Ria Jordaan
 
Junie 2009


skrywers

storiemakers


 

 

Ria Jordaan is die skrywer van Wynand se oorlog.

Ria Jordaan het ook vir volwassenes geskryf, maar het slegs een jeugverhaal gepubliseer. Wynand se oorlog (1989) speel in die Anglo-Boereoorlog af en handel oor 'n jong seun wat, na sy pa se vertrek op kommando, op die plaas agterbly om na sy ma en sussies om te sien. Wynand is 'n hoofkarakter waarmee die leser kan identifiseer. Hy ontwikkel van 'n voortvarende jongeling wat baie graag wil gaan veg tot iemand wat besef dat oorlog smart bring en dat daar goed en sleg aan alle kante van 'n oorlog is. Dit is een van die min verhale oor die Anglo-Boereoorlog waarin die perspektief van 'n swart seun op die oorlog aangebied word.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Wynand se oorlog (1989)
Skrywersinligting uit
Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers.
Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012