Prevot van der Merwe
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Prevot van der Merwe skryf Skoenlappers vlieg voor brekfis en Poppe wil nie altyd dans nie.

Prevot van der Merwe se eerste jeugroman, Skoenlappers vlieg voor brekfis (1992), is 'n speur-spanningsverhaal wat teen 'n agtergrond van spioenasie, verraad, musiek en liefde afspeel. Deon en Elize se lewens is in gevaar, vermoedelik vanweë hulle pa se betrokkenheid by 'n hoogs geheime militêre satellietprojek.

In Poppe wil nie altyd dans nie (1993) ondersoek twee tieners die moord op hulle geliefde kunsonderwyseres met behulp van die raaiselagtige skilderye wat sy aan hulle nalaat.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Skoenlappers vlieg voor brekfis (1992)
  • Poppe wil nie altyd dans nie (1993)
Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012