Sjané van Aswegen
 
April 2000


skrywers

storiemakers


 

 

Sjané van Aswegen woon op 'n karooplaas waar sy haar stories met die hand skryf:

"As jy jou oë styf toeknyp - so styf dat jy rooi spikkels sien dans - en jy druk dan met jou vinger reg in die middel van die Noord-Kaap se landkaart, beland jy dalk mooi netjies op Muisedam!"

Sjané van Aswegen was vir jare spraak- en drama onderwyseres aan die meisiekole, LaRochelle en Girls High, in die Paarl.

Sy het vir agt jaar lank in Radiodramas in Kaapstad ateljee deelgeneem, en was ook een van die beoordelaars op Kaapse Eisteddfod.

Sjané is 16 jaar gelede getroud met Robert van Aswegen, boer van Celeryfontein. Hy is onlangs oorlede. Sy woon steeds op die plaas.

Mietjie van Muisdam is Sjané se eerste boek en is met die hand geskryf omdat daar geen elektrisiteit (of rekenaars) op die plaas is nie.

Publikasies:

  • Mietjie van Muisedam (Tafelberg).
    Mietjie is voorgelees op Suid-Kaap Stereo en was ook een van die gekeurde boeke vir die ATKV-kinderlektuurprys
(Inligting verskaf deur Sjané van Aswegen, April 2000)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012