Petri Jooste
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Petri Jooste is die skrywer van Nag van die nonnetjie-uil en As alles anders was.

Petri Jooste se eerste jeugroman, Nag van die nonnetjie-uil (1986), het in 1986 onder die naam Petri Prinsloo verskyn. Dit is egter met As alles anders was (1991) en Wanneer die musiek ophou (1992) wat sy haar vestig as skrywer van jeugromans.

Henk Kruger, hoofkarakter van As alles anders was, is die soort ou waaroor elke skoolmeisie droom. Sy veilige wêreld word onderstebo gekeer wanneer 'n vreemdeling, wat ontstellend baie na hom lyk, hulle lewens binnekom.

In teenstelling met bogenoemde verhaal, is die hoofkarakter van Wanneer die musiek ophou, 'n rebel wat reeds vir die tweede maal in graad 11 is, gereeld alkohol misbruik en in 'n seksuele verhouding met 'n ouer meisie betrokke is. As straf het Jannes se pa hom verbied om weer kitaar te speel vir die rockgroep, Kaleidoscope, en die verhouding tussen Jannes en sy ouers versleg verder. Dan verdwyn sy beste vriend en kort voor lank moet Jannes belangrike besluite neem oor lojaliteit en eerlikheid.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Nag van die nonnetjie-uil (1986)
  • As alles anders was (1991)
  • Wanneer die musiek ophou (1992)
Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012