Boon, September 2000)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012