Nerine Ahlers
 
April 2007


skrywers

storiemakers


 

 

Nerine Ahlers is medeskrywer van tienermeisieboeke. Sy skryf ook sketse, kortverhale en radiodramas.

Nerine woon in Pretoria saam met haar man en twee dogters. Hulle het twee honde, ‘n semi-Boerboel en ‘n Maltees. Sy is ‘n taalonderwyseres en gee op die oomblik Afrikaans en Duits in die hoŽrskool, hoewel sy eintlik ‘n Franse juffrou is. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, nougat, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin. Sy skryf ook sketse, kortverhale en radiodramas.

Saamskryf

Nerine en Alet Steenkamp het begin saamskryf toe hulle besef het dat daar nie genoeg lekker tienermeisieboeke op die mark is nie (dit was voordat Maasdorp en ReŽnboogrant herdruk is). Hulle skryf die tienerboeke altyd saam. Nerine tik op haar skootrekenaar en hulle praat saam en besluit woord vir woord wat om te skryf. Dit is ‘n ongelooflik opwindende ding om so saam te skryf. ‘n Mens druk mekaar verder as wat jy as individu sou dink of waag. Dit veroorsaak dat die karakters en situasies by enige persoonlike ervarings verbygroei.

Die twee boeke wat reeds verskyn het, is

  • Selfone, skelms en sjokolade - 2006 (Lapa)
  • SMS’E, skurke en spinnekoppe - 2007 (Lapa)

(Inligting verskaf deur Nerine Ahlers, Maart 2007.)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012