Nanette van Rooyen
 
Aug 2012


skrywers

storiemakers


 

 

Nanette van Rooyen is 'n boeke- en storiemens. As sy nie besig is om self te skryf nie, maak sy boeke of vertel stories by skole.
Nanette van Rooyen

Persoonlike inligting: Gebore op 3 November 1962 in Sutherland. Gematrikuleer in Vredenburg aan die Weskus. Voltooi BA Tale sowel as HoŽr Onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch.

Geen kriminele rekord tot dusver. Getroud met Rudi van Rooyen, advokaat by die Kaapse Balie. 'n Dogter, Sabina, is in 1996 uit die huwelik gebore. Woon in Groenpunt waar sy voltyds skryf en deeltyds werk as boekeredakteur.

Werksondervinding:

Onderwys - Umtata HoŽrskool, Transkei : 1985

Uitgewersbedryf - Perskor, Kaapstad : 1986-1988 (Redaksie) Delos, Naspers : 1988-1990 (Redaksie); Juta Uitgewers : 1991 - 1993 (Redaksie) Vlaeberg Uitgewers : 1994 (Uitgewer).

Vryskut sedert 1995 - Vryskut boekredakteur (hoofsaaklik Opvoedkundig).

Sy is ook medewerker van MyTyd, die leefstylbylaag in Rapport. My bydraes draai om die leefstyl rondom lekker kos.

Ander aktiwiteite:

  • Skryf 'n vervolgverhaal in Klein-Burger (1999) met die titel Die Komperprinses.
  • Behartig maandelikse lesersdae vir Klein-Burger by skole tydens 1999, in samewerking met skryfster van Craft-boeke, Zaresa Bosman.
  • Doen boek- en filmresensies vir Klein-Burger gedurende 1999.
  • Voltooi opknappingskursus in PoŽsie by die Letterkunde Sentrum, Stellenbosch, Augustus 2000.
  • Voltooi die drie-maande skryfkursus op SkryfNet onder leiding van Petra Muller en George Weideman. (Die verhaal is opgeneem in Douspoor, Tafelberg Uitgewers, 2000)

Publikasies tot dusver

Kinderliteratuur

  • Onkel en Pops (Garamond)
  • Houtpapegaaie praat mos nie (Garamond)
  • Lila langs die rietkuil (Garamond)
  • Die groen koei (Garamond) (Hierdie titel is weer herdruk - sagtebanduitgawe - deur Biblionef, 2001)
    Bogenoemde publikasies is ook vertaal in Engels, Zulu, isiXhosa, Sesotho en Twana.

  • Maaneiers (Afr) / Moon Eggs (Eng) (Human & Rousseau) - Bekroon met ATKV-prys 1996
  • Troetelengel (Afr) / Pet Angel (Eng) (Juta Sterstories)
  • Mister Ben wou gaan boemel (Juta Sterstories)
  • Fantoli (Afr) / Phantele (Eng) (Juta Sterstories)
  • Hasie uit die hoed (Juta Sterstories)
  • My ouma is 'n model (Juta Sterstories)
  • Babbels - die lui sirkusnar (Juta Sterstories)
  • Sollie die Skipper (Juta Sterstories)
  • Bloudans (Juta Sterstories)
  • Wat is drakie? (Juta Sterstories)
  • My kat se naam is Maandag (Juta Sterstories)
  • Ek was hier (Lapa) 2011 (wenner van Lapa se Jeugromankompetisie)
  • Leah se meermin (Lapa) 2011.

In 2011 word sy as die wenner van Lapa se Jeugromankompetisie aangewys.

Volwasse literatuur

  • Fokus tans voltyds op die skryf van kortverhale en 'n roman.
  • Debuut-kortverhaalbundel, met die titel Om te vlerk, verskyn by Human & Rousseau, Junie 2001.
  • Aangewys as wenner van die De Kat/Human & Rousseau Vonkfiksie Wedstryd - Maart 1999. Die publikasie Vonkfiksie verskyn met die wenverhaal, Tollie Hans, sowel as Vier Akker daarin opgeneem.
  • Kortverhaal, Offerblomme, word opgeneem in 'n kortverhaalbundel Douspoor, Tafelberg, Kaapstad, November 2000.
  • Ontvang met bogenoemde verhaal die tweede prys in Maart 1996 in die De Jager/HAUM Literêre kompetisie.
  • Ontvang die RAU Debuutprys vir Letterkunde, 2001, vir Om te vlerk op 22 November 2002.

    Verdere studies

    Sy voltooi haar MA-graad in Skeppende Skryfkuns in 2005 aan die Universiteit van Kaapstad, onder mentorskap van prof. Etienne van Heerden.

    Haar hooftesis Chinchilla, 'n roman vir volwassenes, verskyn in 2006 by Human & Rousseau.
    Chinchilla word gekortlys vir die M-Net-prys in die daaropvolgende jaar.
(Inligting verskaf deur Nanette van Rooyen, April 2000. Bygewerk Junie 2011, Aug 2012.)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012