Naomi Meyer
 
Januarie 2007


skrywers

storiemakers


 

 

Naomi Meyer woeker op allerlei maniere met woorde. Ruik jy die filmster? is haar eerste jeugroman.

Naomi Meyer is op 13 April 1975 in Tygerberghospitaal in die Wes-Kaap gebore. Sy word groot in ’n huis waar stories en taal ’n groot rol speel; haar ma, Maretha Maartens, is self ’n skrywer.

Naomi matrikuleer in 1993 aan die HoŽrskool Sentraal in Bloemfontein en kwalifiseer haar daarna as prokureur. Gedurende haar studies, kombineer sy soveel tale moontlik met die regsvakke. Terwyl sy nŠ haar klerkskap in Kaapstad vir die Staat werk, doen sy aansoek vir die kursus Skeppende Skryfwerk by die Universiteit van Kaapstad onder Etienne van Heerden en voltooi ook haar meestersgraad (met lof behaal) onder sy leiding. Sy raak betrokke by LitNet en die Taalsekretariaat en haar mini-tesis se titel is: LitNet se SÍNet as postmodernistiese, achroniese gespreksruimte: ’n ontleding van die tydperk Januarie 1999 – Oktober 2001.

Sy woon vanaf 2002 in Ierland saam met haar man, ’n sielkundige, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en die afgelope drie jaar viool by ’n musiekskool gee.

Publikasies

  • 2006: Ruik jy die filmster? (Tafelberg)
(Inligting verskaf deur Naomi Meyer, Januarie 2007)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012